Hoe om God se stem te onderskei

“Die probleem is nie dat God nie genoeg praat nie, dit is ons wat nie luister en doen nie.” 

Daar is twee primêre maniere hoe God met die mensdom praat – direkte openbaring en algemene openbaring. God was nog nooit stil wat Sy algemene openbaring betref nie. Hy praat deur die skepping (Ps 19:1-4). “Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie.” (Rom 1:19-20). 

Ons sonde het ons harte verdonker en dit maak dat ons nie meer Sy stem hoor of onderskei nie (Rom 1:21). “Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.” (Matt 13:15). 

Ons is geskape om te hoor

Selfs ná Adam en Eva se sonde kon hulle nog steeds die Here hoor praat (Gen 3:8-10). Die primêre manier waarop God se direkte openbaring aan die mens geopenbaar word, is deur ons gees.The spirit of man is the candle of the Lord.” (Prov 20:27).

Verder leer Paulus in die NT: “Watter mens ken die verborge dinge van ’n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom.” (1 Kor 2:11).

Die begrip is baie duidelik verwoord in die vers: dat die inwonende Heilige Gees tot ons gees die waarheid rakende God kommunikeer. Ons gees kan besoedel word (Luk 9:55-65 en 2 Kor 7:1). Daarom is dit die Heilige Gees in ons gees wat ons lei in die volle waarheid (Joh 16:13). 

Die skuld, skaamte en verwydering van sonde maak dat ons nie vrymoedigheid of sekerheid het of ons God reg gehoor het nie. Hoe harder ons in die vlees en deur metodes probeer om God se stem te hoor, hoe meer lei dit tot verdere mislukking en onsekerheid.

Geregtigheid: toegang, sekerheid, regspraak, vergifnis, kindskap, versoening en nabyheid is ’n geskenk wat ons in Christus ontvang. “Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.” (Rom 5:17). Hy maak ons waardig om voor God in Christus se geregtigheid te staan. Dit is van wesenlike belang om hierdie vers ter harte te neem en toe te laat dat die Heilige Gees hierdie waarheid in jou hart openbaar. Dit is ons vertrekpunt, dis ons posisie, ons toegang om voor God te staan (Heb 10:19; Heb 4:16). 

Jesus het alle kommunikasie-versperrings tussen ons en God verwyder. Dit is in wese die verskil tussen lewe in die Ou Testament en huidige lewe in die Nuwe Testament: Christus is die nuwe lewende weg en toegang na die troon van God. Die voorhangsel is geskeur! (Heb 10:19.) ONS lewe IN Christus, is ook ons toegang om in Sy nabyheid te lewe as Sy tempel en woonplek (1 Kor 3:16-17; 1 Kor 6:19; 2 Kor 6:16). Dit is ons geboorte-voorreg om Sy stem te kan hoor. “My skape hoor my stem.” (Joh 10:27).

Dit is ook een van die eerste kentekens van wedergeboorte, dat ons wel Sy stem kan onderskei (Rom 8:14).

Mens sien hierdie beginsel baie duidelik as jy die Psalms bestudeer. Dawid se versugtings, vrae, gebede en ook pleidooie word alles gereken as God se Woord. Jy kan duidelik in sommige Psalms opmerk hoe Dawid homself in sy gebed beantwoord, en hoe God deur sy gebed met hom praat. Sien Psalm 103. Nadat Dawid God se lof besing en sy siel opdrag gee om die Here te loof, antwoord hy homself vanuit die Skrif: “Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie.” (Ps 103:9). Hierdie skrif is ’n aanhaling van Moses in Eksodus 34:6. Terwyl Dawid dus met die Here praat, onthou hy die Woord en maak die Heilige Gees die Skrif lewendig in sy hart. Luister na die Heilige Gees in jou hart en in jou gees.  

Die begeerte om te hoor is my geestelike oor 

Hoe meer jy tyd maak om op die Here te wag en Sy wil te soek, hoe meer sal jy die stem van die Here hoor. Dit is hoe ons ons afhanklikheid van die Here bewys. Jesus, die Seun van die mens, kon niks uit Sy eie doen nie. Alhoewel Hy God was, het Hy die kleed van ’n dienskneg aangetrek en Hom soos ’n dienskneg ondergeskik gestel: eers aan aardse ouers, maar primêr Sy Vader. 

“Julle vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” (Jeremia 29:13)

Skryf Neer wat Jy Hoor! 

Dis ook belangrik om moeite te doen om dit wat die Here jou sê neer te skryf. Die Woord van God wat in mense se harte geskryf is, sou verlore gegaan het as hulle dit nie neergeskryf het nie. ’n Persoonlike gebedsjoernaal is onontbeerlik vir jou geestelike reis met die Here.  

  • Rig ’n monument op (Eks 17:14). 
  • Skryf op jou deurposte (Deut 6:9).
  • Skryf ’n lied (Deut 31:19).
  • Skryf vir die toekomstige geslag (Jes 30:8)
  • Skrywe alles wat Ek jou sê (Jer 30:2).
  • Skryf jou visie neer  (Hab 2:2). 
  • Skryf om te kan onthou (2 Pet 3:1).

God se stem is onmiskenbaar

Jy weet dat jy weet dat jy God se stem hoor. Net soos jy iemand bekend se stem onmiskenbaar onderskei op radio of in ’n gehoor. So is God se stem onmiskenbaar, uniek en bepalend tot wie Hy is in karakter, fokus, wêreldbeskouing, teologie en gesindheid.  

  • Nie-rassig
  • Nie-gewelddadig
  • Nie-reaksionêr
  • Nie-diskriminerend
  • Nie-eksklusief 

God se stem eggo die Skrif. Dit wil sê, hoe meer jy God se woord leer ken, hoe beter gaan jy Sy stem onderskei.

Die prediking van Jesus was uniek. Sy koninkryk is vir die mens ’n onderstebo, agterstevoor koninkryk:

  • As jy wil eerste wees, moet jy bereid wees om laaste te wees.
  • As jy wil lei, moet jy leer om te dien.
  • As jy meer wil hê, moet jy meer begin gee.
  • As jy waarlik wil lewe, moet jy jou selfgerigte lewe opgee.
  • As jy wil baklei, kom eers in Sy rus en liefde, en bid vir jou vyande.

God praat nie boekdele nie. Al Sy gelykenisse kan in minder as vyf minute oorvertel word. Selfs die bergpredikasie is ’n groepering van kort preke. 

Wanneer God dus praat, is dit meestal net ’n woord; ’n gedagte; ’n een-sin-waarheid, altyd in saadvorm. Wanneer ons egter die saadwoord ontvang, dit glo en daarvolgens begin handel, lewer dit ’n menigvuldige oes (Mark 4:20). God se woord is prakties en uitvoerbaar, want elke belofte in God se woord kom met voorwaardes. God se inspraak is van goddelike aard – God dink en reageer nie soos ’n mens nie (Jes 55:9). God se woord resoneer altyd die vrug van die Gees.

Toets die Gees van die woord. As iemand kom met arrogansie, veroordeling en negatiewe kritiek sonder om die geloof en ondersteuning te gee tot die oplossing, is dit nie die gees van God nie. Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is (1 Joh 4:1). 

Toets of dit werklik die Here is

Jy mag seker maak dat dit wel God is wat praat. Gideon het vir Hom gesê: “As U so vriendelik wil wees, doen tog vir my ’n wonder dat ek seker kan wees dit is U, Here, wat met my praat!” (Rig 6:17). Gideon was nie ongelowig om te vra dat die Here Sy woord bevestig nie. Hy wou bloot net seker wees. Dis wyse raad! ONS baseer ons hele lewe op ’n opdrag van die Here. Ons moet seker wees dit is Hy. Die Skrif praat van twee of drie getuies (2 Kor 13:1; 1 Tim 5:19; Matt 18:16). Geloof is seker, soos iemand wat die titelakte van die nuwe eiendom ontvang het alhoewel hy nog nie op die grond woon nie  (Heb 11:1). Daar is geen twyfel nie! Jy weet net! Dit is die Here. Daarom ervaar ons vrede wanneer ons ’n woord van die Here ontvang. Ander volwasse gelowiges sal ook saamstem en die woord bevestig, want die Heilige Gees woon in ons almal. Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê (1 Kor 14:29).  

’n Mens kan nie altyd die bewys sien dat jy reg gehoor het nie. Maar met verloop van tyd word God se wil bekend en dan kan jy duidelik die wysheid van God sien. Volgens Deuteronomium 13:1-5 en 18:20-22 moet profete wie se woord nie waar word nie, doodgemaak word, veral as hulle namens hulleself of ander gode praat. Die boom sal aan sy vrugte geken word (Matt 7:20). ’n Mens kan nie maklik twee lyne langs mekaar waar die een minder as 1% skeef is raaksien nie, maar oor ’n afstand is die dwaling duidelik. Die toets van tyd het al menige valshede ontbloot. Waarheid staan vanself – sonder hulp en ondersteuning. Iemand wat sê die Here het hulle gelei om dié rigting in te slaan, en na ’n  tyd weer heeltemal in die teenoorgestelde rigting te gaan, is waarskynlik nie die Here nie. Want die Skrif leer dat elke persoon wat Hy geroep het se hele lewe gerig is tot die voleinding van hulle roeping.

Jesus, Dawid, Paulus het hulle resies, wedloop, roeping volbring. Deur rond te spring en nie iets klaar te maak nie, is nie hoe God werk nie. Dis ons ongehoorsaamheid, onwilligheid en onsekerheid wat ons laat draaie loop, soos Jona.

Die volk Israel se omswerwinge in die woestyn was as gevolg van hulle murmurering. As ek hierdie gedagte moet uitvoer, gaan die Here verheerlik word? (1 Kor 10:31.) Gaan dit bou of afbreek? (1 Kor 14:26.) Gaan dit enigiets verander? Is dit uitvoerbaar? (Jak 1:22, Doers of the Word.) Wat is die uiteinde? Wat is die vrug? Wat is die uitkoms? Ontstaan die geloof by die luisteraar? Is dit skriftuurlik? Is dit versoenbaar met die Heilige Gees? 

Christus is Kommunikasie

Woorde en taal is beperkend om dit wat mens werklik soms in jou gees voel, uit te druk. Ons is in Christus verweef met die Vader, deur die Heilige Gees. Daarom praat God nie net met ons deur woorde nie, Hy praat deur drome en visioene, gebeure, mense, kosmiese gebeure, diere, engele, prediking, getuienisse, indrukke en nog baie meer!  

Uiteindelik rig al die openbaring tot die openbaarmaking van die Een – Christus Jesus. 

Ons wil, denke, begeertes, waardes en emosies is vervleg met die Godheid. In ons aardsheid is ons geneig om alles in kompartemente te groepeer. Christus, die groot Middelaar, versoen ons met die Vader: gees, siel en liggaam. Hierdie versoening of eenwording is net moontlik in Christus. Dis alleenlik ons sonde wat ’n intieme huweliksverhouding vernietig.  Hoe meer ons soos Christus is, hoe nader is ons aan mekaar en hoe meer hou ons van mekaar, want Hy maak ons siel-aantreklik. Sonde is om Christus te mis. Jy het reg gehoor as jy Christus reg hoor.  

Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte. Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig (2 Pet 1:19-21). Wat ’n pragtige bevestiging van die Godheid, Vader, Seun en Heilige Gees, betrokke in die openbaring van God. God is Een (Gal 3:20). Alle kommunikasie van God is dus met die oog op Christus sodat ons meer en meer gelyk sal word aan Hom (Rom 8:29). 

Omdat ons nie uit ons eie die lewe van Christus kan naboots nie, moet ons op die Here wag totdat Hy geloof in ons harte opwek vir die deel van Christus wat Hy vandag in jou wil aktiveer of laat opstaan. Iemand gee vir iemand ’n motor of ’n huis. Iemand anders word deur die Here geroep om alles te verkoop en in ’n ander land sendingwerk te gaan doen. ’n  Ander persoon word gelei om ’n nuwe besigheid op te rig, of om in predikers se behoeftes te voorsien. Deur hierdie kollektiewe Christus-dade is God besig om Sy heerlikheid oor die aarde te versprei  (Hab 2:14). 

God Praat op Verskeie Maniere

  1. God se stem is onmiskenbaar – Braambos (Exo 3:2), hand teen ‘n muur (Dan 5:1), lig op ‘n pad. (Acts 9:3) 
  2. God kan deur omstandighede praat.  God het eers met Jona gepraat met Sy stem, maar Jona het nie op God se stem ag geslaan nie. God het dus deur omstandighede met Jona gepraat – eers deur ‘n groot vis ingesluk, en tweedens toe ‘n wingerdstok grootgeword het om Jona te skadu, en toe verdor die wingerdstok (Jonah 1-4). So het die Here met Elia onder die besembos. (1 Kings 19:4-5) en deur ‘n stil fluistering. 1 Kings 19:12).
  3. God kan deur wyse raad praat.  God is wysheid (James 1:5) As iemand dit kortkom kan Hy dit van die Here bid. Die boek spreuk en prediker is Salomo se versameling van wyshede wat Hy van die Here geleer het.  
  4. Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. Prov 15:22 As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. (Prov 11:14) Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers. (Prov 24:6) 
  5. God kan deur vrede praat.  En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.  (Col 3:15) Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Phil 4:6-7) 
  6. God kan deur drome en visioene praat.  
    Paulus Acts 18:9; 12:9; 16:9; 22:17-18
    Ananias Acts 9:10 
    Petrus Acts 10:1—13; 11:5
  7. God kan deur ons gedagtes praat.  Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam! (Amos 4:13) In Mat 1:19-21, terwyl Josef aan dinge gedink het, het God met hom gepraat. 
  8. God kan deur natuurlike manifestasies praat. En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, (Acts 2:19) 
  9. God kan deur bonatuurlike manifestasies praat.  God het deur ‘n brandende bos met Moses gepraat (Ex. 3:1–4). Hy het met Gideon gepraat deur ‘n vlies (Rigt. 6:37–40). Hy het met Saulus op die Damaskuspad deur ‘n helder lig gepraat (Handelinge 9:1-5). Hy het selfs deur ‘n donkie met Bileam gepraat (Num. 22:1–35).
  10. God kan deur die Bybel praat. Die Skrif is altyd die stem van God in die algemene sin dat God die woorde van die Skrif geïnspireer het (2 Tim. 3:16). God kan ook spesifiek deur die Bybel met ons praat deur ‘n spesifieke gedeelte onder ons aandag te bring, omdat die Woord van God lewend en aktief is (Heb. 4:12).
  11. God praat deur Predikers Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! (Rom 10:13-15)
  12. God praat deur mense se getuienis.  Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan. Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor  (Mark 5:18-20). Die Samaritaanse vrou. (John 4).