Apostoliese Reformerende Gemeentes

Toe die apostels ‘n opvolger moes kies om Judas se plek te vul: verwys hulle na hulle bediening as “Apostoliese Diakonos” Hand. 1:25. Hierdie sinnetjie omvang vir my die motief van al die Nuwe Testament geskrifte. Hoekom skryf Matteus, Markus, Lukas, Petrus, Johannes en Jokubus en later Paulus die evangelies, handelinge van die apostels en apostoliese sendbriewe? Hulle is gestuurde sendelinge en diensknegte om die goeie nuus evangelie van die koninkryk van God aan die wêreld te verkondig en te demonstreer. Die versamel naam is dus vir my heel gepas om dié reformasie te definieer aan die voorskrifte en denkwyse van die eerste apostels.  

So baie mense hoor ʼn woord en voeg dan hulle eie konneksie met ʼn woord of term.  Daarom is dit nodig om presies te omskryf wat deur ʼn sekere term bedoel word.  Verskeie mense wat die beweging teengaan asook die wat dit onderskryf kan maklik verval in vereenvoudigde klassifikasie en wanbegrippe oor presies hoe dit werk.  Inligting is wonderlik, maar te min inligting verkeerdelik gebruik kan baie gevaarlik wees.  Daarom die nodigheid om dit wat ons glo die Here mee besig is in ons midde, te omskryf en te verklaar.  Gedeeltelik is dit die doel van hierdie boek.  Dis interessant dat daar tans van reformasie gepraat word op verskeie oorde binne de wye geestelike spektrum.  So is daar onlangs baie gepraat in ons land oor die sogenaamde nuwe reformasie. Verskeie liberale teoloë onderskryf die idees van Funk, en sy tesisse oor waarheid.  Neale Donald Walsch van “conversasions with God” faam, noem sy nuwe beweging van verligting oor die “oneness inter faith” ʼn nuwe reformasie.  Peter Wagner en sy “new apostolic reformation” word sterk deur verskeie kerklui veroordeel, maar die beweging is nieteenstaande besig om dramaties te groei.  

Die apostoliese reformerende beweging is op geen manier met hierdie bogenoemde reformasies verbind nie. 

Die naam Apostoliese Reformerende Gemeentes het gekom as gevolg van meer en meer kerke wat sukkel om hulleself te plaas volgens die verskillende teologiese strome en katogorië: Byvoorbeeld: Ons is gereformeerd in ons Teologie, maar Charismaties-Pinskter in ons uitlewing, ons beklemtoon dissipelskap, evangelisasie, en impak maak in die huidige kultuur.  Dr. Andre Pelser seker een van die mees prominente voorlopers van die herstel van die Apostoliese bediening, het eendag tydens ‘n leeraar byeenkoms gesê: “Why do wen ot call it, Reformational?” Die woord bestaan nie eers in die woordeboek nie, wat nog te sê in teologiese kringe. Nogtans het vele met die naam kon identifiseer, en bestaan daar al etlike gemeentes onder die katogorie.  ‘n Ander naam wat ook deesdae gebruik word is “Immergent”. Die opkomende vernuwingskerke vereenselwig ook hulleself met die idee dat ons nog nie volkome die volheid van God se plan uitleef nie, ons almal is besig om te groei daarnatoe.  Die waarheid is ook dat selfs in betrokke kerk bewegings veral die ouer denominasies, is daar soms radikale verskille in uitlewing tussen gemeentes. 

Die samelewing het verander en hulle behoeftes het verander, die sogenaamde post-moderne mens wil spiritualiteit aan sy lyf voel, dit self ervaar en deel met ander.  Mense bevraagteken dinge en vra dat spiritualiteit help in hulle worsteling met meer as een beroep, gekompliseerde verhoudings, nimmereindige verantwoordelikhede en die eise van gesond leef op alle vlakke.  Die hoë getalle van spirituele selfhelp boeke versterk hierdie punt.  Terwyl die kerk sit en stry oor hulle verskillende dogmatiese sienings of iets nou kan wees óf nie is mense besig om uit kerke uit te verdwyn en ander alternatiewe te soek.  

God het ʼn wonderlike plan vir kerk, en wat kerk veronderstel is om te wees.  Die innerlike konfigurasie van ware kerk dra die natuurlike oplossing vir die gemeenskap se probleme.  So belangrik as wat polisiëring en die regstelsel is tot goeie sosiale ontwikkeling en veiligheid so is die rol van die kerk.  “It takes a church to raise a village” is die treffende titel van ʼn predikant se vrou in Chicago se boek, wat verduidelik hoe die kerk in samewerking met die staat ʼn slaggewende rol speel in die opheffing en uitbouing van ʼn gesonde gemeenskap.[1] Dr. André Pelser het in 2005 in Belfast Ierland, beleef dat die Here vir hom sê; “Reform the church to reform the land.” Selfs Thabo Mbeki het in sy Landhervorming en transformasie program debat, ʼn appél gemaak op kerkleiers om te verenig en te help in die morele ontwikkeling van die Land.  

Meer as ooit is dit nodig dat die kerk sal reformeer volgens die oorspronklike plan van God, en dat ons Hom REG sal verteenwoordig op die Aarde! 

Hier volg ʼn paar kernwaarhede van die apostoliese reformerende beweging en die funksionering van hedendaagse apostels: Iewers moet mens die grondlegging van wat jy glo en hoekom jy dit glo vasmaak. 

Onderskei en kyk na alles deur die oë van die Woord.

Alles word getoets en gemeet deur die insig van die lewende geopenbaarde Woord (Josua 1:8). Dit beteken om volgens die gees van die Woord te leef, nie bloot teksverse vir alles te soek nie.  Dit veronderstel ’n diepe insig in die motief en hart van die Skrif en nie net die fundamentele letterlike interpretasie van die skrif nie.  Letterlik in die sin van wat God se doel is en motief is.  Dit beteken ook dat ons woorde gevul is met die Woord, soos Paulus se briewe vol is van skrifaanhalings en verduidelikings van die OT.  Wanneer so iemand praat hoor jy Woord deurentyd in wat hy of sy besig is om te sê.  

Bedien uit ‘n posisie vanwaar ek reeds ontvang het

Ons lewe in Christus het begin toe Hy gesê het dit is volbring.  Ons soek nie nog na God nie, en tog doen ons.  Hy woon in ons, maar is ook alomteenwoordig.  Ons jaag nie na rykdom nie, ons is ryk en voorspoedig in Christus.  Ons soek nie ’n identiteit nie, ons is geskape om te verander en toe te laat dat Hy ons reformeer volgens Sy beeld.  Ons is vry, deur die geloof in die volmaakte werk wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het.  Ons is seker van wie ons is in die Here en tot wat Hy ons geroep het, soos om byvoorbeeld te kan sê; “ek is ‘n apostel” (Efe. 3:8-13).  Ons het deur Sy genade die mag en reg ontvang om nou sy kinders te wees (Joh. 1:12). Ons is immers uit Sy saad gebore (Joh. 3:1-5; 1 Joh. 3:9; 1 Pet. 1:23).  Godsdiens hou die erfdeel en rykdom wat ons in Christus het soos ’n wortel voor die donkie se neus sonder om hom toe te laat om te hap.  Die apostoliese mentaliteit bring geestelike dinge af aarde toe en bring dit binne jou bereik.  Jy kan dit nou alreeds hê.  Ons kan nou alreeds in oorwinning en oorvloed lewe ten spyte van omstandighede.  Paulus som hierdie alreeds-ontvang-maar-nog-nie-alles-nie antinomie mooi: Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar. Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees. (Phil 3:13-16) 

Deur sy Genade is ek wat ek is.  

(1 Kor. 15:10) Ons is nie behep met onsself nie.  Want ons verandering lê nie in ons harde werk en probeerslae nie.  Dis Sy genade wat in my werk om elke dag meer en meer soos Hy te word.  Ek moet net op Hom fokus, en Hy doen die werk.  (2 Kor. 3:18)  Daarom kan ek net myself wees, geen aansit, voorgee en masker dra nie.  Net eerlik en ernstig bewus van Sy genade wat in my werk.  Hierdie eerlikheid en opregtheid lê aan die hart van die apostoliese mentaliteit.  As die Here ons die heeldag Geestelik wou gehad het, het Hy ons geskape met vlerke as Engele.  Ons goddelikheid lê versteek in ons mensheid.  As Christus dan werklik ’n mens was soos ons en nie gesondig het nie, is daar niks sondig omtrent menswees nie.  Dis die inherente misrekende sonde bewussyn wat die beeld van God in ons menswees versteur en ons iets maak wat ons nie is nie.  Die apostoliese mentaliteit spreek nie net, die intellek, of emosies, of waardes en gewoontes aan nie, maar begin by die identiteit en kern van die mens.  Wanneer die manier hoe jy oor jouself dink en hoe jy jouself sien verander, verander alles.  Uiteindelik lê die toppunt van geestelikheid in die vermoë om net jouself te wees.  ‘n Nuwe wedergebore kind van God!   

Bedien vanuit ‘n geopende hemel

Jesus, anders as die Fariseërs het bedien en geleef vanuit God, nie oppad na God toe nie.  Die Fariseërs het ’n klomp dinge gedoen om by God te probeer uitkom, terwyl Jesus van God af gekom het.  Nie net as die Seun van God nie maar elke dag in Sy lewe en prediking.  Soos Jesus is ons elke beweging veronderstel om uit God gebore en uit gemeenskap met Hom te wees.  Christus is die heerlikheid wat in ons openbaar word.  Permanent – nie per geleentheid nie. Bestudeer gerus 2 Korintiërs 3:7-18 Paulus se verduideliking dat die nuwe bedeling nie tydelik en verganklik is nie.  Die Christus in jou heerlikheid is permanent. Jakob was die eerste persoon wat die Hemele geopen gesien het.  Jakob het wakker geskrik en gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.” Jakob het bang geword en gesê: “Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel.” (Gen. 28:16-17) Toe by Jesus se doop, sien ons weer die hemele geopen oor God se geliefde seun. Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ’n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”(Luk. 3:21-22) Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien open afklim na die Seun van die mens toe.”(Joh. 1:51) Hierna het Jesus sy eerste wonderwerke begin doen.  Die verskil tussen Jesus en die fariseërs was die feit dat Jesus se priesterskap vanuit God gesentreer was, terwyl die fariseërs in alles besig was om by God te probeer kom deur rituele en gebruike. EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. (Luk. 17:20-21) Jesus se bediening het die skeiding tussen Hemel en Aarde kom oorbrug.  “Laat U koninkryk kom op aarde soos in die Hemel.” Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. (Deut. 30:11-14) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: (Rom. 10:8) Vgl – Jer. 31:31-34 Hierdie heerlikheid is die belofte van die nuwe verbond wat Christus vir ons gesluit het.  Ons bedien en beweeg vanuit ’n oop hemel deur Christus: Sit in hemelse plekke – (Efe. 2:6) Verkondig aan die geestelike owerste die menigvuldige kennis van God – (Efe. 3:10) Christus in en onder julle die hoop van heerlikheid – (Kol. 1:27) Kan nou met vrymoedigheid die heilige plek van God binnetree. – (Heb. 10:19) Julle het gearriveer by die heilige Berg – (Heb. 12:22) Alle geestelike handeling is nie meer gesentreer om aan God te probeer raak nie, maar omdat hy ons alreeds in Christus Jesus aangeraak het bedien ons vanuit Sy genade en krag… vanuit ’n oop hemel!  

Eerstehandse ervaring in die Gees.

1 Joh. 2:27; Heb. 10:15-18; Hand. 17:11; 1 Tes. 5:21 Dis kenmerkend van apostoliese bediening en mentaliteit, daar word bedien en getuig vanuit ervaring nie net kennis nie.  Kennis is goed, maar sonder ervaring is dit dood.  In die tyd waarin ons leef is daar geweldig baie inligting beskikbaar, maar inligting verander nie ’n mens nie.  Hoeveel sigaret dosies het nie inligting op die pakkie oor die gevare van sigarette en nogtans koop mense dit en rook dit.  “impartation” is iets anders.  Dit spreek van “ek was ook daar en nou is ek…”  Daar is niks so kragtig soos eerstehandse ervaring en getuienis van ’n saak nie, self hedendaagse bemarkingsprogramme op kooptelevisie maak gebruik daarvan.  Hierdie eerste-handse ervaring met God, was die suurstof wat die eerste-kerk-beweging aangevuur het, veral onder die heidene soos die berugte Gelate.  

Sentraal tot die apostoliese mentaliteit is die kwessie van selfverloëning.  

Inteendeel dit is deel van elke preek, boodskap en onderrig.   Die somtotaal van ons lewe in die Nuwe Testament is om te sterwe, en te leef uit Sy opstandingskrag.  Dit beteken God neem altyd die inisiatief, Hy lei ons volg.  Ons bid nie Sy seën op ons dade af nie, ons doen net dit wat Hy ons sê.  In terme van gehoorsaamheid sien ons dit tweeledig.  Daar is algemene gehoorsaamheid en spesifieke gehoorsaamheid.  Eersgenoemde behels dat jou bedryfstelsel van doen en handel in lyn is met die Gees van die Woord.  Jesus het die volle dertig jaar eers aan Sy aardse ouers gehoorsaam gewees alvorens hy spesifieke opdragte gekry het.  Byvoorbeeld om konflik te hanteer met die teenoorgestelde Gees.  (Matt. 5:19-48) Daarna kom spesifieke opdragte en bevele.  

Aptyt vir beproewing en swaarkry.  

1 Kor. 4:9-13, 2Kor. 4:8-12, 6:4-10,11:22-30 My leiding is sodat ek genade, godsvrug en wysheid aan die res van die liggaam kan openbaar. Kol. 1:24  Apostels is nie bang vir swaarkry en teenstand nie, want hulle verstaan dat God selfs in dit Sy heerlikheid bewerk.  Ware geestelike outoriteit kom ook nie sonder lyding nie.  Ook hierin was Jesus ons voorbeeld. (Heb. 5:8) Daar is so iets soos swaarkry omdat jy nie luister nie, dit is iets anders.  Maar dit is beter om vervolging te verduur en reg te doen, as om te komprimeer en later wettiglik vervolg te word en jou getuienis te verloor.  (1 Pet 2:15) 

Denkwyse van voltooiing, nie ontvlugting

Heb. 12:2, 2 Tim. 4:7, 2 Kor. 8:10-11; Joh. 17:4; 19:30.  Hierin was Jesus en ook Paulus vir ons duidelike voorbeelde.  Hulle het die werk wat God hulle opgelê het voltooi en volbring.  Ambisie veroorsaak gewoonlik, dat ons met te veel goed besig raak wat nooit God se wil is nie, en sodoende niks kan klaar kry nie.  Maar wanneer ons lewe begin in geloofsgehoorsaamheid en niks ander nie, dan ontvang ons saam met die opdrag die genade om dit wat God begin het klaar te maak.  

“hierdie is dit”

Hand. 2:16  Petrus staan op Pinksterdag op en bring dit wat op daardie oomblik besig is om te gebeur in lyn met die profetiese woord.  (Joël. 2:28) Hy het dus in die eerste plek kennis gehad van God se beloftes en moeite gemaak om Bybelse profesieë te verstaan en insig daaroor te hê.  Tweedens het Hy die insig om die Bybelse profesie tot vervulling te roep in dit wat God besig is om te doen.  Ons verstaan ook dat God se genade en seën in die ‘nou’ lê.  Nou is die dag van jou bekering en redding.  Doen dit nou!  Ons moet daders wees en die insig hê om soos God Sy woord vervul dit toe te eien en af te bring aarde toe, nou! 

Apostels eerste

1 Korintiërs 12:28 – Paulus lys altyd apostels eerste.  Daar word ook na hulle verwys as die fondament naas Christus.  (Efesiërs 2:20)  Want apostels is pioniers, hulle breek deur dit waarin ander nog moet volg.  Paulus sê ook dat hulle hom kan navolg soos wat Hy Christus navolg.  (2 Tes. 3:7,9; 1 Pet. 2:21)  Ons lewe is dus ’n voorbeeld vir ander om te volg.  Let wel, dat ons nie daardeur ʼn sekere apostoliese diktator bedoel nie, maar ʼn dienskneg leier.  Leierskap en broederskap is ʼn Bybelse antinomie wat alleenlik waarheid en seën inhou as beide in balans is.  Ons glo bloot dat God soos nog altyd apostoliese leiers opgerig het regoor die wêreld om eerstens te getuig van Sy opstanding en tweedens die evangelie te verdedig.  Ons glo nie in ʼn mens-gerigte gemanipuleerde piramiede struktuur waar nog ʼn leier aanspraak maak op godspraak en verering van mense nie.  Daarteenoor sien ons ook dat waar daar nie leierskap is nie, mense stagneer.  Die geheim lê bloot in Bybelse protokols en vereistes vir leierskap sowel as volgelinge binne die Jesus raamwerk. 

Beklemtoon gesag, protokol

(Gebruiklike voorskrifte en reëls rondom etiket – handhawing van wedersydse respek), dissipline, en regering – Hulle filosofie en geaardheid vra nie om verskoning nie, maar konfronteer eerder, vat vyand direk aan – nie onseker – werk  in die onsigbare realm. (2 Kor. 4:16-18) Gesag is ’n baie belangrike eienskap van Apostoliese denke.  Alles waarmee ons besig is, is volgens die gesag en outoriteit wat kom saam met gehoorsaamheid.  Alles in die lewe is onderwerp aan iemand of iets.  Ons moet dus verstaan hoe gesag werk as ons gesag wil hê.  Selfs ons geloof word aan die hand van ons begrip van gesag verstaan.  (Mat. 8:9-12)  Leiers wat nie gesag verstaan nie, het nie etiket nie, en kom onvolwasse en onwys voor.  

Sien die wyer perspektief.  

Meng en versmelt ou en nuwe begrippe.  Ons erken en maak ons nooit los van diegene wat ons vooraf gegaan het nie, en is bedag op die wat ons sal moet volg.  Ons is ook nie vasgevang tussen ’n stryd tussen oud en nuut nie.  Want albei is vir God belangrik, solank ons volkome in die NOU leef, met die wysheid van die verlede ons leer, en met die profetiese lig wat God ons gee van die toekoms.   

Het ‘n openbaring van Christus

Dit is wat jou onderskei as ’n gestuurde en apostel van die Here Jesus Christus.  1Pet. 1:12; 1Joh. 1:1; 1Kor. 15:5-8  Elkeen moes Jesus gesien het.  Self Paulus wat Jesus nooit fisies gesien het nie, het ’n persoonlik ontmoeting en ervaring met Jesus Christus gehad met die vrug van sy veranderende lewe en perspektief as bewys.  Daar was twee bome in die tuin van Eden.  Die boom van die kennis van goed en kwaad en die boom van die lewe.  Die wat in Christus beklee is kan eet van die boom van die lewe.  Ons bedien nie uit hoorsê nie, maar omdat ons van God self gehoor het.  Dit is kenmerkend van die apostoliese denke, dat mense sal sê; “Die Here het my dit gewys, of vir my dit geleer.” Uit die aard van die saak moet hierdie woorde getoets word aan die Gees van die Woord en waarheid.  Ons bedien nie uit ou uitgediende kennis nie, maar volgens dit wat jy in die gees sien vir die nou.  Die apostels was ooggetuies tot die persoon van Christus.  Mense is so geneig om na mense toe te hardloop met hulle probleme, eerder as om op die Here te wag sodat Hy hulle leer.  Een van die eerste dinge wat nuwe gelowiges leer in ’n apostoliese gemeente; is om die stem van die Here te onderskei.  En hoe om te onderskei tussen wat waar is en wat vals is.  Ons kan van mense leer en moet ook van mense leer.  Ons kan nooit soos ’n eiland op ons eie funksioneer nie.  Maar ons moet soos die leiers van die Berea gemeente, nie alles vir soetkoek opeet nie, maar alles ondersoek en sien of dit waar is.  (Hand. 17:11) 

Gemandaat en gestuur.  

Hand.13:2-3; Joh.3:34, Joh. 20 :21 –  Nie net visie georiënteerd nie, maar mandaat georiënteerd.  Visie is ‘n korttermyn openbaring van God se wil vir die oomblik – mandaat (roeping) bepaal die lewe waartoe ek geroep is.  Die probleem met die klem wat gedurig deur sommige op visie geplaas word is; wat daarvan as jy jou visie bereik het, wat dan?  Petrus sê; Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. (2 Pet. 1:10) Wanneer ek my roeping verstaan en weet waarom God my geskape het, dan het ek my lewe gevind, en word my visie bloot die dinge wat God my beveel het om te doen in die uitlewing van my roeping.  

Hou nooit op om te Reformeer nie

Reformasie is geïntrigeer in die apostoliese denkpatroon, ons soek om voortdurend te verbeter op wat ons doen.  Konstante aanpassing van alles wat ons doen na die beeld van Christus.  “Bekeer (verander, draai) julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.” (Matt. 4:17) Terwyl Jesus verhoog word, en ons in die NOU van die Gees met Hom wandel, sal HY ons voortdurend verander.  En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur. ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. (Mat 9:16-17) Hierdie gedeelte verwys nie na ‘n eenmalige gebeurtenis nie, elke keer as ons nuwe wyn van die Vader ontvang, moet ons bereid wees om nuut te dink en te verander na Sy Beeld.

Netwerk

Ons doen nooit dinge geïsoleerd van die breër liggaam van Christus nie. Die verskille in die ware kerk tussen gelowiges is omdat ons volwassenheid in die Here verskil, maar ons het net een Vader.  (Efe. 4:4-6)  Ons het mekaar nodig.  Hoekom alles oor doen en die wiel weer probeer herontwerp wanneer ons met mekaar kan netwerk en hulpbronne deel.  Ons bou nie ons eie koninkryk nie, maar God s’n.  Erken en  toon agting vir wat ander doen.  Dink “span” en tree gesamentlik op. Christus in en onder julle.  (Kol. 1:27) Fokus op hoe ek almal kan betrek i.p.v  alles alleen doen.  Sien die liggaam en onderskei die liggaam.  Ons moet bereid wees om van almal te kan leer, van die geringste tot die met die meeste aansien.  Inteendeel elke deel van die liggaam bestaan ten voordeel van die liggaam.  Ons funksioneer sodat die liggaam kan funksioneer.  Elke lid is belangrik.  Selfs die lede wat oneer bring is nodig sodat ons deur hulle tot ’n groter begrip van die waarheid kan kom.  Maar ons glo nie in eenheid te wille van eenheid nie, eenheid van hart en denke veronderstel dat ons die dieselfde dink oor dinge.  Daar is sekere kerke en bewegings waarmee ons nie kan een wees nie, omdat ons denkwyse oor dinge so baie verskil.  

Dienaars

Paulus gebruik vele kere die beeld van ’n bondslaaf, wanneer hy na hom en sy span verwys.  Ons hart is om te bou en te vestig.  Wanneer jy na ’n nuwe huis kyk, sien jy nie die fondament nie.  Alhoewel die huis nie kan staan sonder ’n goeie fondament nie, is ’n fondament nie die mees prominente en aansienlike deel van die huis nie.  So is ware apostoliese bediening, nie altyd die mees prominente leiers en persoonlikhede nie, maar eerder dié wat die pad vooruitgegaan het sodat die res van die liggaam die nuwe kan geniet.  Hierdie pioniers moet ook die hoon en spot verduur van foute maak, van anders wees, teen die stroom ingaan en veg vir waarheid.  Hulle is hard en ongenaakbaar, hulle visie gefokus net op een ding, en sal nie die prys kry vir die beste menseverhoudinge nie, want hulle sien die wyer prentjie en die gevaar waarin die kerk meestal verkeer.  Hulle is die kaptein wat bevele gee, op die troepe skreeu om hulle in beweging te kry om die skip te red van haar pad van verwoesting.  Die apostoliese perspektief is nie gefokus op die bou van een gemeente nie, maar die totale opbouing en totstandkoming van ’n gesonde kerk regoor die wêreld.  Ons wil sien dat die koninkryk van God gevestig word in elke dorp deur ’n akkurate Kerk.  

Wêreldwye en internasionale trefkrag en invloed.

Omdat die apostoliese mentaliteit gesetel is in die idee van ’n gestuurde met ’n spesiale opdrag, word elke lidmaat bewus gemaak van die nood daar buite.  Dit is so dat ’n profeet meestal nie geëer word in sy eie dorp nie, en daarom die idee om mense uit te stuur vir sending toere, en uitreikings buite die dorp.  Die impak op die individu is geweldig positief, mense word geaktiveer tot bediening en ervaar dat God hulle ook wil en kan gebruik!  Dit bring mee dat so ’n persoon meer bid, meer Bybel lees en meer heilige lewe, want hulle ontvang nie meer net die woord en bly passief nie, daar moet gewerk word.  Dit is dan ook die fokus van ’n apostoliese gemeente om elke lidmaat in ’n medewerker te omskep in die koninkryk van God.  

Besorg oor akkuraatheid, waarheid, leerstellings

‘n Gebalanseerde lewe van akkuraatheid maak ‘n wesenlike aanslag teen die vestings van satan.  Dis nie die inspanning waarmee ons dinge doen nie, maar hoe akkuraat ons dit doen wat die meeste resultate lewer.  Dit alles begin by gesonde apostoliese doktrine en leerstellings, wat die fondasie vorm in mense se lewe, daarna akkurate lewenstyl en optrede.  Dis nie hoe baie geestelike oorlogvoering ons in ons binnekamer doen wat die verskil maak nie, maar hoe reguit ons lewe is daar buite waar almal kan sien.  Ons is Sy getuies elke minuut van die dag, en moet alles wat ons doen en mee besig is sien as ’n preek, en net as dit absoluut nodig is woorde te gebruik. 

Geestelike vaderskap

Timoteus, Titus, Markus ens. 1 Kor. 4:15 Wie is jou dissipels?  Wie is jou geestelike kinders?  Geestelike mentorskap en dissipelskap is sentraal tot die apostoliese bedryfstelsel.  Niks wat ons doen is ooit geïsoleerd nie.  Ons moet altyd sorg dat ons onsself en dit wat ons doen in die liggaam met ander deel, en hulle leer om ons plek te kan inneem.  Apostoliese mense werk hulleself altyd uit ’n werk uit.  Want jy kan ter enige tyd weer aangestuur word na die volgende plek.  Vaderskap spreek ook van ’n sekere volwassenheid en insig in die planne en geheimenisse van God, wat die een generasie weer moet oordra aan die volgende generasie, dis immers hoe die Bybel tot stand gekom het.  

Christusentriese karakter

Die Christusentriese karakter van die Kerk is ʼn absolute grondbeginsel waaruit alles waarmee die kerk besig is voortvloei.  Dis immers ʼn apostoliese fokus punt van die vroeër apostels.  (1 Kor. 2:2; 2 Kor. 11:2; Rom. 8:29; Gal. 4:19; Kol. 1:28; Efe. 3:8; 4:13; 2 Pet. 1:8) Dit veronderstel dat ons Jesus se lewe, prediking en voorbeeld verstaan en ken en in alles wat ons doen, vanuit Hom en in Hom ons bestaan voer.  want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.(Hand. 17:28) Die toets is dan sekerlik op die einde of Sy eienskappe en lewe in ons as kerk raakgesien kan word prakties.  Dit is dan die doel van elke aktiwiteit in die gemeente, om mense in ʼn nouer en meer intieme verhouding met Christus te stel en mense te dissipel om meer soos Jesus op tree, te praat en te leef! 

Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. (Efe. 2:20) Die volgende kern waarde is die apostoliese en profetiese karakter van die Kerk.  As Jesus die hoeksteen is soos in die bogenoemde punt duidelik gestel is, wat kom volgende?  Daar is baie groeperinge en gemeentes in die liggaam van Christus maar dit beteken nie hulle is volwaardig kerk nie.  Onthou Jesus stel dit duidelik dat “op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:18) Die rots na wie hier verwys word is Petrus.  Dis tog baie duidelik uit die sinskonstruksie, en die feit dat Petrus se naam rots beteken.  En dit is dan ook Petrus wat op Pinksterdag die Woord verkondig en die eerste dissipels na die Here toe lei, en laat doop, en as te ware die eerste gemeente stig.  Met ander woorde; ʼn apostel (gestuurde) van die Here het met ʼn mandaat van God af die gemeente gestig in oorleg en vanuit die werk van die Heilige Gees en die vervulling van ʼn profetiese woord.  Kerkplanting is dus iets geestelik en bonatuurlik, dit is God wat dit inisieer.  Jesus sê tog duidelik in bovermelde skrifgedeelte; “Ek sal my kerk bou” Hoe doen God dit? Hoe inisieer God ʼn gemeente? Deur apostels wat die werk fisies doen, en ʼn profetiese woord vervul.  Die profetiese woord is belangrik want soos die Woord verklaar; Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie. (Amos 3:7) Dis hoekom Paulus verduidelik dat die Kerk gebou is op die fondament van die apostels en profete.  Want net soos Jesus niks gedoen het sonder dat die Vader dit nie vir Hom gesê het nie, en in alles wat hy mee besig was die Woord van die profete vervul het, so is die kerk geroep om nie maar net ʼn groep mense bymekaar te wees nie, maar God se wil te vervul in die aarde.  “Laat u Koninkryk kom hier op aarde net soos in die hemel” As ons dit maar net verstaan het, dat die akkuraatheid van die Kerk as liggaam van Christus ontsettend belangrik is in God se raadsplan met die aarde en sy mense!  Sou die wêreld nie gelyk het soos wat dit vandag lyk nie.  Want ons moet erken dat daar letterlik miljoene mense is wat nog nooit die evangelie gehoor het nie, maar daar is nog meer mense wat dit gehoor het maar afgesit is as gevolg van ʼn kerk of persoon wat die kerk moes verteenwoordig se valsheid en misrekende identiteit.  As dit waar is dat 78% van Suid –Afikaanse burgers Christene is, hoekom is daar so ʼn hoë misdaad, verkragting, egskeiding syfer?  Omdat die kerk nie akkuraat is nie!  

Funksioneer as ‘n liggaam

Die kwessie van liggaam wees teenoor bloot ʼn klub te wees wat op Sondae bymekaar kom, is ʼn wesenlike punt rondom God se begeerte van wat kerk moet wees.  Paulus skryf ʼn lang verduideliking in Romeine 12 en in 1 Korintiërs 12 oor hoe die kerk as liggaam bestaan, en elke deel ʼn funksie het in die groter geheel.  Daar is seker nie ʼn predikant wat nie hierdie ideaal begeer en hulleself vir dit probeer beywer nie.  Maar die realiteit is dat in die meeste gemeentes is daar ʼn groot aantal besoekers en bywoners, en net ʼn handjie vol wat die werk doen.  Wat doen ons dan verkeerd?  Ek dink dat ʼn groot deel van die probleem lê by hoe ons mense bemagtig en mobiliseer in hulle gawe en bediening.  Hoe die struktuur van die gemeente saam gestel is, en hoe aktiwiteite en bediening beheer word.  Soos vroeër verduidelik glo ons nie in ʼn kerkstruktuur wat soos ʼn piramiede gestruktureer is nie.  Maar sien die gemeente en sy mense soos ʼn reeks planete in ʼn sonnestelsel wat elkeen in sy wentelbaan beweeg en in harmonie met mekaar handel volgens die krag van God wat ons intrek na Hom toe en dan uit stoot na die wêreld toe.  Hierdie wisselwerking in elke gelowige inwaarts na God in dieper intimiteit en uitwaarts na die wêreld is God se orde van perfekte balans en groei.  Omdat elke lidmaat die leier ingesluit aan hierdie orde en funksionering afhanklik is bring dit wonderlike positiewe groei by elke gelowige.  

Funksionerende vyfvoud bediening

Die volgende aspek vloei hieruit voort.  Die vyf bedieninge wat deur Paulus in Efesiërs beskryf word as die rede vir volwassenheid en groei in die gemeente.  ʼn Huis is nie volledig alvorens al die elemente wat ʼn huis moet hê in plek is nie.  ʼn Goeie fondament, mure, vensters, deure en ʼn dak is die basiese elemente van ʼn huis.  So is die Kerk van die Here Jesus Christus nie sommer maar net ’n klomp mense bymekaar nie.  Paulus vergelyk die kerk met ’n menslike liggaam waar elke deel belangrik is en ook ’n verskillende funksie het.  

Paulus verduidelik aan die gemeente in Efese hoe ʼn kerk funksioneer en dat elke lid toegerus moet word deur vyf verskillende bedieninge en gawes wat God vir die Kerk gegee het om optimale groei en funksionaliteit te verseker.  Hierdie vyf bedieninge is: apostel, profeet, evangelis, herder en leraar.  Elkeen is uniek met ʼn verkillende fokus en modus operandi van hoe hulle die liggaam tot diens is.  Deurdat ons hierdie bedieninge erken en herken in die wat God gestuur en opgerig het, word ons volledig toegerus tot die dienswerk waartoe God elke gelowige geroep het.  

As die Ou Testamentiese tempel volgens ʼn sekere model en plan gebou moes word, (Heb. 8:5) is daar dan nie ook, ʼn Nuwe Testamentiese model waarvolgens gehandel moet word nie? Ek dink ons kan sover duidelik die huis begin sien soos God dit sien, die hoeksteen, die fondament, die mure en die dak.  Nou gaan ons kyk na die huishouding van God en die protokol in die huis van God. 

Natuurlike Groei en ontwikkeling.  

Hierdie is vir ons ʼn wesenlike punt omdat daar tans in die kerke wêreld klem gelê word op kerkgroei en kerkgroei tegnieke.  Ons glo elke gemeente wat God plant is soos ʼn boom wat geplant word, en word die groeipotentiaal  van daardie boom deur die spesifikasies van watse soort boom dit is bepaal.  Ons kan nie een stel tegnieke hê en dit op elke gemeente afdruk nie.  Alhoewel die basiese struktuur en fondasie dieselfde behoort te wees, kan die dekor verskil.  Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei—hóé weet hy self nie. Vanself bring die aarde die graan voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die vol koringaar. En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.” (Mar. 4:26-29) Die groei van die gemeente kan volgens die skrifgedeelte verstaan word, dat groei iets natuurlik behoort te wees.  As God immers nie die kerk bou nie bou die bouers verniet.  (Ps. 127:1)  Daarom voel ons dat moderne motiverings tegnieke futiel en onnodig is as dit wat ons doen deur God geïnisieer is.  Natuurlik kondig ons dinge af en gebruik moderne media om mense op hoogte te hou van wat ons doen en mee besig is, maar ons wil die dinge probeer dryf nie.  Mense moet nie voel dat hulle slawe is van die kerk en sy leierskap nie.  Ons dien later die kerk en nie meer die Here nie.  Daarom is die apostoliese en profetiese karakter van die kerk weer belangrik, want die lidmaat behoort ʼn weerklank in sy eie gees te voel dat dit wat aangepak word werklik van die Here is, en deur Hom geïnisieer is.  

Goddelike beheer teenoor menslike beheer

Die kwessie van beheer is nou te sprake.  Ons wil werklik ervaar dat daar ʼn onsigbare hand dinge bewerk en laat gebeur.  ʼn Liggaam is mos nie ʼn dooie gebou nie, maar ʼn lewende organisme.  Hierdie aspek is belangrik in ons kerkbeskouing want alleen kan ons nooit alles reël en organiseer nie, maar saam vorm ons die geheel en word die genialiteit van God sigbaar in ons midde.  Of die eer en erkenning kom ʼn baie goeie administrateur en organiseerder toe, of die Here!  Dit beteken nie dat ons nie dinge reël en organiseer nie, maar ons doen ons beste en dan gee ons dit aan die Here oor, dat Hy dit perfek sal maak.  Dit impliseer dat elke lidmaat in ʼn intieme verhouding met die Here leef, en Sy stem kan onderskei en gehoorsaam.  Verder is daar ʼn wedersydse onderdanigheid aan mekaar en respek en erkenning van mekaar se bydrae en spesialiteit.  So ʼn wisselwerking in ʼn gemeente kan alleenlik verkry word waar daar gereeld oor selfverloëning gepreek en geleer word, en waar mense hulle posisies, ambisies, regte en drome kom neerlê het om deel te wees van ʼn groter geheel.  In so ʼn gemeente is daar ʼn klimaat en kultuur van diensbaarheid en nederigheid, sagtheid en ootmoed voor God en mekaar.  

Genesing, Bevryding en Redding!!

Die vrug van bekering is volgens die woord “redding” (sozo), verlossing, genesing, bevryding, voorspoed en ‘n bevryde verstand.  Dis is hartseer om te sien hoeveel mense in die kerk sit en nog nooit enige van hierdie gawes van redding al ooit ervaar het nie.  

Die wese van die kerk is egter verander deur Konstantyn se invloed, nou kon enige persoon deel word van die heilige Kerk.  Die kinderdoop en besprinkeling het hieruit voortgevloei en ‘n teologiese vashouplek is gevind om sakralisme te regverdig.  Alhoewel die reformasie van Luther die weg gebaan het om juis weer terug te keer regverdigmaking deur die geloof alleen, het die reformatiste tog nie heeltemal met die sakralistiese idees gebreek nie.  So het die hervormers net soos die katolieke hulleself nie net toegelê tot die gebruik van die swaard van God se woord nie, maar die fisiese swaard gebruik om die wat nie soos hulle dink nie tereggestel.  Natuurlik was die OT model en konstitusie van Israel sakralisties.  Willie Jonker verduidelik hierdie aspek mooi in sy boek wanneer hy die leer van apartheid verduidelik in die lig van die Afrikaner wat ‘n direkte analogie maak met die verbondsvolk Israel.  Die Bybelse voorskrif aan die Israeliete om hulle identiteit as verbondsvolk te bewaar is op die Afrikaner as Christelike volk van toepassing gemaak.  Die Ontug wet en die Wet teen Gemengde Huwelike is op hierdie verstaan van die Skrif gebaseer.  In Israel was daar net een aanvaarde godsdiens en was Godsdiens en kultuur vermeng.  Jou geboorte binne hierdie volk maak jou dus inklusief deel van God se verbondsbelofte.  In vele Gereformeerde kerke is kinders bloot gedoop omdat dit tog gedoen moes word, sonder dat die ouers belydende wedergebore gelowiges was of selfs meelewende lidmate van die kerk is.  

Die Christus het egter die weg kom aanwys na ‘n hemelse en geestelike koninkryk.  Daarom verklaar hy toe die fariseër hom wou vasvra; “gee aan die keiser wat hom toekom en aan God wat Hom toekom.” Jesus kon sy koninkryk met ‘n legioen engele verdedig, maar Hy het gesterf en so vir ons die outeur van redding geword.  Dit is immer die enigste weg na die koninkryk van God.  

Selfverloëning.  

Jesus sê; “Indien jy my wil volg moet jy jouself verloën, jou kruis opneem en My volg” (Matt 16:24) 

Die prys om deel te wees van die wonderlike en heerlike gebou van God is om te sterf!  God het ‘n behae in die dood van sy kinders.  (Ps 116:15) OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, (1 Pet. 4:1)

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Gal. 2:20) 

Die roete is selfverloëning maar die uiteinde is opstanding! Om te lewe vanuit Sy opstandingskrag elke dag.  Maar iets moet immers eers sterf voor dit opgewek kan word.  God wil graag hê dat ons moet wil dit wat hy wil, maar dit kan eers gebeur wanneer jou wil gesterf het.  Dan gee Hy jou wil terug aan jou.  God wil ons nie soos robotte beheer nie, maar ons wil en lewe moet eers van die gif van die sondeval geskei word sodat ons dan waarlik vry in Hom kan leef.  Die proses egter tot hierdie vryheid is die dood!  Eers wanneer jy gesterf het tot alles kan jy vry wees van vrees.  Vrees is die teken dat die ou self nog lewe.  Wanneer jy gesterf het in Hom, sal jy niks meer vrees nie want alles is aan hom geoorhandig.  Niks is meer joune nie, niks kan meer van jou af weggeneem word nie.  Jy behoort nie meer aan jouself nie, en het ook niks wat jy jou eie kan noem nie.  Die wat vrywillig sterf kan vinniger deur die proses gaan.  

En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. (Matteus 21:44) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. (Joh. 12:24-25) 

Die selfverloëning gedagte is fundamenteel eie aan die apostoliese reformasie se leer en konfigurasie.  Dit vorm die basis van alle bediening en oorweging en die wyse van optrede.  

Hierdie boodskap is deur die eeue deur verskeie instrumente in God se hand verkondig en gepraktiseer.  Daar word byvoorbeeld van Madame Guyon geskryf dat naas Paulus niemand ooit dié geheimenis op so ‘n manier kon verduidelik en uitleef nie.  Wesley, Nee en andere het gesorg dat haar boeke vertaal word en aan al hulle lidmate uitgegee word.  

Sy was 7 jaar in die Bastille in Parys gevange gehou deurdat haar leer as kettery beskryf was deur die kerk van haar dag,  omdat sy geleer het dat enigiemand ‘n intieme liefdes verhouding met God kan hê.  Sy het hier in die gevangenis ook vele boeke geskryf oor die gelowige se sterfproses, en hoe om met God binne in jou te leef.  

Die Geheimenis van Christus in ons die hoop van alle heerlikheid.  

Die mens as geestelike wese is op soek na die plek waar ons vandaan kom.  Ons is opsoek na ons huis.  Adam en Eva het hierdie huis verloor, hulle het deur hulle ongehoorsaamheid van die boom van kennis van goed en kwaad geëet en sodoende uitgeworpenes en soekendes geword tot hierdie eertydse geestelike tuiste wat ons eens met God gehad het.  Die doel van feitlik die meeste godsdienste is om in harmonie en eenheid met die godheid saam te leef.  

Maar ons eet vandag nog van die verkeerde boom wanneer ons verstrengel raak met die stryd tussen goed en sleg.  Daar is ‘n plek waar ons gegee word om te eet van die boom van die lewe wie Christus is.  Jesus het self die teoloë van Sy dag versteur met Sy sogenaamde aannames dat Hy alreeds ontvang het waarna almal dan sogenaamd soek!  Hy het die sosiale orde van sake omvergegooi en aan die mense ‘n nuwe weg verkondig.  

Die apostoliese reformatoriese perspektief wil aan die mensdom ‘n alternatiewe weg bied.  ‘n Derde opsie.  Wanneer die ou mens sterf en ek ‘n nuwe skepsel word in Jesus is daar geen dualiteit meer nie.  Ek is volkome gered, gees, siel en liggaam.  In Hom verenig hy die rede en die onderbewussyn.  Mike Wood verduidelik dit mooi wanneer hy die woord harmatia so verduidelik: 

Harmatia – Sonde – om die merk te mis. 

Watse se merk?  Die woord ‘merk’ beteken, afdruk, beeld, identiteit, bewussyn, bloudruk.  In ander woorde beteken sonde om die merk te mis, ‘n misrekende identiteit.  Dus dualiteit.  Die sonde van die mens is dat ons, ons eie ek ook ons grootste vyand is.  Dit was immers hierdie eie ek wat gekies het om die leuen van die slang te glo en God se opdrag te verontagsaam.  Om ons te red moet God met hierdie eie ek afreken.  Madame Gyon gebruik die illustrasie van iemand wat die gif van die slang uitrek om as teenmiddel teen die gif van die slang te dien.  So moet God ons verlos van die gif van die eie ek sodat Hy dit weer vir ons kan terug gee. 

Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. (Kol. 3:1-12)

Ons almal weet dat die Bybel teen die werke van die vlees is.  Ons probleem was dat ons altyd gedink het ons is die probleem.  Na gelang van (Rom. 7:14-25) ervaar ek nog hierdie daaglikse stryd tussen die goed en die sleg.  Tog sê Paulus in hierdie gedeelte twee keer, maar dis nie ek wat dit doen nie maar die wet van die sondige natuur.  Hy sien dus nie hierdie sondige toestand in ons as deel van sy identiteit nie.  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Gal. 2:20) Vir Paulus is dit ‘n uitgemaakte saak, die ou mens is begrawe.  Dit is juis hoekom jou begrip van die doop so belangrik is want dit staan sentraal in ons begrip van redding.  

Ons skeppingsdoel is om gelykvormig te word aan die Seun. (Rom. 8:29) In hoofstuk 8 aan Paulus se brief aand die Romeine gee hy die antwoord.  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (Rom. 8:1-5)

Sonde is dus nie ‘n daad nie maar ‘n maar ‘n wyse en sisteem van optrede.  Daar is ‘n verskil tussen sonde en sondes.  Sondes is verkeerde dade.  Sonde is om in dualiteit en ‘n soekende identiteit vasgevang te wees.  

Die ek is beginsel

Een van die kernbeginsels van die apostoliese reformasie is die “ek is” beginsel.  Dis immers waarom hulle Jesus Gekruisig het; is omdat Hy verklaar het “Ek is die Messias” God maak homself deur hierdie term aan die mens bekend.  Is dit dan so vergesog dat as ek in die beeld van God geskape is, dat ek nie ook kan verklaar wie ek is nie?  Een van die eerste probleme waarmee die mens van kinds af hom of haarself bemoei is ‘n identiteit krisis.  WIE IS EK?  Die groot vraag van die lewe.  

Die Bybel verklaar baie duidelik in geen onduidelik terme wie ons is nie, ons moet dit net glo.  Soos wat Johannes die Doper moes glo hy is die een wat die weg moet voorberei vir die Seun van God.  (Johannes 1:23)  So moes Kores toe hulle vir Hom die geskrifte bring, en hy sy naam in die boek sien 100 jaar voor sy geboorte, moes hy glo dat dit waar is en optree volgens dit waartoe God hom geroep het.  (2 Kronieke 36:22-23) So moes Paulus glo en verklaar dat hy die apostel geroep is tot die heidene.  

Iewers na my bekering moet ek mos nou aan die wêreld verklaar dat ek gered is en getuig van dit wat met my gebeur het?  As ek kan sê ek is ‘n kind van God deur die geloof hoekom kan ek nie ook verklaar dat ek genees is, of selfs heilig is nie?  Dis immers die groot verskil tussen Jesus en die fariseërs en die skrifgeleerdes, en dis dat Hy kon sê ‘ek is’.  Hulle kon dit nie sê nie want hulle sisteem van optrede was heeltemal op iets ander gebaseer.  Jesus was nie net volmaak en verhewe bo almal van sy geboorte nie.  Hy het soos alle babas gehuil en homself vuilgemaak.  Ons het hierdie gedagte dat Hy nie ‘n mens was nie.  Dit strook glad nie met die woord wat dit onomwonde stel nie.  Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. (Heb. 2:18)

Ja hy was die Seun van God! Weer een van die Bybelse tipiese antinomieë.  Hy was volkome God maar ook volkome mens.  In terme van Sy mensheid moes hy groei en leer en ontwikkel soos almal van ons.  Hy moes die pad volkome as mens loop sodat Hy vir ons kon wys dat dit vir ons ook moontlik sou wees.  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom. (Luk. 2:40) En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense. (Luk. 2:52) Hy kon nie toe hy so oë oopmaak sommer dadelik praat en allerhande wyshede kwyt raak nie.  Hy moes ontwikkel en leer soos ons almal.  Jesus het nooit ‘n identiteit krisis gehad nie, hy verklaar die heeltyd. “Ek is” die brood, water, herder ens.  

Ons probleem lê dus juis hier dat ons sukkel om na al die tekens en die woord van God te kyk en te glo wat daarin staan.  Ek bedoel werklik glo!  Daar is talle “ek is uitsprake” oor wie ons in Jesus is wat as ek dit glo my lewe nooit weer dieselfde sal wees nie.  Een van ons leraars in die kerk het ‘n studie van al hierdie uitsprake gemaak en tot oor die sestig in die Nuwe en Ou Testament gekry.  Ons identiteit is vir ons duidelik uitgespel ons moet dit net aanvaar en daarvolgens begin optree en leef.  Soos wat een predikant in Gobabis dit mooi gestel het, alhoewel Kedaffi die president van Sy land is, en almal dit weet, tree hy soms buite die verwagting en protokol van ‘n president op.  Sy kleredrag en gewoontes staan lynreg teenoor byvoorbeeld die van die president van Amerika.   Die meeste gelowiges leef met dieselfde probleem, hulle leef nie volgens die roeping en skeppingsdoel waartoe hulle geskape is nie. 

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (Kol. 1:27)

Heerlikheid van ‘n ander aard.

Hierdie heerlikheid word in die OT vertaal met die woord ‘Shikinah’ en in die NT met die woord ‘doxa’ wat die volgende beteken: heerlikheid, eer, glans, verheerlik, verheerliking, verheerlikte, heerlikheid, eer, majesteit, glans, wonderbaarlike, prag, grootheid, hemelwesens, koninklike, luister, sieraad, trots, agting, eerbaar, geëer, koning, lof, skerp, verheerlik, verheerlikte, wonderlike.  

Daar is vir my ‘n parallel tussen die konsep van heerlikheid in ‘n spirituele sin en die woord wegraping wat ook direk gekoppel word met die woord ekstase.  Ekstase is waarna die hele mensdom opsoek is op vele maniere word daar na ‘n wegraping gesoek, iets wat my kan wegruk uit die werklikheid en vir ‘n oomblik kan laat vergeet van my probleme.  Hiervoor het veral die “ecstacy” dwelmpil baie sukses veral onder die jeugkultuur behaal.  Die verwantskap lê vir my hierin dat ons in Christus weggeruk kan word op ‘n legitieme wyse om nie van die werklikheid te ontsnap nie maar juis die werklikheid te kan konfronteer vanuit ‘n nuwe perspektief.  Die realiteit met enige ander vorm van ekstase is kortstondig en iewers moet ek tog met die realiteite van die lewe deel.  

Murphy verklaar dit in die volgende woorde; “This is the meaning of Paul’s “therefore” in Rom. 8:1. It takes us naturally into his discussion of the way of victory over “the law of sin and death” described in chapter 8. I call it the ecstasy of the normal Christian life.” 

Een predikant beskryf dit so; “Dis om die heeldag met die Here in kontak te wees, niks van my eie is meer belangrik nie, ek soek nie meer na preke nie, worstel nie meer met probleme en mense nie, want in Hom, werk Hy deur my, dat ek baiekeer na myself luister en in verwondering staan!” 

Ons noem dit “to-be-God-inside-minded” My bewussyn is dat ek nie meer leef nie, en die lewe wat ek nou leef, leef ek in die gehoorsaamheid aan Hom wat my opwek tot die Heerlikheid van Sy glorie.  Beteken dit dat ons nie foute maak nie? Nee natuurlik nie, ons sondig nog steeds, en ons het nog steeds ‘n fisiese liggaam met drange en begeertes.  Maar hierdie liggaam is nie sondig nie.  Sonde is nie meer wie ek is nie, maar ‘n manier van denke en optrede wat nie in lyn is met die woord nie.  Hoe ek dus hierdie drange en begeertes bestuur en hanteer is die vraag nie die feit dat ek sekere drange het nie.  

Met die hele vlees – gees kontras in die Bybel (dualisme) het die meeste van ons verstaan dat ons vlees sondig is en dat ek die heeltyd in die gees moet wees om nie weer in sonde te verval nie.  Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. (Gal. 5:16) Hierdie kontras moet egter verstaan word as twee verskillende bedryfstelsels.  Die een is dié van die natuurlike mens en die ander is die Woord.  Die probleem of dualiteit/tweeledigheid is nie in my nie, maar in die keuse van die weg (bedryfstelsel) wat ek kies om te volg.  

Die bedryfstelsel van die Gees lei my uit die doolhof van dualisme, reg-en-verkeerd tipe godsdiens, van swart en wit tot veelvoudige kleure.   In hierdie nuwe stelsel, as ek struikel en sondig begin ek nie weer oor nie, ek is nie weer verlore nie, ek bely bloot my sonde, en laat toe dat Hy my skoonwas van skuldgevoelens, verwyte, veroordeling en skaamte.  Ek is soos Adam en Eva was, naak maar onbeskaamd, ek het niks meer om te verdedig of te beskerm nie.  

Gevolge en vrug van hierdie lewe in die Gees.

Eerstens is ek vry van enige verkeerde vrees.  Vrees ‘n natuurlike emosie, maar in die Here hoef ek niks meer te vrees nie.  Die vrees vir verwerping, mislukking, dood, mense, swaarkry en lyding is gebaseer op die beginsels van die ou bedryfstelsel.   Hierdie vreesloosheid het iets te make dat ek tot die besef gekom het van God se oneindige liefde vir my en as Hy my aanvaar het, het ek niks meer om voor bang te wees nie.  As God dan vir my is wie kan dan teen my wees.(Rom. 8:31)

Tweedens is ‘n intense vrede en blydskap in die Here en nie omdat ek iets gekry het, vermag het of gedoen het nie.  Hierdie vrede gaan die verstand te bowe, want hierdie vrede beteken nie noodwendig die afwesigheid van probleme en stryd nie, maar ‘n vrede ten spyte van my omstandighede.  Dat ek die middelpunt van my bestaan gevind het, vul my met vreugde en blydskap!  My lewe is nou in balans en die wiel draai geruisloos om die as.  Daar is innerlike harmonie en vrede met alles om my, ‘n nuwe waardering vir die lewe en die geskenke wat Hy gee selfs te midde van die grootste trauma denkbaar.  

Derdens is vergenoegdheid.  Nie omdat ek genoeg het nie, maar omdat Hy genoeg is.  Niks dryf jou meer nie, maar stille gehoorsaamheid in pas met die ritme van Sy genade en krag wat Hy gee.  Om genoeg te hê of jy baie het of niks.  Vergenoegdheid laat moontlikhede na jou toe kom in stede dat jy daarvoor soek.  Jy is alreeds vol en soek nie dus om vol te word nie.  Jy is alreeds ryk en jaag nie na rykdom nie.  Jy het geluk gevind en is ten volle tevrede diep in jou gemoed.  

Vierdens is jy het gesterf tot self.  Jy weier niks en weerstaan niks, jy hou niks terug en soek niks, jy is van die gif van die eie ek genees en ervaar ‘n stilte, ‘n rustigheid.  Jou wil en begeertes is op ‘n vreemde en duistere manier vervleg met Syne, en mens kan nie meer agterkom wie is Wie nie.  Madame Guyon beskryf hierdie fase van ‘n mens se geestelike wandel as die misterieuse dood van die siel.  

Ek is drie maar ek is ook een.

Hierdie geheimenis van Christus in ons is ‘n hele boek werd, maar is nie te vinde in boeke en reëls nie.  Daar is nie vier of vyf stappe en dan het jy dit nie.  Dis tot hierdie doel dat God ons geroep het om een met ons te wees op dieselfde manier wat die Godheid een in Homself is.  Die Vader Seun en Heilige Gees is een, maak ook divers in karakter, vorm en optrede.  Tog is daar perfekte harmonie, en terwyl die Een voorrang geniet in ‘n sekere tyd is die ander tog die heeltyd ook aanwesig.  So het God ons ook geskape Gees, Siel en Liggaam.  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. (1 Johannes 5:7-8)

Die Gees is voor die hand liggend 

Water spreek van die liggaam, ons liggame bestaan immers uit 70% vloeistof. 

Die bloed spreek van die siel, die lewe is in die bloed.  

Soos Hy is ons geroep om in harmonie met onsself te lewe.  Hierdie drie is ook ‘n spieëlbeeld van mekaar.  

Mike Wood beskryf die groeiproses van ‘n gelowige se persoonlikheid in die volgende terme.  Wat is God se geslag?  Is Hy manlik of vroulik?  Weer ‘n groot kwessie vir debat? Nee.  As ons in Sy beeld geskape is dan is God manlik en vroulik.  Sommige dink nog steeds net die man is in die beeld van God geskape en dat die vrou eerder as bloot nog ‘n dier voorgestel behoort te word.  Sy is immers ook die een wat Adam verlei het.  Hierdie denkwyse het gelei tot die hoogste vorm van misbruik en geweld teen die skepping.  Kom ons vergeet van seksualiteit en bespreek die goddelike karaktertrekke van manlikheid.  Leierskap, pionier, sterkte en krag, inspirasie, rasionele, skeppendheid is onder andere begrippe wat aan die man toegeskryf word.  Die goddelike eienskappe van vroulikheid is; kreatief, emosioneel, vrugbaar, beskerming, passie, sagtheid en begrip.  Wanneer ‘n man en vrou gemeenskap het kom daar kinders voort.  Nou kom ons beskryf die goddelike karaktertrekke van ‘n kind.  Passievol, eenvoud, onvoorwaardelik lief, geen inhibisies, vry en spontaan, glo maklik.  Wanneer ons na al hierdie eienskappe kyk dan blyk dit dat die toppunt van goddelikheid soos die Woord dit omskryf is om soos ‘n kind te word.  Om soos ‘n kind te word moet ons egter ook in voeling kom met die manlike en vroulike eienskappe van God.  Dis hierdie eensydige manlike godsdiensbegrip wat ons laat verval het in egoïsme, ambisie en wedywering in die kerk.  Die volle spektrum en nie die een verhewe bo die ander is nodig om volwassenheid voort te bring in die gelowige. 

Wat het dit alles met reformasie te doen?  Alles.  As ons wil reformeer en gelykvormig word aan die Seun van God dan staan die hele kwessie van ons identiteit sentraal tot hierdie doel.  

Dis interessant om op te merk in kerk musiek of ons perspektief oor God reg is.  Baie van die lirieke weerspieël ‘n diepe soeke en ‘n honger na God, Sy teenwoordigheid of Sy heerlikheid.  Min liedjies weerspieël egter die feit dat ons alreeds in sy teenwoordigheid is, in Christus Jesus.  Veral in charismatiese kringe hoor mens so baie die eersgenoemde.  Die alewige soeke en desperaatheid na God.  Dis goed en wel, maar daar moet ‘n tydperk aanbreek waar die nou-is-ek-in-Sy-teenwoordigheid ‘n realiteit vir my word, en ek begin sing oor wat ek nou alles beleef en sien vanuit hierdie perspektief.  (Heb. 10:19-22)  As ek sing ek soek na Hom, beteken dit mos duidelik ek het Hom nie.  As ek verlang na Hom, beteken dit mos ek is nie by Hom nie.  Ons verlang om permanent en in volheid een met Hom te wees, maar Christus het ons alreeds een met Hom gemaak, Hy het ons versoen, die skeiding verwyder!  Ons is een met God deur Christus!  Ons sing nie om in sy teenwoordigheid te kom nie.  Ons is alreeds in Sy teenwoordigheid!  Ons verwelkom Hom nie in ons midde nie, Hy is al lankal daar!  Ons raak dalk net nou eers van Hom bewus…  

Bo-op dit alles gaan die verstaan van God se heerlikheid in baie mense se denke met fisiese manifestasies gepaard.  Alhoewel God Homself dikwels so openbaar, beteken dit nie God het nie gewerk as daar nie iets fisies gebeur nie!  God is immers Gees!  (2 Kor. 3:17) Dit kan tot baie misleiding lei, omdat lidmate se persepsie oor God ‘n sintuiglike belewenis word.  God kan verseker Homself so openbaar, maar God is ook daar wanneer ons nie sintuiglik van hom bewus is nie.  Hierin soek ons ook weer ‘n balans.  Paulus verklaar dat Hy nie met oorreding van slim woorde gekom het nie, maar deur die openbaarmaking van krag. (Mar 16:20; Hand. 14:3; 1 Kor. 2:1-5; 4:20) Daar het dus iets fisies gebeur, waardeur mense sou kon sien dat God het iemand genees, aangeraak, verander ens.  Die heerlikheid van God is egter nie manifestasies nie, maar die openbaarmaking van Christus as ‘n realiteit.  Want die antichris sal ook kom soos ‘n engel van die lig en baie tekens en wonders doen.  (2 Kor. 11:14; Open. 13:13) Mense kan maklik deur manifestasies mislei word, en glo dat die wonderwerke en tekens ‘n bewys is dat God wel iemand se werk of prediking endosseer.  Die boom word aan Sy vrugte geken, het so ‘n bediening en prediking gelei tot Godsvrug wat nie vergaan nie?  Vind Christus meer gestalte in mense se lewens en dade.  In 2 Korintiërs 3 vanaf vers 7 verduidelik Paulus baie mooi die ou en die nuwe verbond.  In die ou verbond was daar geweldige wonders en tekens selfs kosmiese wonders, tog het hierdie heerlikheid vergaan.  Die heerlikheid van die nuwe verbond is in ons harte geopenbaar soos wat die belowe is deur die Profete en dit is blywend.  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. (Jer. 31:33-34) Jesus het hierdie nuwe verbond gesluit op Golgota en geseël met Sy bloed en saam met Sy dissipels tydens die verbondsmaal afgesluit met die laaste woorde van hierdie profesie.  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Matt. 26:28) Paulus sluit hierdie gedeelte so mooi of met hierdie triomfantlike woorde. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. (2 Kor. 3:18) Wie aanskou ons?  ‘n manifestasie? Sekerlik nee, ons aanskou die lewende Christus!  Ons geloofsoë verhelder en ons denke vernuwe om Hom elke dag meer te sien en te ervaar in ons lewe.  

Aspekte wat die nuwe apostoliese reformerings kerke anders maak.  

Van passasierskip mentaliteit tot vliegdekskip funksionaliteit.

Van weeskind/bedelaar tipe gebed tot gebed vanuit ‘n regerings outoritêre tipe gebed. 

Van piramiede strukture tot planetêre stelsels waarin elkeen weet hoe om in sy wentelbaan te bly. 

Van humanisme tot godsvrug

Van mensgerigte aktiwiteite tot Godgerigte fokus

Van selfgesentreerdheid tot bereidheid om te ly en op te offer

Van konsentrasie op geboue en vaste bates tot die bemagtiging van die lidmaat

Van ‘n ontsnappings tot voleindiger mentaliteit. 

Van lokale tot globale perspektief 

Van selfgesentreerde lofprysing tot lofprysing wat God behaag. 

Van onkunde tot volwassenheid in die geloof

Van wettisisme tot vryheid in die Gees 

Van statiese tot organiese groei

Van leë toekomsbeloftes tot “dit is wat” 

Van wat? tot hoe?

Van werke tot genade 

Van Charismaties en gereformeerd tot reformerend

Van sigbare manifestasies tot inwaartse hartsverandering. 

Van vals tot eg 

‘n Nuwe perspektief op gebed.

Gebed moet beantwoord word met inspraak van God anders het jy nog net met jouself gepraat. 

Gebed is meer as rympies opsê aan tafel en snags voor ons gaan slaap.

Gebed is nie ‘n lys van behoeftes wat aan God deurgegee word vir Sy aandag nie.  

Gebed is nie om God in te lig van jou probleme asof Hy dit nie weet nie. 

Gebed is om Sy wil te verstaan en daarvolgens te bid. 

Gebed is om deur te dring in die geestelike dimensie en dinge vanuit Sy perspektief te sien. 

Gebed is nie ‘n program wat die kerk aanbied nie, maar die rede hoekom die kerk bestaan.  

Gebed in al sy aspekte is die mees belangrikste oefening vir enige gelowige se strewe na godsvrug.  

Ons hele lewe is ‘n gebed, en elke asemteug ‘n uitreiking van ons gees om kontak te maak met Syne.  

Gebed is bloot die vorm van kommunikasie en verhouding in al sy fasette met ‘n lewende nabye God.  

Vas en gebed, en die vurige gebed van die regverdige, meditasie, intersessie, waak en wag is verskeie vorme van gebed om dieper met God in verhouding te staan.  Elke gelowige behoort geoefen te wees in al hierdie aspekte van gebed. 

Chuck D. Pierce in sy boek the future war of the Church maak die volgende verskille tussen die tradisionele kerke se perspektief op gebed en die nuwe apostoliese reformerings gemeentes se perspektief.  

In tradisionele gemeentes is gebed ‘n bykomstige omstandigheid terwyl in apostoliese gemeentes gebed sentraal staan. 

In tradisionele gemeentes is gebed ‘n roetine terwyl in apostoliese gemeentes is dit spontaan. Menigte kere sal jy hoor; “Kom ons stop en bid” gevolg met ‘n onbeplande en ernstige gebedsessie.

In tradisionele gemeentes is gebed nou en dan terwyl in apostoliese gemeentes is dit dikwels, tydens die aanbidding, tydens prediking, te midde van geselskap. 

In tradisionale gemeentes is gebed passief terwyl in apostoliese gemeentes aggressief en onbeskroomd.  Daar word werklik ‘n antwoord op gebed verwag. 

In tradisionele gemeentes is gebed stemmig en stil terwyl in apostoliese gemeentes is gebed uitbundig.  Die hele gemeente sal sommer by tye in gesamentlike luide gebed ingaan waar almal tegelykertyd saam bid.  

In tradisionele gemeentes is gebed eerbiedig terwyl in apostoliese gemeentes gebed uitdruklik en ekspressief is. Mense bid met hulle oë oop, sommige kniel of loop.  

In tradisionele gemeentes is gebed emosieloos terwyl in apostoliese gemeentes gebed baie emosievol is.  Wanneer daar vir ‘n saak ingetree word kan trane en weeklag verwag word. 

‘n nuwe perspektief op aanbidding:

Die herbou van die tabernakel van Dawid as ‘n model van lofprysing vandag.  Nuwe liede en sang geïnspireer deur die Gees, dans, hande klap en juig, bewegings gefokus om Hom in Gees en in waarheid te aanbid.  

Aanbidding gefokus op die realiteit van Sy teenwoordigheid hier en nou.  

Aanbidding wat wag en reageer op Sy inisiatief en liefdesgebare. 

Aanbidding waar die hele gemeente jonk en oud saam beweeg en reageer op profetiese inspraak.  

Aanbidding wat ‘n lewenstyl word en alles wat ek doen Hom verheerlik.  

Akkurate en seker bewegings in die geloof, nie los betekenislose rituele.  

’n nuwe perspektief op Kerkstruktuur:

Die erkenning en aanvaarding van die vyf genadegawes wat deur Christus gegee is om die kerk toe te rus vir hulle dienswerk.  Apostels, Profete, Evangelis, Herder, Leraar.  

Gemeenskap van gelowiges waar elke lid sy bediening ken, verstaan en uitleef.  

Fokus om elkeen se funksie te verstaan en te erken sonder dat enigiemand hom/haarself ‘n posisie toe-eien.  Geen struktuur waar enige iemand bo (meer belangrik) die ander verhef is nie. (Piramiedes) 

Strukture is daar om funksioneel te wees en nie struktureel te beheer nie.  (Planetêre stelsels)

Kerk is die gimnasium waar elke gelowige hom/haarself in die godsvrug kan beoefen terwyl hy of sy uitgaan en dissipels gaan maak.  

‘n Nuwe perspektief op Bediening:

Elke gelowige het ‘n roeping en bediening om te vervul in samewerking met die gemeente.  

Dit is die kerk se verantwoordelikheid om die hele gemeenskap te bedien en te versorg, armes te voed, die wat siek is gesond te maak, die wat vasgevang is te bevry, die wat moed verloor het te bemoedig en te versterk, en die wat rigting verloor het perspektief te gee.  

Die kerk se verantwoordelikheid lê verder daarin om die gemeenskap op te voed, te leer en te rig in godsvrug, en mense te help om geestelik te groei deur voorbeeld en geïnspireerde woord verkondiging.  

‘n Kerk is ‘n liggaam waar elke deel van die liggaam bydra tot die versorging en versterking van die ander.  Daar is geeneen wat enigiets kortkom nie, nie fisies, emosioneel of geestelik nie.  Elke behoefte word deur die liggaam gediagnoseer, behandel en opgelos.  

Mens gaan nie kerk toe nie, jy is kerk en het elkeen dus ‘n funksie om te vervul in terme van woordverkondiging, getuie wees en bediening. 

‘n Nuwe perspektief op Leierskap:

Leierskap is nie posisie nie maar ‘n funksie, deur God gegee as gestuurde om ‘n sekere taak te vervul. 

Die leier dien die gemeente deur die mense hoër te ag as hom/haarself en sy/haar lewe vir die gemeente te gee.  

Die gemeente dien die leierskap deur te doen wat hulle sê, opdragte uit voer en sodoende die werke van God te vervul. 

‘n Nuwe perspektief op Christen Karakter en leefstyl:

Die Bybel moet ‘n realiteit word in ons lewe, deurdat ons deur die Gees gelei, die Woord toepas en leef in elke faset van ons lewe.  

Self verloëning is die begin en einde van hierdie proses, deurdat self sterf en die individu deur die opstandingskrag van God begin om te leef in die volle karakter van Jesus Christus. Hierdie is ‘n daaglikse proses waarin self sterf en die persoon elke dag meer en meer verander word om soos Jesus te wees.  

Egtheid, eerlikheid, integriteit en waarheid word die basis waarop alle ander godsvrug geopenbaar word.  Om jouself te wees, natuurlik te wees, eg te wees is die voedingsaar van heilig wees.  

Die vrug van die Gees en goddelike karakter word dan deel van jou natuur en menswees wat natuurlik na vore kom alvorens self verdwyn.  

Volwassenheid in die Here beteken dan ook verder dat ek in terme van God se natuur soos ‘n kind word en die goddelike eienskappe van kindwees beleef as deel van my identiteit en menswees.  

Om gevul te wees met Sy Woord en Sy Gees daagliks en sodoende in die Gees te wandel, te dink en op te tree is my fokus elke dag, want hier lê ware vrede en blydskap.  

‘n Nuwe perspektief op ons mandaat en die Groot opdrag:

Ons is almal geroep om dissipels te maak en die woord te verkondig, aan alle nasies, hulle te doop en te leer aangaande die leer van die koninkryk. 

Elke gelowige het dus ‘n rol om te vervul in terme van uitreiking en bediening, om ‘n voorbeeld te wees in Godsvrug om sodoende dissipels te kan maak.  

Bediening is vanuit die uitgangspunt dat Jesus alreeds in mense is, Hy stuur, ons preek, Hy roep, iemand glo en roep uit na redding.  Ons werk is dus om saam met God te werk, en die wie se harte hy alreeds voorberei het te help om tot die volle lig te kom. 

Prediking, verkondiging, proklamering, lering, teregwysing,  redenering is die gereedskap wat God gebruik om mense tot inkeer te bring, ons verkondig net die goeie nuus, dat die koninkryk van God naby gekom het.  

‘n Nuwe perspektief oor ons finansies

Elke gelowige wat ‘n inkomste verdien is geseën om te kan gee.  As God se rentmeesters behoort niks aan ons nie, ons is bloot die instrumente waardeur Hy kies om te werk. 

Maar dit wat geld vir die individu geld ook vir die kerk, wat moet gee en help om eerstens die  evangelie te verkondig, dan die weduwee en die wees te versorg, die arme te voed en die lyding van die medemens te verlig.  

Wanneer die kerk dus sy funksie vervul kan die rentmeesters en regeerders ook hulle taak vervul deur die kerk te help om dié taak uit te voer .  Die kerk en die besigheidslui is dus in vennootskap tot die uitvoering van bogenoemde  behoefte.  

Die gee van finansies in die kerk is nie bloot om ‘n predikant se salaris te betaal en sodoende alle geestelike verantwoordelikheid op sy skouers te plaas nie.  Maar die kerk in sy totaliteit word bloot die agent van hulpverlening en uitreiking na die gemeenskap waarin elke lidmaat ‘n funksie vervul in terme van bydraes in persoon of in finansies.  


[1] It takes a church to raise a village, Dr Marva L. Mitchell, 2001, Treasure house.  

[2] God’s genius Dr Andre Pelser, Pelser Media