Bybelse Interpretasie – Verstaan die Bron Dokument Reg

Geloofsoortuigings is kragtig, deurdringend en blywend. In hierdie hoofstuk wil ons probeer verstaan hoe oortuigings gebore, gevorm, gevoed, versterk, uitgedaag, verander en uitgedoof word. Kyk net die National Geographic Society se reeks oor Taboes om te sien watter ekstreme gewoontes en tradisies mense glo! https://www.natgeotv.com/int/taboo

Ons geloofsoortuigings is so divers en menigvuldig soos die hoeveelheid produkte op winkelrakke.  Ons geloofsoortuigings word primêr deur ons familie, vriende, kultuur, geloof, opvoeding, studierigting en die hoofstroom wêreldbeskouing gevorm. 

Geloof is energie. Jy doen nie iets as jy nie glo dit gaan vir jou werk nie. Geloof is sentraal tot oorlewing. Die kern van die “belief therapie” skool van vormings terapie is gebaseer om die diep-gesetelde geloofsoortuigings wat mense van hulleself het te verander. (Self-talk) Hierdie interne self-geloof is wat jou keuses bepaal, en hoe jy die uitdagings en hindernisse van die lewe gaan mitigeer. 

Geloof en die brein

Hoe ons dink bepaal hoe jy glo.  

In die omvattende Bybel interpretasie metodiek van hermeneutiek is dit duidelik dat mense nie die Bybel net lees soos dit daar geskrewe staan nie.  Jou teologiese lens bepaal hoe jy ‘n bepaalde skrif gedeelte gaan interpreteer, verstaan en toepas. Bv. apartheid, bevryding van slawerny en segregasie, geslagsminderheid groepe, en groen ekologie groeperinge lees die Bybel elkeen vanuit ‘n ander bepaalde woordeskat, begrip, en konteks.  Jou beroep, bevolkingsgroep geslag, taal, geografie bepaal hoe jy gaan glo.

Die probleem met die post-Christen samelewing tans is, dat vir honderde jare was die Bybel die anker punt van wat mens geglo het. Vandag glo mense omtrent enige iets! 

Ons brein is ‘n geloofsoortuiging fabriek, wat sensoriese inligting versamel en derhalwe uiteindelik probeer om ‘n patroon of betekenis vanuit die data te formuleer. Geloof word primêr deur patrone en agentskap gevorm. In patrone soek ons konsekwentheid en agentskap soek ons legitimiteit.  Soos ons ouer word, soek ons patrone van sukses, om ons eie sukses te behaal. Agentskappe soos die kerk, politieke partye, rolmodelle, kultuur en skool koester of vertroue in wat bestaande oortuigings versterk, of dit stel ons teleur wat beteken ons soek ander agentskappe om ons teorieë te versterk.

Sodra ons ‘n bepaalde denkrigting inneem soek ons bevestiging, deur vriende te maak met mense wat soos ons dink.  Dit is baie raar dat mense sommer van godsdiens of politieke denkrigting ‘n radikale verandering maak.  Bloot omdat ‘n bepaalde geloofsoortuiging so lank geneem het om vorm binne ons aan te neem.  Voeg nou ‘n spektrum van emosies en eenderse stories by, en die geloof-redenasie-oortuiging is vas gesement. Mense het gewoonlik klaar ‘n opinie gevorm, en versamel dan konneksies, vriende, bronne om die oortuiging te ondersteun.  

Sosiale media en die inherente algoritmes bring nuwe aanlyn geografiese groeperinge mee, waar mense al hoe meer verdeeld raak, en ook meer antagonisties om oordele teen teenstrydige argumente te vel.  In die VSA is die demokrate en republikeine nou nog meer verdeeld teenoor mekaar, en wil nie hê hulle kinders moet met opposisie party se kinders uitgaan nie.  Mens is geneig om navorsing te doen, om jou argument te versterk nie om werklik die ander teenstrydige partye te verstaan nie.  

Die rede is dat daar gewoonlik ‘n morele oordeel ontwikkel teenoor teenstrydige waarhede waar ons die ‘hulle’ demoniseer, dehumaniseer, de-individualiseer, en onsself distansieer.  Jonathan Haidt verduidelik hoe diep hierdie divisie van morele oortuigings mense verdeel, soos die demokrate en republikeine waar ‘n groepering net drie van die ses morele oorwegings handhaaf en verstaan teenoor die ander wat al ses as belangrik beskou. Die ses basiese morele oortuigings van die mens kan as volg opgesom word. 

  • Sorg/skade,
  • Vryheid/onderdrukking
  • Billikheid/bedrog
  • Lojaliteit/verraad,
  • Gesag/ondermyning,
  • Heiligheid/degradasie [1]

Die liberale demokrate in die algemeen staan vas by die eerste twee moraliteite, moenie iemand seer maak, of skade berokken nie, en vryheid van spraak, teen enige vorm van onderdrukking.  Die konserwatiewe fundamentalistiese republikeine voel al ses moraliteite is belangrik vir ‘n gesonde samelewing. Daarom hulle misnoeë teen die mediese sisteem waar die rykes net eenvoudig vir mense wat geen inkomste verdien nie moet voorsien. 

Hierdie interne morele oorwegings bepaal ook hoe jy die Bybel lees en verstaan. 

Mense se geloof is baie kragtig.  Vanuit die geskiedenis, sosiologie, sielkunde en ander vakgebiede is dit duidelik dat mense se geloof hulle realiteit bepaal, nie die realiteit hulle geloof nie. Mense glo wat hulle glo, al word die feite direk vir hulle uiteengesit.  

Daar is al baie toetse gedoen oor die ‘placebo’ effek.  Dit is waar mense vertel word dat hulle ‘n wonderkuur middel gaan kry, wat hulle gaan genees.  Hulle kry inderwaarheid ‘n suikerpil, tog gebeur daar fisiese biologiese genesing en ‘n wonderwerk bloot omdat hulle glo.  So het ‘n vrou wat sukkel met akute naarheid, 10 minute na sy die suikerpil gedrink het was haar naarheid weg.  ‘n Verdere ekstreme geval was waar ‘n persoon met ‘n skisofrenie en ‘n gesplete persoonlikheid se suikervlakke fisies verander wanneer sy glo sy is die diabeet persoonlikheid.  

Die teenoorgestelde Nocebo effek is net so kragtig. Dit is waar mense hulleself siek glo, met die eerste geringe simptome.  

The biochemistry of our body stems from our awareness. Belief-reinforced awareness becomes our biochemistry. Each and every tiny cell in our body is perfectly and absolutely aware of our thoughts, feelings and of course, our beliefs. There is a beautiful saying ‘Nobody grows old. When people stop growing, they become old’. If you believe you are fragile, the biochemistry of your body unquestionably obeys and manifests it. If you believe you are tough (irrespective of your weight and bone density!), your body undeniably mirrors it. When you believe you are depressed (more precisely, when you become consciously aware of your ‘Being depressed’), you stamp the raw data received through your sense organs, with a judgment – that is your personal view – and physically become the ‘interpretation’ as you internalize it. Our beliefs provide the script to write or re-write the code of our reality.  Three permanent constituent elements of human experience: the unknown, or unexplored territory; the known, or explored territory; and the process; the knower, which mediates between them. These three “elements” constitute the cosmos — that is, the world of experience — from the narrative or mythological perspective.[2]

Volgens – Jordan B Peterson in sy boek Maps of meaning, is daar drie kragte aan die werk in die psige van die mens: Die bekende, die onbekende, en die kenner wat tussen die eersgenoemde dimensies beweeg.  Anders gestel chaos, orde en geloof. Ons beleef elke dag bepaalde onverklaarbare chaos van dinge wat verkeerd loop, en die orde van hoe dinge werk en verstaan word uitgedaag en konfronteer. Dit is deur ons geloof waar die ‘nou’ antwoord gevind word vir ‘n bepaalde tyd, plek en agentskap.  

Ons word gebore in ‘n wêreld met talryke objekte, huise, beddens, kamers, kos en speelruimtes. Ons ervarings word in hierdie versameling van objekte gevorm. Die primêre objekte in ons wêreld is mense, ons ouers, familie, kerk, skool, gemeenskap en tipe regering.  Min mense ontsnap die beperkings van hierdie ervaringswêreld.  Klimaat, geografie, taal, sosiale ekonomiese klas bepaal my geloofsoortuigings – verder versterk deur die bepaalde helde van daardie opgroei wêreld.  

Die Bybel is ‘n versameling van helde se stories waar mense ‘n bepaalde bonatuurlike ervaring met God gehad het, wat gelei het tot ‘n sekere morele waardesisteem soos uiteindelik in die persoon en lewe van Christus gedemonstreer.  Ek stem saam met Peterson, maar volgens die Bybel is daar vele valse messias of helde argetipe figure wat beherend anti-christus, teen-christus se waarde sisteem indruis.  

Die Bybel bied getuienis en bewyse van ‘n bepaalde kritiese morele waarde sisteem, manier van dink, en leefwyse wat volhoubare betekenis gee aan ons almal se bestaan.  

Hoe werk geloof?

Hoe kom ons tot geloof, om sekere dinge te glo? Hierdie vraag is ‘n boek op sy eie werd. Maar kom ek gee ‘n paar voorbeelde. 

1.  Drie Persone Proses

1ste persoon – ‘n Vreemde persoon vertel ‘n storie van ‘n dramatiese lewens ingryping.

2de persoon – Iemand waarvan jy gehoor het met goeie erkende verwysings het dieselfde ervaring.

3rde persoon – Jy jouself beleef dieselfde ervaring.[3] ‘n Geloofsoortuiging is vas geanker, en niemand gaan jou gou anders oortuig nie. 

2. Groepsdruk (Ecochambers) – mense het verkeerdelik die idee, dat getalle (hoeveelheid likes en shares) die inhoud valideer.  Die industrie gebruik ‘bots’ en algoritmes om die indikators te manipuleer. Getalle en uiterlike sukses is nie ‘n validasie van die waarheid nie. Nie Jesus of enige van die apostels was volgens aardse standaarde suksesvol nie, tog het hulle die geskiedenis verander! 

2. Wêreldbeskouings – (Madness of crowds) – die groep beheer – deur die mag van die uitgesprokene – en vrees vir stigmatisering, boelie en teistering, negatiewe blootstelling, om roem te bekom/behou/verloor, onmiddellike bevrediging.[4] Mens moet die hele boek Madness of Crowds lees om regtig die impak van wêreldbeskouings te verstaan. Dit nogal skrikwekkend om te sien tot watter vlak mense sal daal om aanvaarbaar by ‘n sekere groepering te probeer wees, sonder om regtig te dink oor wat hulle glo, of enige gevolge! 

3. Mag van aannames, sonder eerste-handse empiriese, kwantifiseerbare data, wat deur ‘n wye spektrum van navorsers getoets en nagegaan is. Ons is eenvoudig te haastig. Navorsing wat sistemies kruis-sektor studies doen neem baie tyd in beslag.  Sien maar net die teenstrydighede in die Covid 19 teenmiddel verslae. Verder het mense se aandagspan ernstig verkort, en is daar ‘n algemene traagheid om akademiese studies of navorsing te lees, of te verstaan. 

4. Persoonlike Misleiding – self regverdiging. Vertel ‘n leuen herhaaldelik oor en oor, en mens begin dit glo. Vorige President Jacob Zuma voel verontreg m.b.t die strafproses teen hom, omdat hy glo hy het niks verkeerd gedoen nie.  Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge (Jer 17:9).[5]

Die objek van ons geloof

Elke dag beleef ons oomblikke van probleme, vrae, uitdagings, chaos, wanorde, donker, onverwagte onbekende drama.  Aan die ander kant het ons in ons pogings as mens om sin te maak uit al hierdie chaos, kulture, tradisies, orde, ideale, godsdienste, en ideologieë gevorm.  Soms bied ‘n bepaalde tradisie en kennis net nie meer die relevante antwoorde om krisisse op te los nie.  Hierdie worsteling vind byvoorbeeld plaas, wanneer iemand moet besluit om in ‘n stukkende huwelik te bly. Die onbekende van egskeiding, of die bekende van die huwelik. Nie een van die twee is werklik meer ‘n opsie nie.

Jesus is die Lig, Waarheid, Woord, Antwoord, Weg, Rigting, Manier van leef uit hierdie moeilike vraagstuk.  Die Gees van Christus bied ons die derde opsie, die geestelike lewe uitkoms in elke bepaalde chaos/orde konflik.  

Jesus is dus die OBJEK van ons Geloof. Ons glo nie enige ding en loop op water of deur mure nie. Ons geloof is gesentreer om ‘n bepaalde Jesus oplossing in ons krisis te vind. Die bekende skrif “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil 4:13)  is nie geskryf om krag vir enige taak te verrig nie. Soos om swaarder gewigte te probeer optel nie! Paulus beskryf in die gedeelte hoe hy vergenoegd is of hy oorvloed of tekort het. Hierdie vermoë het hy van Christus ontvang wat hom daartoe in staat gestel het. Deur ons geloof in Christus stel Hy ons in staat om in die teenoorgestelde gees en gesindheid op te tree teenoor mense wat ons ondergang soek.  Deur ons geloofsvertroue in Hom, beleef ons vrede te tye van oorlog en onmin. Leer ons om aan te hou gee, ten spyte van verlies en ook om ons teenstanders te vergewe! 

Ons almal haak soms vas in die donker dieptes van woede, haat, verontreg en te nagekom voel, wraakvolle onvergifnis, depressie, teleurstelling en uiteindelik self-verwoesting – Jesus se voorbeeld is die pad uit hierdie self-vernietigende doolhof.  Om jou oë op Jesus te hou, beteken om jou te verdiep om Jesus se manier en wyse van dink te verstaan, voor jy iets doen of sê.  Jesus is die weg tussen chaos en orde!

Die Bybel is ‘n versameling van Jesus oplossings, en verlossings dade wat ons geskapenheid in God se beeld en bewussyn vier.  Wanneer ons hierdie oplossings vind en toepas, tree ons koninklik en waardig op, in plaas van aards en dierlik. 

Natuurlik vertel die Bybel ook die kere wat ons die Jesus standaard heeltemal mis, en in ‘n sondige, dierlike, self-gesentreerde, hou-vas-aan-beheer teen Christus optree.  Gelukkig is daar ook vir ons rolmodelle van leier figure wat Jesus navolg en ons help op hierdie geloof-pelgrimsreis. Paulus versoek sy dissipels wees my Navolgers soos ek Jesus navolg – Heb 6:12; Phil 3:17.  

Hermeneutiek en Bybel Eksegese

Die wetenskap van Bybel interpretasie staan algemeen bekend as hermeneutiek, om die hart en verstand van die skrywer te leer ken, terwyl die praktiese toepassing van die beginsels van hierdie wetenskap eksegese is.  Hierdie tema is ‘n vakgebied op sy eie, en dik boeke voorskriftelik vir enige Teologiese student. [6]  Daar is egter vele pastore wat hierdie studie minag, en dit juis as ‘n hindernis sien tot hulle eie verstaan soos die Heilige Gees dit vir hulle leer. Die volgende skrif word dan aangehaal. En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. (1 John 2:27) Verder leef ons in die INFORMASIE revolusie, en elkeen wat kan “google” sien hom of haarself ‘n spesialis! Ek dink nie ek hoef die totale onkunde van dié katastrofiese beperkte denkpatroon te bewys nie. Duisende mense is so al mislei: Sien die versameling van valse leringe in die volgende 2267 bladsy boek “A Dictionary of Christian Biography and Literature to the End of the Sixth Century A.D., with an Account of the Principal Sects and Heresies.”[7]

Die grootste rede is: Niemand lees die Bybel sonder ‘n vooropgestelde teologiese raamwerk en God-Wêreldbeskouing nie.  Daarom lees gerus die konteks van die bogenoemde vers: Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly. (1 Joh 2:24) Waarna verwys die apostel Johannes hier? Na Apostoliese Lering wat deur die apostels verkondig is, en geskryf is vir ons om te bestudeer. Hierdie leerstellings (doktrine) word oor en oor as die grondslag van NT denke beklemtoon. (Matt. 28:20; Joh. 7:17; Hand. 2:42; Rom. 6:17; 16:17; 1 Tim 4:13; 2 Tim 3:10; 4:2; Tit 2:1; 10; 2 Joh. 9.) 

Dink net vir ‘n oomblik hoe moeilik kommunikasie tussen enige twee persone is wat vir mekaar lief is, soos in ‘n huwelik. Op enige gegewe tyd wanneer twee mense kommunikeer, bestaan daar ‘n onsigbare versperring van verskillende soorte hindernisse en blokkasies wat die oorspronklike beoogde betekenis van ‘n spreker se woorde kan verdraai: Byvoorbeeld: Hoorbare geraas, emosionele nood, tydsberekening, honger, siekte en trauma, moegheid, ens.

Geskrewe kommunikasie het nog meer uitdagings omdat ons nie emoji’s het om die bui van die spreker te toon nie. Antieke tale het beperkte gemoedsaanwysers wat in die grammatika ingebed is, maar gemiddelde lesers het nie toegang daartoe nie, en mis dus die emosie agter die woorde. Ons het ook nie die nie-verbale syne, handgebare en gesigsuitdrukkings om betekenis te verbeter nie. Boonop moet ons die enorme afstand van die antieke tydperk in terme van sosiale ontwikkeling, unieke kulturele onuitgesproke wette en begrippe, onbekende fisiese geografiese ruimte, antieke taal van idiome en woordfoto’s wat vir ons onbekend is, besef nie.

Sedert die Bybel geskryf is, het ons 2000 jaar van godsdienstige bewegings van denke en perspektief wat Bybelvertaling, kommentare, preke en begrip volgens die tydperk beïnvloed het. Byvoorbeeld: Hellenistiese Joodsheid, Rabbynse Jodedom, Apostoliese vaders (Didache)[8], Kerkvaders[9], Middel (donker) eeue, Hervorming en Renaissance (Luther, Calvyn, Knox, Zwingly – die vyf solas) en die Anabaptiste, Die era van vernuwing en herlewings (Kwakers, Morawiërs, Whitefield), Ouderdom van vooruitgang (Wilberforce, Finney, Wesley), Pinkster (William Seymore Azusa Str – Die vierkant evangelie), Evangeliste (Billy Graham, Reinhardt Bonke), Die vrywilliger beweging (Wilberforce, Finney, Wesley), Pinkster (William Seymore Azusa Str – die gawes van die Gees en Talespraak), Charismatiese (Huiskerke, Hedendaagse aanbidding, elke lede het ‘n bediening, geloof en gawes vd Gees), Apostoliese Hervorming (Sferiese Leierskap, Missionaal, Sosiale Verantwoordelikheid, klem op akkurate leerstelling).

Daarbenewens moet ‘n mens al die ketterye, valse leerstellings wat deur die jare heen die evangelieboodskap probeer verdraai het ook in ag neem. 

Letterkundige kritiek

Ons kan self die teks verdraai. 

Norman Gottwald stel voor dat teologiese studente selfbewus moet besin oor die volgende agtien faktore wat hul ervarings gevorm het nog voordat hulle die Bybel oopmaak om te bestudeer. 

(1) Hulle denominasionele geskiedenis of tradisie,

(2) Kulturele norms of standaarde wat behalwe die Bybel as belangrik beskou word,

(3) hulle bepaalde godsbegrip, 

(4) etnisiteit,

(5) geslag,

(6) sosiale klas,

(7) opvoedkundige agtergrond,

(8) gemeenskapsprioriteite en uitdagings,

(9) eksplisiete politieke standpunt,

(10) implisiete politieke standpunte,

(11) gebruiklike blootstelling aan die Bybel,

(12) Bybelvertalings gebruik,

(13) die gebruik van ander Bybelstudiehulpe,

(14) vorige blootstelling aan prediking,

(15) vakkundige oriëntasie

(16) gesinsinvloede,

(17) lewenskrisisse, en

(18) spiritualiteit en goddelike leiding. 

Studente kan dan nadink oor hoe hulle hierdie verskillende faktore in hul lewens bewustelik of onbewustelik geprioritiseer het en hoe hierdie faktore geldige Bybelse interpretasie kan help of verhinder.

Sosiaal-wetenskaplike benaderings

‘n Veel groter gevaar en uitdaging is tans besig om die hoofstroom media te oorheers: Sosiaal-wetenskaplike benaderings tot die Skrif.

Oor die jare sou voorspraakgroepe opstaan en probeer om Bybelse validering vir hul strewes te vind, soos die bevrydingstryd van die burgerregtebeweging – Martin Luther King Jr. Onlangs gee die sosiale geregtigheidsbeweging op soek na geslag, ras, seksuele gelykheid aanleiding tot ‘n meer liberale hermeneutiek. Hierdie sterk postmoderne temas oorheers tans die media meerderheid se perspektief en lens waardeur hulle die Skrif interpreteer.  

Bybelse Tekskritiek Problematiek

Ons het nie een van die oorspronklike tekse soos geskryf deur die oorspronklike skrywer nie. Die werk van tekskritici behels vervelige en noukeurige vergelykings van tientalle antieke OT-manuskripte en -weergawes, en honderde (duisende as ‘n mens klein fragmente insluit) van gedeeltes van Griekse NT-tekste uit die vroeë eeue van die Christelike era. Antieke skryfwerk oor boekrolle en kodekse (manuskripte in boekvorm) lyk nie soos moderne boeke nie. In die oudste manuskripte is woorde in hoofletters geskryf met geen gebruik van kleinletters nie en geen spasiëring tussen woorde, leestekens, koppeltekens, paragraaf, gedeelteopskrifte of enige van die ander toestelle van moderne skryfwerk nie.

Om ouer manuskripkopieë te vergelyk, met moderne vertalings van die teks toon ‘n groot hoeveelheid toevoegings, veranderinge, weglatings van die ouer manuskripte. Hierdie veranderinge of byvoegings is gedoen afhangende van die spesifieke groep se leerstellige verstaan van die skrif. 

NT apostoliese Riglyne vir die regte verstaan en interpretasie van die Skrif

Die kerk het deur die eeue van Westerse Christelike dominasie ‘n reuse bepaalde rol gespeel in wat mense glo. Soms goed en soms sleg! Dit is waarom REFORMASIE so belangrik is – dat ons alle leerstellings sal toets en bevraagteken aan die hand van ‘n Christus Teologie! Hierdie lys is maar net ‘n paar voorbeelde, om basiese riglyne neer te lê, want die Tema vereis ‘n teologiese verhandeling op sy eie. 

Ken die HART van die Outeur 

Die belangrikste leerstellige hermeneutiese beginsel is om die ‘gees van die Woord’ te verstaan. In ‘n onlangse groot kleinhandelaar se etiese kodehandleiding verduidelik die inleiding dat daar baie reëls en riglyne in die boek gelys word, maar as iemand oneties wil wees, sal hulle uiteindelik slaag, ongeag al die reëls wat genoem word.  ‘n Mens moet dus eers die gees van etiek en morele voorneme begryp dan sal jy verstaan hoekom daar ‘n bepaalde maatreël geskryf is. Byvoorbeeld: As ‘n maatskappy ‘n baie hoë waarde plaas op die veiligheid van hulle werknemers, sal jy verstaan hoekom daar so baie reëls daaromtrent gemaak is.  

Dieselfde beginsel geld wanneer jy die Skrif as ‘n geheel lees. Soos verduidelik in vorige hoofstukke, leer ken die skrywer, word gevul met Gees van die Outeur, en spandeer tyd saam met al die skrywer se kinders en jy sal die wysheid, hart, en bedoeling agter die tekste begryp.

Gemene reg van reg-wysheid. 

Melgisedek, ‘n heidense koning, doen wat reg is, hierdie reg word verduidelik in Heb 7:3 “maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.”  Melgisedek het die Priesterlike mandaat van die mensdom verstaan om te versorg, te eer, te beskerm, te volhard, en ‘n goeie rentmeester te wees. (Gen 2:15) Jesus pas ‘n pragmatiese wysheid toe om lewensprobleme die hoof te bied. Fundamenteel tot Jesus se lewe was Sy logika, redelikheid, nugterheid en die gebruik van gesonde verstand. Jesus openbaar die dwaasheid van godsdienstige dualisme en dubbele standaarde: Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie (Matt. 5: 33-37). En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. (Matt. 6: 7). Sommige mense probeer om hul liggame in klere te pas. Maar klere is vir die liggaam. Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? (Matt. 6:25). Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. (Matt. 15:10).

Jesus gebruik dikwels praktiese voorbeelde van gesonde verstand om luisteraars te help om te sien hoe dwaas godsdiensgebruik werklik is.  

Seën vir die nasies. 

Die mens se skeppingsdoel van die begin is om soos God se voorbeeld chaos te omskep na ‘n eden – Sy vreugde. Wanneer iemand behae skep uit ons werk, maak ons Eden uit chaos.  God het geskep… Toe het hy gesê: “Dit is goed.” Ons doel is om die wêreld te hervorm, dit wat skade bring te onderwerp, om met dit wat in ons hand is goed te doen, vreugde te veroorsaak! Vra jouself gereeld die vrae: “Dra dit waarmee ek besig is by tot menslike ontwikkeling en groei? Is dit goed vir die aarde? Is dit goed gedoen? Is dit goed vir jou stad, jou nasie, jou wêreld? Is dit goed almal? Daar is bepaalde grondstowwe op die Planeet Aarde tot ons beskikking soos – metaal, hout, wind, woorde en idees en E = mc2 – herrangskik hierdie grondstowwe sodat God se beelddraers in hulle verhouding met God kan floreer. Die belangrikste is, is dit iets waaroor God glimlag? Sy mening oor jou werk maak immers meer saak as enigiemand anders s’n. Na ‘n harde dag se arbeid, kan jy God hoor fluister in jou oor, Welgedaan?”[10] Regdeur die geskiedenis van die Jode as ‘n klein groepie mense bevind jy hulle altyd ‘n invloed op grootste wêreldoorheersende nasies: Die Egiptenare, Assiriërs, Perse, Grieke, Romeine, Amerika, Verenigde Nasies. Dieselfde geld vir die kerk, Jesus het ‘n punt gemaak om die kulturele sosiaal-klas grense van Sy tyd te ignoreer en af te breek. Hy het die Samaritane, Romeinse Soldate en tollenaars ingesluit, en hy het aan die melaatses geraak.[11]

Christus-gesentreerde Waardes: 

Onaanvegbare onteenseglike Waarheid, volhoubaarheid, deernis, insluiting, geregtigheid, onpartydigheid, regverdigheid, bewys getrouheid eerste in wat jy vermag dan kom promosie, eerbied vir gesag. Net om ‘n paar te noem, daar is nog baie meer waardes om te verstaan.  Selfs al glo sommige nie dat Christus bestaan nie, is Hy steeds die beste manier om die lewe te leef. Leerstellinge moet sentreer rondom hierdie Christus-gesentreerde waardes. Volg die skakel in die voetnota vir ‘n hedendaagse toepassing van ‘n Christusgesentreerde Waardes Gedrewe Versoening en Genesing Oplossing vir Suid Afrika se historiese verdelende verlede rakende grondhervorming.[12] Die Jesus lewe Aanlyn Kursus en boek van oor die 600 bladsye is ‘n studie van presies wat Jesus se waardes was.  Ons moet almal leer om dit wat vir ons belangrik en waardevol is te laat vaar en leer wat vir Hom belangrik is. Wat was sy sienswyse oor politiek, regering, finansies en gesonde verhoudings? [13]

Laat die Bybel die Bybel interpreteer. 

Soek ander tekste, en gedeeltes wat eersgenoemde vers beskryf en verduidelik? Die som van al die verse verduidelik die enkelvoudige vers. Byvoorbeeld: “Doop in die Heilige Gees.” Ons lees eers van hierdie konsep toe Johannes Jesus gedoop het. “Hy sal jou doop met die Heilige Gees en vuur.” (Mat 3:11 en Johannes 1:32-34) Jesus herhaal hierdie woorde na Sy opstanding, wanneer Hy opvaar na die hemel en hulle beveel om op die Heilige Gees te wag. Johannes het wel met water gedoop, maar jy sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word. “(Handelinge 1: 5) Hierdie Skrif is letterlik ‘n paar dae later vervul toe die Heilige Gees uitgestort is. (Handelinge 2:1-13) Die konsep, doop in die Heilige Gees, word dus deur die teks self verduidelik as die belewenis wat die dissipels op Pinksterdag gehad het.

Behou die paradoks / balans / antinomie van die waarheid. 

Skoonheid is simmetrie en balans.  Glanstydskrifte vertoon die beste gesig, of liggaam as gevolg van die oë wat net die regte grootte is in vergelyking met die neus en perfek met die ore belyn is.  ‘n Kunstenaar wat karikature van mense trek, vergroot sekere fisiese eienskappe om portret herkenbaar te maak, maar uit verhouding en snaaks! Binne-ontwerpers fokus altyd op simmetrie, skaal en balans.  Argitektuur gaan oor die vind van die regte mengsel van paradoks, kontras, balans, simmetrie en ritme.  

Die grootste verborgenheid van Jesus se lewe was ‘n paradoks. Hy is mens-mens maar God, ernstig oor wat verkeerd is maar met ‘n fyn sin vir humor, is revolusionêr teenoor Godsdienstiges maar ‘n politieke pasifis, Hy gee leiding deur te dien; Hy verlos ons van die dood deur Sy lewe te gee![14]

Die paradoksale waardes van Jesus is: Hy sluit almal in maar waarsku nou is die weg, en min is die waat daar ingaan, waarsku teen dreigende oordeel maar is liefdevol en vriendelik en assosieer met die geringes,  gemarginaliseerdes, onderdruktes en siekes. ‘n Bekende teologiese antinomie is: die Arminian – vs Calvyn debat. Arminius het geleer dat Calvinistiese voorbeskikking en onvoorwaardelike verkiesing God die outeur van die bose gemaak het. In plaas daarvan het Arminius daarop aangedring dat God se verkiesing ‘n verkiesing van gelowiges was en dus op geloof gekondisioneer is. Hierdie antinomie word hier saam in een teks genoem: Toe sê Petrus vir hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus vir die vergifnis van sondes; en jy sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is aan julle en aan julle kinders en aan almal wat ver is, almal wat ver is, almal wat die Here onse God sal roep.” (Handelinge 2:36-38) Armeniërs hou by die imperatief “Bekeer jou” terwyl die Calvinis vashou aan die onvoorwaardelike belofte “die Here ons God sal roep”. Hierdie paradoks word maklik verduidelik as ‘n voor verlossing, en na verlossingsperspektief. Voor redding word die oproep aan almal gemaak om te kom bekeer! Na verlossing besef ‘n mens dat verlossing ‘n werk van genade was, nie jou eie inspanning of werke nie.

Vind Christus in die Skrifte

Hy het aan hulle in al die Skrifgedeeltes die dinge aangaande Homself verduidelik. Die lig van Christus openbaar verborgenhede en skaduwees. Ons moet die onduidelikheid interpreteer in die lig van die duidelike. Jesus Christus is volmaakte teologie. Die beste kommentaar ooit was waar Jesus self die skrif aan die twee dissipels verduidelik het wat van Emmaus af gereis het. En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. (Luk 24:27) Die veiligste Bybelinterpretasie het betrekking op die openbaarmaking van Christus.

Moenie leerstellings bou op allegorie, visioene en ervarings nie. 

Alhoewel ervarings en emosies ‘n noodsaaklike deel van ons geloof is, is dit steeds ‘n subjektiewe perspektief. Wie kan stry teen wat ‘ n persoon persoonlik ondervind het? ‘n Mens kan nie ‘n leerstellige uitgangspunt baseer op ‘n ervaring nie. Selfs die visioene en ervarings in die Bybel moet met omsigtigheid hanteer word. Vind die betekenis wat die skrywer op ‘n allegorie, prentjiebeeld, metafoor geplaas het. Byvoorbeeld: En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? (Mat 9:15) Sommige het hierdie enkelvoudige teks geneem om te beteken dat daar ‘n bruid is, en dan is daar vriende van die bruid. Twee afsonderlike groepe mense met verskillende voorregte is dus in die hemel aanvaar. Dit is eenvoudig nie wat deur die skrywer geïmpliseer is of deur die antieke luisteraars verstaan is nie.

Die breedvoerige gedeelte in die Skrif verduidelik die vinnige vermelding.

‘n Baie goeie voorbeeld hiervan word gevind in Jesus se lering van drie lang uitgebreide gedeeltes van die Skrif oor die vraag: Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? (Mat 24:3-44; Mar 13:5-37; Luk 21:8-36) Hierdie gedeeltes van die Skrif deur Jesus self, is beslis meer gesaghebbend as Daniël se profetiese opmerking in die OT, of Paulus se vinnige vermelding in sy briewe. ‘n Mens moet dus eers Jesus se woorde lees en dan alle ander verse dienooreenkomstig interpreteer.

Nuwe verbondswerklikheid interpreteer die ou verbondsbelofte. 

‘n Titaniese verskuiwing het plaasgevind in godsdienstige begrip met die koms, lewe, dood en opstanding van Christus. Die volgende onlangse skrywers se boeke is ‘n moet om te lees, om juis die belangrikheid van hierdie punt te bekragtig. Andy Stanley – Irresistable [15], en Alan Platt – Not Do but Done![16]  Te veel mense interpreteer tekste wat gefokus is op hul geregtigheid, wat hulle moet doen om deur God aanvaar en goedgekeur te word. Dit is ‘n ou verbondsbeskouing. Die nadraai van die kruisperspektief is radikaal anders! Dit is ‘n heel ander perspektief. Die Nuwe Verbondsbeskouing moet gefokus wees op die geregtigheid van Christus, wat ons deur geloof ontvang, aangesien Hy ons Sy dissipels, kinders, heilige priesterdom en nasie maak.

Die Bybel is ‘n bonatuurlike boek. 

Sommige tekste is stellings, inligting, nie opdragte nie. Sommige tekste is bevele en moet gehoorsaam word. Ons sal baie minder vreemde leerstellings en verdeeldheid in die kerk hê, as ons net die woorde van Jesus gehoorsaam. Maar daar word nie van ons almal verwag om alles te verkoop, aan die armes te gee en sendelinge te word nie. Sommige van die invloedryke volgelinge van Jesus het Hom ondersteun, en Hy het nie van hulle vereis om alles te verkoop nie. Dit is waar interpretasie betrokke raak! Onthou dat die Bybel ‘n geestelike boek is, van ‘n geestelike God, wat die bonatuurlike geloof in individue werk om Hom te gehoorsaam. God is Gees, en ‘n mens kan Hom net werklik deur die Gees ken. “God is Gees, en diegene wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh. 4:24) Die Bybel is ‘n versameling stories van gewone mense wat ‘n mistieke, bonatuurlike ontmoeting met ‘n geheimsinnige onsigbare, onbekende God het. Die patriarge is bekend daarvoor dat hulle verskeie engele ontmoet het, visioene, drome, en goddelike instruksies van ‘n bonatuurlike God ontvang het. Die Bybel is werklik ‘n samestelling van mense wat allerhande bonatuurlike aktiwiteite met ‘n bonatuurlike God ervaar.[17] Sommige mense ondersoek die Bybel en ontdek nooit die bonatuurlike krag van God tot reg-lewe nie, en hoe Hy ons in staat stel om meer te doen as wat Hy gedoen het nie (Joh. 14:12).

Hy wat die brondokument beheer, beheer die leerstelling. 

Daar was al baie pogings om die oudste, mees direkte woorde van God in die mees oorspronklike taal te vind. Die feit is dit bestaan nie. Onlangs het ‘n man die Bybel uit Aramees na Afrikaans[18] vertaal, aangesien volgens hom die Aramese kopieë die naaste aan die oorspronklike geskrifte is. Hy het die bron dokument verander, en matig nou die vertaling as gesaghebbend om verskeie leerstellings in te stel, soos dat Jesus nie die seun van God is nie, en derhalwe ook nie god is nie. Die toepassing van die OT-wette moet weer ten volle in gestel word.  

Daar  moet  gevra  word  waarom  mense,  veral  dié  wat  hul  godsdiens  rondom  gesaghebbende  geskrifte soos die Bybel of die Koran bou, so behep is met die waarde van   “oorspronklikheid”. Ons moet hier bowenal verstaan dat die diskoers van “oorspronklikheid” (wat  eintlik  net  nog  ’n  vorm  van  die  waarheidsdiskoers  is) ’n magsdiskoers is.  Dit verleen mag en  gesaghebbendheid aan die een wat aan die bepaalde waarheidsriglyne voldoen.  Oorspronklikheid word   verbind met suiwerheid, daarom word daar gestrewe na die oorspronklike geskrifte van die Bybel en selfs  die werklike woorde (ipsissima verba) van Jesus.  Ongelukkig kan geen vertaling van die Bybel aanspraak   maak op absolute oorspronklikheid nie.  Binne die Bybelwetenskappe is oorspronklikheid ’n beginsel en ’n waarde waarna daar gestreef moet word; maar in terme van die kritiek van die bybelse teks is oorspronklikheid ’n ideaal en nie ’n kenmerk nie.[19]

Nog ‘n ekstreme voorbeeld is Bart D Ehrman, ‘n NT tekskritiese geleerde wat vele boeke geskryf het om te probeer bewys dat die Bybel deur mense geskryf is, dat kopie na kopie verdraai is om bepaalde teologiese redenasies aan Jesus toe te ken wat Hy waarskynlik nooit gesê het nie.  As ‘n selferkende Agnostikus fokus hy op al die teenstrydighede in die teks, en die sinoptiese verskille vraagstukke.  Hy het op ‘n jong ouderdom ‘n bekering ervaring gehad, en gevolglik besluit om teologie te gaan studeer aan die voorste teologiese fakulteite in die wêreld, Moody, Wheaton en Princeton. Die bekende skrywer en Teoloog NT Wright verduidelik dat Erhman geen nuwe probleme of feite op die tafel sit om die inspirasie van die Skrif of die historisties egtheid van Jesus te bevraagteken nie. Dit is dus weereens ‘n geloof perspektief probleem. Erhman erken in die einde van sy boek[20], dat baie van sy professor vriende wat van dieselfde inligting as hy beskik, gaan probleem het om ‘n aktiewe geloof in die kerk te beoefen nie.  Dit is tog nie die Bybel, of mees oorspronklike bron dokument wat jou geregtig voor God maak, en die krag bied om sonde te oorwin, en vul met God se Gees om ook soos Jesus wonderdade te doen nie? Die krag wat Jesus self is ontbreek!! Natuurlik is die grondteks die basiese bestanddeel, so mooi verduidelik deur Jordan B Peterson in ‘n video greep[21] dat die Bybel ten spyte van al die teenstrydighede nie net die oudste boek is wat koninkryke en beskawings oorleef het nie, dit is die mees bespreekte boek in die Wêreld! Dit is dwaasheid om die boek nie ernstig op te neem nie! 

Dit gaan uiteindelik oor die Outeur

Die mees fundamentele beweegrede dan agter akkurate Bybelinterpretasie is: om God se hart, denke en waardes te begryp en jou eie hart met Hom te belyn. Uiteindelik wil ons Hom ken! Herhaaldelik in die NT hoor ons die refrein totdat julle tot “die volle kennis van God” kom. Dit is die uiteindelike doel, om ‘n volgeling van Christus te wees is om Hom te ken (Rom. 11:33; 1 Kor. 15:34; 2 Kor. 10:5; Efe. 4:13; Kol. 1:10; 2 Pet. 1:2). Ongelukkig is daar heeltemal te veel opinies en ideologieë van wie mense glo God is.  

Die werklike kwessie is: Hoe sien jy God? Sien jy Hom van aangesig tot aangesig? Of sien jy ‘n afbeelding, refleksie, oorvertelling, tweede-handse weergawe van wie mense sê God is? Jesus het ook hierdie vraag vir Sy dissipels gevra: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?” en later “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Mat.16:13.

Sommige sien God as die veelvoudige persoonlikheid steurnis God: Allah, Budah, Chrisna, is almal god.  

Sommige glo in die verkeerskonstabel god, wat daarop uit is om jou te vang oortree, en dan vir jou ‘n boete gaan gee. 

Ander sien God as die kosmiese verkoopshandelmasjien, waar jy net die regte gebede bid, en hy dan gee wat jy nodig het. 

Die wysbegeerte sien God as die onbetrokke horlosie-maker god, wat die aarde soos ‘n horlosie in delekate ratte aan die gang gesit het, maar nie betrokke is in ons persoonlike lewens nie. 

Die meeste mense hou van die drinker-vriend-by-die-kroeg god, hy luister altyd, stem altyd saam, en laat jou altyd beter voel. 

Dan is daar mense wat God soos ‘n teddie-beer sien, hy is altyd daar vir jou, om jou te troos en te laat beter voel. Hy praat nooit terug nie, en hy is bekende staatmaker wat ek kies om te gebruik wanneer ek hom nodig het. 

Die mense wat god as spaarwiel sien is glad nie op God ingestel of gefokus totdat hulle hom nodig het as daar ‘n pap wiel is nie. 

Daar is natuurlik ook mense wat God sien as die bekende ou familielid, ons respekteer hom as hy kom kuier, bloot omdat hy familie is en omdat ons ouers hom ken.  

Sommige teoloë sien god as die poppespelmeester god, wat glo dat hy alles beheer. Ons verstaan nie hoekom hy die wreedheid van moord, rampe en pyn en leed toelaat nie, maar alles is uiteindelik sy wil.  Dit is moeilik om die God lief te kry.  

Baie mense sien God as die pretbederwer god. Hy wil nie hê ons moet die lewe geniet nie, wanneer dit goed gaan is ons eintlik bang vir wanneer hy dit gaan kom bederf. [22]

Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. (Mat. 16:17-18) 

Die NT kerk is gebou op die rots axioom dat Hy is werklik die Seun van God, die messias, redder en verlosser van die Wêreld is! Redding vind plaas wanneer Hy vir jou ‘n werklikheid word. 

Die BYBEL is ons BRON vir akkurate interpretasie.

Interpretasie het nogal ‘n breë omvang van gebruik: dansers interpreteer musiek en woorde deur beweging, ons interpreteer drome en visioene, die interpretasie van die wet, boekhouers interpreteer finansiële state, om ‘n paar te noem.

Dit is onmoontlik om mense se interpretasie van die lewe te beperk. Tog vereis alle interpretasie ‘n bronkode, ‘n handleiding, wette, ‘n antieke heilige teks, ‘n duidelike wêreldbeskouing, ‘n spesifieke opvoedingskultuur en tradisies. Boekhouers moet byvoorbeeld die brondokument hê om ‘n akkurate weergawe van die finansiële status van ‘n onderneming te gee.  Dansers het ‘n spesifieke liedjie nodig om te interpreteer met behulp van ‘n sekere styl van choreografie.

Volgelinge van Christus interpreteer die LEWE, TYD of relevante Wêreldgebeure hoofsaaklik uit ons kennis van God eerste, soos geopenbaar deur 1) Die Skrif, 2) die Heilige Gees, en 3) en Sy bestaande en ewige kerk. (Heb. 12:22-24) Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, dat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16-17)

Ten spyte van die waarheid van God se Woord, is dit die mens se verkeerde interpretasie van die skrifture wat gelei het tot ketterye, valse leerstellings en ‘n gruwelike wanvoorstelling van die hart van die Vader, soos geopenbaar deur Sy Seun, Jesus Christus, ons Here. Die kerk se skande is nie wat ons glo nie, maar ons wanvoorstelling van wie Hy is. 

Die gevaar van verkeerde interpretasie.

Die meeste oorloë word gehandhaaf deur verkeerde inligting en propaganda, wat groepe vorm deur uiterlike identifiseerbare verskille, en hulle dan van ‘n ander vervreem deur ‘n bose ‘gesig’ te skep wat mense bereid is om dood te maak. Jesus se opdrag om ons vyande lief te hê, staan in direkte kontras, so kragtig, maar uiters moeilik. Oor die algemeen sien ons dat die vyand die stryd wen deur ‘n afstand te skep.  Veral tussen verskillende christelike groeperinge. Die Pinkster gelowiges meng nie graag met gereformeerdes nie, en anders-om net om een voorbeeld te noem.  Maar hierdie divisies en skeiding vind soms gereeld binne ‘n bepaalde kerkgroepering plaas. 

Die alternatiewe teenoorgestelde pad is om deur die mure van distansie, segregasie en afstand te breek deur kontak van aangesig tot aangesig en betekenisvolle dialoog.

Phillip Zimbardo het met die Stanford-gevangeniseksperiment bewys hoe nege normale middelklas kollegeseuns binne net agt dae boos kon word. Die proses behels die volgende: Ontmensliking, deindividuasie, absolute gehoorsaamheid aan gesag, passiwiteit in die aangesig van bedreigings, selfregverdiging en rasionalisering.

Ontmensliking is soos ‘n kortikale katarak wat ‘n mens se denke vertroebel en die persepsie bevorder dat ander mense minder as menslik is. Dit laat sommige mense glo dat hul vermeende vyande pyniging, marteling en uitwissing verdien.” [23]Een van die oorlogstegnieke is om gesigte te verf sodat die krygers onherkenbaar word en hul vyande intimideer, en dus meer geneig is om in stryd met hul gewete op te tree.

Dit is hoe oorloë begin, en geregverdig word. 

Sou die kerk meer debatvoer oor al hulle verskille, sal hulle nie net groei nie, maar ook agterkom dat daar dalk ‘n dieper spiritualiteit te vind is in die ander groepering.  

Bybel Interpretasie is soos Wynproe

Andersoortige interpretasie prosesse kan ons insig gee en ons begrip verdiep, oor die proses van goeie interpretasie byvoorbeeld: wynproe.

Belangrike dinge om te onthou:

  1. Vat jou tyd, stadig
  2. Gee aandag aan detail
  3. Illumineer teenstrydige reuke in die omgewing.
  4. Bou reuk woordeskat en oefen etikettering van alle geure.

Ons moet almal leer om ons tyd te neem voordat ons tot gevolgtrekkings spring. Leer om meer aandag te skenk en meer vrae te vra. Fokus en elimineer afleidings. Verbeter ons woordeskat van onderskeidende kategorieë en verstaan die ware betekenis van woorde deur studie en ervaring. (Heb. 5:13-14)

Maak ‘n punt daarvan om direkte terugvoer te kry.

Ewe belangrik vir oorlewing is direkte terugvoer.  Soos ‘n renjaer wat die onderstuur op die stuurwiel voel wat deur ‘n skerp draai gaan, het ons akkurate terugvoer nodig om die regte besluite te neem. Ongelukkig bemoeilik te veel opsies sake en lei dit tot uitstel, frustrasie of gedwonge besluite.

Dit is onrusbarend hartseer hoeveel gelowiges die regte woord of opdrag gehoor het, maar die interpretasie was verkeerd! Ek moet self erken dat die foute in my eie lewe en bediening was nie omdat ek nie reg gehoor het nie; my interpretasie was beperk, en ek het tot verkeerde gevolgtrekkings gespring.  Aannames bestaan as gevolg van afstand. Geen kommunikasie lei tot nog meer valse vermoedens en afleidings. Ons verlaat dikwels God se gesig / teenwoordigheid te gou en hardloop in ‘n bepaalde rigting sonder enige verdere konsultasie met God! 

As Adam en Eva na God teruggekeer het voordat hulle besluit het om van die vrug te eet en die gesprek wat hulle met die slang gehad het, na te gaan, sou hulle nie gesondig het nie. Hulle het hulle eie kennis bo verhouding met God gekies! Hulle het geëet van die boom van kennis van goed en kwaad, in plaas daarvan om ‘n aangesig-tot-aangesig gesprek met God te hê. 

Interpreteer die Skrif as verhouding kommunikasie.

God se Woord is nie ‘n samestelling van abstrakte literêre woorde en sinne nie. Die Bybel is God se manier om met ons te kommunikeer.  Soos enige goeie luisteraar, is dit skadelik en disrespekvol om sekere skrifte wat die meeste met ons voorafbepaalde punt resoneer aan te haal asof dit God se finale woord is oor ‘n saak.  Omdat ons meer praat as om te luister, met ‘n toenemend korter aandagspan van net 8 sekondes, word ons geneig om die Skrif, en God se stem verkeerd te interpreteer.  Korrekte interpretasie begin met wees ‘n uitsonderlike luisteraar.  Mens luister mos darem altyd die HELE storie uit alvorens jy terugantwoord? ‘n Verhouding vereis ‘n leeftyd van ontwikkelings vordering. [24] Mens kan nooit ‘n mens vasvang in net een moment nie, of gebeurtenis nie, hoekom doen baie dit met God? 

Wetenskaplike waarhede wat deur die hoofstroomgemeenskap vertrou word, is net 100 jaar of meer oud.  Die meeste samelewings voor die aanbreek van moderniteit het eenvoudig nie ‘n wetenskaplike lens gehad om die wêreld te sien en sy besluite te fundeer nie.  Voor die aanbreek van die wetenskaplike wêreldbeskouing is die werklikheid anders vertolk. Om te oorleef in moeilike omstandighede, is verstaan as ‘n plek van aksie, nie ‘n plek van dinge nie. Dit is verstaan as iets meer soortgelyk aan storie of drama. Daardie storie of drama is geleef, ‘n subjektiewe ervaring, aangesien dit oomblik tot oomblik in die bewussyn van elke lewende persoon gemanifesteer het.”[25]

Die verhale van Abraham, Moses, Dawid en Daniël, hulle oorwinnings en hulle foute is soos om ligte in die duisternis aan te skakel. Die primêre interpretatiewe les wat geleer moet word, is om te kyk na ‘n lewe wat geleef is! Jesus is in hierdie opsig ons beste voorbeeld! Die Woord het vlees geword en ons die beste manier gewys om die lewe te doen! ‘n Mens kan eenvoudig nie ‘n produk bemark of ‘n waarheid leer sonder ‘n storie, of narratief nie. 

Die meeste leerstellige foute het voorgekom toe waarhede idealisties buite konteks van ‘n verhoudingsgehoorsaamheid aan God toegeskryf is. Byvoorbeeld, die Joodse wet: Daar is 700 reëls in die Ou en Nuwe Testamente. A.J. Jacobs het ‘n hele jaar lank probeer om al die wette een vir een te doen. Dit is baie humoristies, om self te beleef hoe moeilik en soms reg onmoontlik dit was om te doen.[26]

Ons is basies in hierdie gemors, as gevolg van te min betekenisvolle verhoudings met die regte mense, op die regte tyd. Teorieë en filosofieë kan skadelik word omdat dit in gedagtes en klaskamers geformuleer word sonder die toepaslike, relevante verhoudings op grondvlak.

Volgens die Sinoptiese Evangelies is daar 83 680 direkte woorde van Jesus opgeteken, waarvan 31 426 oorspronklik is en nie herhalings nie. ‘n Mens praat gemiddeld 125 – 150 woorde per minuut. Teen 130 woorde per minuut kan Jesus se Woorde in net minder as 4 uur gelees word. Jesus het dus nie in volume baie gesê nie. Jesus se woorde wil geleef word. Dit is nie filosofiese kennis nie, Sy woorde is kennis gemeng met wysheid en waarheid. Duisende boeke en kommentare is oor Jesus se woorde geskryf. Maar dit baat jou nie as jy nie Sy woorde begin leef nie. Die krag van Jesus se woorde lê daarin om dit te gehoorsaam. Hierdie praktiese rolspel uitvoering van die Woord, om die Woord soos ‘n akteur te illustreer is wat hierdie tipe prediking so onvergeetlik maak. Wanneer ‘n mens die Bybel as ‘n akteur interpreteer, en jouself in die werklike verhaal, karakters, konteks en gesindhede dompel, word God se voornemeen goddelike wysheid gou baie meer duidelik.[27]

Interpretasie vereis ‘n deeglike ondersoek.

Ondersoek is empatie. Dit verg empatiese luister, om die hartmotief van die skrywer te verstaan. Om te voel wat Hy voel! 

Joernaliste ondersoek streng bronverifikasie en volg bepaalde feitekontroles voordat hulle ‘n storie publiseer.

Bybelvertalers bestudeer die konteks, agtergrond, antieke vertellings en gehoor, tekskategorie, taal, kultuur en bedoeling van ‘n gedeelte van die Skrif voordat hulle ‘n huidige toepassing van gebruik en prediking daaroor maak.[28]

Akademici hersien bestaande teenstrydige en aanvullende navorsingsliteratuur en verskaf navorsingsmetodologie (Eksperimente, opnames, vraestelle, onderhoude, gevallestudies, waarnemingsproewe) om haalbare en praktiese uitkomste te bepaal. 

Die interpretasie van God se Stem behels die toets of die Woord in ooreenstemming is met die Gees van Christus, of dit geloof stig en opbou, algemeen aanvaar word onder volwasse raadgewers, wetende dat die Heilige Gees die een is wat oortuig van sonde geregtigheid en oordeel, verseker generasies se seën sal verseker, en gewoonlik tot nadeel van die eie-ek-ego is en altyd gerig is om ons uit te stuur.   

Ons is meer verkeerd as reg – bly in Hom.

Die een wat volmaak is in kennis, is met jou. Job. 36:4 

Dit is arrogant en verwaand om te dink dat ‘n mens God as een enkele individu kan verstaan en ondersoek.  Om God in isolasie te soek in weerwil teen die mens of die kerk, lei tot groot foute. Mohammed (Islam) Joseph Smith (Mormone) het hul weergawe van God se wil in isolasie geskryf, as die enkelvoudige skrywer, bevorder as die heilige skrifte deur hul volgelinge. Geen enkele mens kan die volheid van God verstaan en beliggaam nie.  Toe Jesus opgevaar het, het Hy vyf gawes vir die volwassenheid van die heiliges gegee, sodat ons saam ‘n volmaakte mens sal word, tot die mate van die gestalte van die volheid van Christus. (Efe. 4:13). 

Vir akkurate interpretasie van die Bybel moet ons bly in die Skrif, in die Heilige Gees en in die Kerk.  Hierdie drievoudige verband is wedersyds inklusief. Om enige van die drie te misken, sal tot foute lei. Iemand wat net poog om gevul te word met die Heilige Gees ervarings en ontmoetings, sonder om die Skrif te bestudeer en te memoriseer, word opgesweep in verkeerde interpretasies en voorstellings van God se hart. Om net die skrif te ken sonder ‘n belewenis van die Heilige Gees lei tot dooie onvervulde kennis. Om gelyke balans in die Skrif en die Heilige Gees te hê sonder om die liggaam van Christus in sy totaliteit te omhels, kan ook tot dwalings lei. 

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak. 1:5) Om ‘n reguit lyn te trek, moet ‘n mens voortdurend teen die liniaal druk. Om ‘n reguit muur te bou, moet ‘n mens gereeld die waterpas gebruik. Bly leun op Jesus! 

Toets die vrugte – die uitkoms en die motief.

Wees bewus daarvan om soos ‘n man/mens te dink. Toets die uitslag en uitkoms:  As ek hierdie gedagte moet uitvoer?

  • Wat sal die implikasies wees?
  • Gaan die Here verheerlik word? (1 Korintiërs 10:31)
  • Gaan dit afbreek of bou? (1 Kor 14:26)
  • Gaan dit werklik iets verander?
  • Is dit uitvoerbaar? Jakobus 1:22 (Daders van die Woord)
  • Wat is die wesenlike uiteinde?
  • Wat is die geestelike vrug?
  • Wat is die uitkoms 3 – 7 generasies van nou af?
  • Laat dit geloof of vrees vry?
  • Is dit skriftuurlik?
  • Is dit verenigbaar met die vrug van die Heilige Gees?
  • Die uitvoerbaarheid en perfekte eindresultaat van ‘n gedagte word vervolmaak in die doen, nie die denke nie.

Die Gees van CHRISTUS litmus toets

Die hele Skrif en die skepping wys na Christus. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  (Joh. 1:3-5). Die karakter, waardes, ingesteldheid, etiek, gewoontes, houding en lewenstyl van Christus is soos die hoogste gesag, ‘n standaard, ‘n maatstaf, om die perfekte lewe te leef. Ons is die mooiste mense wanneer ons die meeste soos Christus is.

Verskillende ghoeroes, priesters, spiritiste en mensgesentreerde predikers propageer hul eie weergawe van hoe jy God gelukkig kan maak. Elkeen praat namens God om te verduidelik wat God wil hê. Elkeen probeer om meer geestelik en outoritêr te wees as die volgende een om die meeste volgelinge in te samel en sodoende inkomste vir hulself te genereer. Godsdiens se doel is om God te gebruik om my lewe beter te maak. 

Jesus volg ‘n heel ander benadering!

Jesus preek nie ‘n weg na God nie – Hy verkondig God se weg na ons toe! (Joh. 3:16). Hy preek nie net wat ons moet doen om God te bereik nie, maar wat God gedoen het om ons te bereik (Matt. 5:24, 36).

Jesus preek nie ‘n stel reëls en metodes nie: Hy preek ‘n Persoon! (Joh. 6:28-29). Daarom het Jesus die godsdienstige voorskrifte oor die Sabbat verontagsaam, omdat mense die Sabbat onderhou en nie werklik vrede of rus het nie. Hy is die Sabbat! Wanneer jy die rus in Hom ontdek, word elke dag ‘n Sabbat.

Jesus laat ons fokus op God waar godsdiens ons op self laat fokus (Joh. 3:13).

Hy verkondig ‘n waarheid wat Hy self fisies gedemonstreer het, hoe dit werk (Joh. 14:6).

Jesus verkondig ‘n praktiese waarheid wat jou leer hoe om deur krisisse en pyn te leef en dit nie te probeer ontsnap nie. Salig is die mens wat ly, treur en vervolg word! (Matt. 5: 3-12).

Hy gee onmiddellike toegang tot die werklikheid van hemel en heerlikheid (blywende vrede en vreugde) wat die mens soek. Vrede, versoening, genesing en verlossing is onmiddellik beskikbaar (Matt. 4:17). Godsdiens wil altyd die bestemming ver in die toekoms aanbied, maar Jesus gee die volheid van sy Heerlikheid reg in die begin. Die geringste is groter as Johannes die Doper! (Matt. 11:11). Hy maak siekes daar en dan gesond. 

Jesus bemagtig ons om goddelik te lewe (1 Pet. 2: 3-11). Dit is merkwaardig hoe vinnig Jesus Sy dissipels bemagtig het om wonderwerke te verrig en ook demone uit te dryf. Hy wil elke volgeling wat Hom volg, so bemagtig!

Godsdiens soek uiteindelik mense se geld om die godsdiens in stand te hou. Jesus verklaar dat God nie ons offerandes nodig het nie. WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur. (Efe. 5:1-2).  Ons gee, maar omdat Hy eerste gegee het. Jesus vermenigvuldig brood en vis, help Sy dissipels om baie vis te vang en munte in ‘n vis se mond te ontdek. God gee! God vra dat ons alles sal gee maar in reaksie op wat Hy eerste gegee het!

Waarheidstoets:

Die waarheid moet die individu tot innerlike vrede, rus en ‘n aanvaarbare resolusie bring. Dit moet die ondraaglike soeke afhandel en oplos.

Die waarheid is in ooreenstemming met die denke, wil, karakter, heerlikheid en wese van God. Nog meer tot die punt: Waarheid is die selfuitdrukking van God. 

Die waarheid is samehangend.  ‘n Samehang konsekwente teorieë in die algemeen vereis dat die waarheid interne (subjektiewe) en eksterne (objektiewe) feite versoen. Daar is dus ‘n versoenbare goeie vrug of resultate wat gemeet en gesien kan word.  

Die waarheid is konsekwent volhoubaar en rigied deur tyd en geskiedenis. Waarheid staan teenoor relativisme, konstante verandering, onvoorspelbare vloeibaarheid. 

Die waarheid kan nie net teorie of filosofie wees nie. Dit moet prakties getoets word in ‘n spesifieke lewe, plek, tyd en bewese lewenstyl. 

Die waarheid moet eenvoudig wees, maar ook kompleks. Die lewe is bitter ingewikkeld, so die waarheid moet hierdie kompleksiteit beantwoord maar ook genoeg eenvoudige uitvoerbare aksieplanne en oplossings bied.

Die waarheid is ‘n paradoks. Onpartydig, selfversorgend, onbetwisbaar, onaanvegbaar. Die sterkste magneet verander die swakker magneet se polariteit.

Die waarheid moet universeel ooreenkomste toon met ander wetenskappe, soos filosofie, sielkunde, biologie, ekonomie, sosiologie ens. ens.  

Tekskritiek en eksege teenoor die stem van die Here hoor in enkele skrifversie.

Terwyl Stephan Joubert in die boek ‘hoe lees ons die Bybel’[29] homself redelik sterk uitdruk teen diesulkes wat dan die stem van die Here hoor en die skrif uit verband uit ruk met een versie wat vir hulle uitstaan met soms katastrofiese gevolge is die teendeel ook waar. Hoeveel mense het nie al ‘n Gideons Bybel in ‘n hotel kamer opgetel en kragdadig tot bekering gekom deur net die lees van ‘n paar skrifte wat op daardie oomblik deur die Heilige Gees tot ‘n persoon praat nie.  Sekerlik moet ons die Bybel verantwoordelik lees wanneer dit kom by die formulering van dogma en leerstellings.  Maar ons moet nie God beperk wanneer die Heilige Gees ‘n skrif vir individu opmaak en God daardie persoon deur Sy Woord bedien nie.  Hierdie bogenoemde boekie slaag goed in sy doel om mense sonder ‘n teologiese agtergrond te leer hoe om die woord te interpreteer.  Maar die groot vraag bly, na al hierdie kennis hoe openbaar God homself aan my en hoe kan ek Sy stem hoor? Is God se openbaring geslote vasgevang net in die Bybel? 

(Joh. 5:18) Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is. (Open. 22:18-19) Die vraag is; van watter profetiese boek praat Johannes hier? Die boek openbaring of die hele skrif? Die Nuwe Testament is eers in sy geheel soos wat ons dit ken aanvaar deur die breë kerk by die Sinode van Hippo Regius (395n.C.).  Die eerste lys van die Nuwe Testament is in 170 n.C. saamgestel deur die vroeër kerk maar het nie Hebreërs, 1&2 Petrus, Jakobus, en 3 Johannes bevat nie.  Johannes maak dit duidelik in hierdie vers, dat niks weggelaat of bygevoeg mag word tot hierdie profetiese boek nie.  Hy stel dus sy boek as direkte godspraak van God. 

Wanneer Paulus in 2 Tim. 3:16 verwys na die “hele skrif” moet ons aanvaar dat die Nuwe Testament boeke nog nie aanvaar is of saamgestel is as een eenheid nie, en dat hy dus net na die Ou Testament verwys het.  Dieselfde geld vir sy aanhaling in Kol. 3:16. “Word met die Woord vervul” Beteken dit dan dat ons nie die Nuwe Testamentiese boeke moes bygevoeg het nie?  As ons Heb. 1:1-2 letterlik verstaan dan behoort ons nie enige verdere geskrifte van die Nuwe Testament te aanvaar het as die Woorde van Jesus nie, ook nie die Ou Testament nie, want net Jesus se woorde is belangrik.  

Die skrywer van Hebreërs sê dat die Heilige Gees hom gewys het om te verstaan dat die weg na die Heiligste nie eers vir jou geopenbaar sal word terwyl die ou tempel nog staan nie.  (Heb. 9:8) Petrus ontvang ’n visioen wat die kerk in ’n radikale nuwe rigting stuur rakende die heidene.  (Hand. 10) Johannes ontvang ’n visioen op Patmos wat ons nou nog sukkel om te interpreteer.  Moes hierdie boek dan nie uitgelaat word omdat dit tog van profetiese van aard is en mense dit in elke geval verkeerd kan interpreteer.  Die NT kerk is gelei deur nie net die bestudering van die OT skrifte nie, maar ook goddelike openbaringe. Hierdie stelling is opspraakwekkend! Bedoel ek nou ons moet mense se openbaringe gelyk stel aan die gesag van die woord? Stellig nie! Ek doen wel ‘n beroep dat ons alle openbaring in die kerk, prediking, profesie, visioene meet en beoordeel volgens die Gees van die skrif en persoon Jesus Christus. 

Een van die hoekstene van die reformasie is “sola scriptura” die Woord alleen.  Geen ernstige gelowige gaan met hierdie beginsel verskil en sê die Woord én nie, of anders gestel die Woord plus nie.  Ons glo dat die Woord, God se volledige handleiding is aan ons as mens om aan ons te wys hoe ons moet lewe en hoe ons Hom moet behaag.  Sou ons sê dat mense regoor die wêreld God aanbid op verskillende maniere, en elke manier is inherent reg, want dit gaan oor die objek van ons aanbidding en nie die metode nie, beweeg ons op gevaarlike terrein want daar is geen veilige maatstaf nie.  Die een mag dalk glo om sy kind aan God te offer behaag God, en daar is regtig geen indikasie van God se kant af wat voorskryf wat Hy wil hê of nie.  Dis die problematiek met godsdienste regoor die wêreld; elkeen verduidelik God volgens sy eie begrip, kultuur en oorleweringe maar daar is nie regtig ’n universele riglyn van God self wat sê wat Hy verlang of nie.  

Daarom is die Bybel uniek bo enige ander spirituele geskrif omdat dit die enigste boek is wat nie deur een outeur geskryf is nie, maar oor ’n tydperk van 1500 jaar deur meer as 40 skrywers, op verskillende plekke, op verskillende tye, tydens verskillende emosionele en historiese tydperke, op drie verskillende kontinente, in drie verskillende tale, in ’n wye verskeidenheid literêre style met een boodskap; hoe om in regte verhouding met God te leef.  Die toets uiteindelik lê daarin dat as die hele mensdom die Woord sou gehoorsaam en daarvolgens leef, sou dit hemel op aarde wees! Nie waar nie? 

Die probleem is egter dat die Bybel oop is tot interpretasie en sodoende regverdig mense hulle dade baie keer uit die skrif, maar hulle lewe loop lynreg teen die Gees en persoon van die hele Skrif.  Want waarheid op die einde van die dag is nie net ’n stel reëls en leerstellings nie.  Waarheid is ’n persoon Sy naam is Jesus.  In die Bybel gaan dit daaroor dat ons uiteindelik Hom moet leer ken, en volgens die weg wat Hy gebaan het leef.  Hy was die perfekte mens en het deur Sy voorbeeld vir ons gewys hoe om te leef, en op die einde van die dag is Sy manier die beste manier om te lewe, en om vrede en innerlike oorvloed te beleef.  Sy manier werk, al glo jy nie in Hom nie, sy manier is die beste manier om te leef!  Toets dit en sien!  Hoeveel mense wat volgens die Bybel se voorskrifte leef, maar tog nie in Hom glo nie, ervaar seën en voorspoed op hulle dade.  Natuurlik gaan ons geoordeel word nie alleen volgens ons dade nie, maar of ons geglo het in hom wat ons regverdig en aanvaarbaar gemaak het voor God. 

Die uniekheid van die Woord lê dus nie in Sy eksklusiwiteit en eenvormigheid nie maar in Sy diversiteit wat in een rigting dui.  Die probleem is dus nie; óf daar nog bonatuurlike inspraak van God is óf nie, maar of dit in frekwensie is met die Persoon van die Woord en die Gees van die Woord.  Dieselfde geld vir die kerk, die rede hoekom sekere soekende mense kerk afstootlik vind is omdat die kerk nie akkuraat die Gees van die Woord leef en spreek nie.  Dit is ook hoekom sekere boeke en dan sekere evangelies soos die van Judas en Thomas nie in die Bybel opgeneem is nie, want hierdie boeke het nie ooreengestem met die Gees van die Bybel nie. 

Ons gaan nooit die skryf van boeke stop nie, nog minder gaan ons dit kan keer dat mense ’n sogenaamde openbaring van God mág hê of nie.  Wat ons wel kan doen is om mense te leer om volwasse te word in Christus en hulle kennis van die Woord sodat hulle nie meer rondgeslinger sal word deur elke leer en leerstelling nie.  Ons sal die Waarheid ken en die Waarheid sal ons vrymaak.  Jy leer nie banktellers om valse note te identifiseer deur valse note te tel nie, maar deur hulle vir weke ware en egte note te laat tel, later sonder om te dink kan hulle maklik die valse noot eien.  

Ons het nodig dat in hierdie eeu van reformasie ons mense sal leer om die waarheid te onderskei van die kaf.  Dat ons mense volwasse en sterk sal word in die geloof om nie meer deur elke wind van doktrine rondgewaai te word nie.  Dit is die doel van die reformasie; om mense in volwassenheid in Christus te bring.

Anders gestel, ons moet dieselfde metodiek wat die Bybel as geslote Kanonieke boek bepaal het gebruik om leerstellige openbaringe oor die boek te bepaal. Ons gaan nooit opinies en verskillende interpretasies van die Bybel stop nie. Ons moet egter ons mense leer om nie alles wat hulle hoor in die naam van die Bybel en Jesus te glo nie!  

Van die beginsels wat gebruik was om die NT boeke te bepaal was:

1.   Apostelskap.  Die outeurskap moes aan ‘n erkende apostel toegereken kon word. 

2.   Ortodoksie.  Dit moes in lyn gewees het met die leer van die hele Bybel.  Boeke wat vreemde dinge verkondig is nie ingesluit nie.  

3.   Oudheid.  Die boek moes in die eerste paar dekades na Jesus se opstanding geskryf gewees het.

4.   Gebruik.  Daar is veral gekyk hoe wydverspreid die boek gebruik is.  Boeke wat net plaaslik populêr was is nie ingesluit nie.  

5.    Die outoriteit van die Skrif en Kanon van Bybelboeke is hoofsaaklik gesetel in die feit dat God Self Sy woorde bekragtig en waarmerk onder die mense. Soveel van die gebeure waar God met die mens gepraat het in die Bybel, is daar sigbare manifestasies en goddelike verifiëring van die Woord.  Die geïnspireerde Woord van God is dus self-bekragtigend, dit hou Homself gestand.   

Inspirasie.  Moderne gelowiges is geneig om te dink dat net boeke wat deur die Gees van God geïnspireer is, in die Bybel opgeneem is.  Die interessante is dat die kwessie van inspirasie nooit as maatstaf gebruik is nie.  Die waarheid is dat enige boek wat geestelike waarhede bevat het as geïnspireerd beskou is. 

Die Voortskrydende Openbaring van God

Christene moet toenemend en oortuigend aan die wêreld bewys dat ‘n Bybelse Christus-gesentreerde teologie beter is vir die mensdom as die liberale humanistiese sekulêre ideologie. 

Die behandeling van slawe in die OT is baie anders as die norm wat in die Jesus Beweging ondervind word.  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. (Joh. 13:16). Uit die tronk het Paulus aan ‘n vriend geskryf wie se slaaf weggehardloop het, Paulus ontmoet het en tot geloof gekom het. Paulus doen ‘n beroep op sy vriend op grond van hulle vriendskap om die slaaf nie as ‘n slaaf terug te verwelkom nie, maar as ‘n broer. Hy het aangebied om enige verlies uit sy eie sak terug te betaal. Filemon 1- 25.  Daar het dus ‘n ontwikkeling in kulturele norms en standaarde oor tyd plaasgevind in die Bybel.  

Neem byvoorbeeld die Bybelse model huwelik, oor die tydperk van die Bybel sien mens ‘n progressie. Dit is wat die Bybel so ‘n wonderlike boek maak, die foute of kortsigtigheid van bepaalde denkwyses in die OT is in die boek behou, ons leer dus uit die oorwinnings en die foute.  

Die woord “trou of getroud” kom 148 keer in die Bybel voor. Die woord vir “huwelik” of “trou” in Bybelse Hebreeus word egter ook vertaal met, “Neem ‘n vrou” of “Om aan ‘n man gegee te word” of “Om aan ‘n man te behoort.” Die woord wat vir “man” in Bybelse Hebreeus gebruik word, is Baäl. Dit beteken letterlik “Meester of Here”. Dit is waarom in antieke kulture, insluitend die Hebreërs, vroue behandel is as eiendom, slawe, handelskommoditeite, wat gekoop of verkoop kon word. In baie gevalle is huwelike vir diplomatieke doeleindes gereël. Dit is waar die idee van “lobola” vandaan kom. Liefde was glad nie ‘n faktor in die keuse van ‘n vrou nie, en het slegs die hoofstroomkultuur geword met die begin van televisie en digitale media. Meer OT antieke voorbeelde van validering vir die huwelik is waar ‘n man toegelaat is om ‘n vrou wat in oorlog gevange geneem is, te neem en haar sy vrou te maak (Deut. 21:10-14). En ‘n verdere uiterste; moet trou met ‘n vrou wat hy verkrag het (Deut. 22:28-29). As ‘n mens verkies om terug te keer en jou teologie na die huweliksverbintenis van die Aartsvaders Abraham, Isak, Jakob en Moses, en selfs later Dawid, was die aanvaarde norm poligamie. Sekerlik nie die beste manier om huwelikseenheid te bereik nie? Egbreuk is veroordeel, maar die vroue het die grootste skuld gedra. Wanneer ‘n vrou by iemand anders as haar man geslaap het, is sy as misdadiger beskou wat ‘n misdaad gepleeg het strafbaar met steniging. ‘n Getroude man kon inderdaad vrylik met ‘n ander vrou slaap, solank sy nie iemand anders se vrou was nie. (Levitikus 20:10). Hierdie gedrag is beslis nie bevorderlik vir langdurige, verbondsheilige heilige eenwording nie. Selfs in die NT was dit nog steeds die geval toe slegs die vrou wat in egbreuk gevang is, na Jesus uitgebring is om gestenig te word. Waar was die man, met wie sy op heter daad betrap is? Dit is te verstane dat baie vroue voel dat die Bybel, aan die mans se kant is. Verder is daar ook baie min inligting en riglyne oor die Huwelikseremonie.[30] Daarom verkry ons ons teologie en verstaan van die Huwelik in latere skrywes, soos dié van Paulus in Efesiërs 5, wat die huweliksverbond as ‘n tipe verbondenheid sien soos wat Jesus met Sy kerk het, en Hy Sy lewe vir die bruid gegee het.  So behoort mans hulle lewe vir hulle vrou en gesin neer te lê.  

Stotsom

Ons lewe in die era van kennis, dit is vrylik beskikbaar, meer mense is geleerd as ooit tevore in die geskiedenis. Mense weet meer oor die verskillende wetenskappe en predikante, medici, regslui en ander professionele beroepe moet meeding met al hoe meer kennis wat of gratis of baie goedkoper aan die mensdom vrygestel word sodat mense hulle eie opinies kan vorm.  Die predikant is dus nie meer die onaantasbare ikoon wat op sy hoë preekstoel staan en vir die mense voorskryf hoe en wat hulle moet dink omdat hy die enigste persoon is wat geleerdheid het nie. 

Mense wil meer weet en verstaan en wil vir hulleself die waarheid ontdek en ontsyfer.  Maar met al hierdie kennis en derduisende opinies en opsies raak die pad van die waarheid al hoe meer onduidelik.  

Ons moet ALMAL leer om waarheid fynproewers te wees! 

Waarheid is nie ‘n leerstelling of sekere doktrine nie maar is ‘n persoon Sy naam is Jesus en wanneer ons Hom waarlik ken sal Hy ons vrymaak.


[1] The Righteous Mind: Why Good People Are Divided by Politics and Religion – Jonathan Haidt

[2] https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2802367/#CIT2

[3] Michael Shermer. The Believing Brain: From Ghosts and Gods to Politics and Conspiracies—How We Construct Beliefs and Reinforce Them as Truths”  

[4] Murray, D., 2020. The madness of crowds. London, United Kingdom: Bloomsbury Continuum.

[5] https://hrco.co.za/sermons/whose-right-is-it-anyway/

[6] Vir vedere studie stel ek die volgende 2 boeke voor: Introduction to Biblical Bible Interpretation, W Klein, C Blomberg, R Hubbard Jr.  Scripture as Communication. (Introducing Bible Hermeneutics) J. K. Brown.  

[7] Wace, H., 1911. A dictionary of Christian biography and literature to the end of the 6th century A.D.. London: Murray. https://www.ccel.org/ccel/w/wace/biodict/cache/biodict.pdf 

[8] Franck, N., 2017. Didache. 1st ed.

[9] https://www.ccel.org/fathers

[10] Comer, J., n.d. Garden city.

[11] https://hrco.co.za/blogs/why-we-need-to-reach-all-nations-2/

[12] https://landsummit.co.za/about/

[13] https://diebestelewe.co.za

[14] https://hrco.co.za/sermons/the-paradoxical-beauty-of-our-saviour/

[15] Stanley, A., n.d. Irresistible.

[16] Platt. A, 2016. Not do but done. ‘living from the completed work of christ.’ Struik Christian Media.

[17] Footnote Chart adapted from Appendix 2 in Norman L. Geisler. Miracles and the Modern Mind: A Defense of Biblical Miracles. Grand Rapids, MI: Baker (1992). https://lifecoach4god.life/2013/06/18/chart-of-all-the-supernatural-events-recorded-in-the-bible/

[18] Die Pad van Waarheid tot die Lewe: Die Woord van הוהיin Afrikaans,  vertaal  deur  Gerrie  C.  Coetzee  van  Pretoria  en  in  2015  gepubliseer  (hierna  afgekort  as  PWL  2015).  

[19] ’n “Oorspronklike” Aramese Nuwe Testament? ’n Kritiese evaluasie van die Pesjitta-voorrangsteorie, Die Pad van Waarheid tot die Lewe-vertaling (Afrikaanse Lamsa-Bybel), en die kulturele aanloklikheid van oriëntalisme. Chris L. de Wet https://journals.co.za/doi/epdf/10.10520/EJC198264

[20] Jesus Interrupted, Revealing the hidden contradictions of the Bible. Bart D Ehrman 

[21] Jordan B Peterson. The Book that change my life https://youtu.be/CQGkb1sjTe0

[22] https://www.aggiecatholicblog.org/2014/09/10-defective-images-of-god/

[23] Zimbardo, P., 2013. The lucifer effect. New York: Random House.

[24] Sosiale media: die impak op geestelike vorming onder generasie Z varsman kollege studente. https://firescholars.seu.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1081&context=coe

[25] Peterson, J., 2018. 12 Reëls vir die lewe. ‘n Teenmiddel vir chaos. 1ste ed. Ewekansige Huis Kanada, pp. Reël 2: Behandel jouself soos iemand wat jy verantwoordelik is om te help. pg 47.

[26] Jacobs, A., 2007. Die jaar van die lewe bybels. New York: Gale.

[27] Pelser A.J. Prophetic Acting 

[28] “Die openbaring van die Bybel kan dus vergelyk word met die aangaan van ‘n kommunikatiewe gebeurtenis. Of, om dit metafories te stel, begin die Skrif ‘n gesprek wat interpersoonlik en potensieel lewensveranderend is, want dit is God wat die dialoog inisieer.” Jeanine Brown, 2021. Die Skrif is kommunikasie. Bekendstelling van Bybelse hermeneutiek. Baker Boekhuis. 

[29] Hoe om die Bybel reg te lees – Stephan Joubert

[30] https://www.bible.ca/marriage/ancient-jewish-three-stage-weddings-and-marriage-customs-ceremony-in-the-bible.htm