Die Kerk as Sout en Lig in die Gemeenskap

Soos met enige doel gefokusde onderneming, nadat die oogmerk duidelik gedefinieer is, moet mense die rol verdeling van al die deelnemende rolspelers duidelik uit een sit.  Geen instansie kan bestaan sonder voltydse werknemers wat hulleself toewy vir die verwesenliking van die oogmerke waartoe instemmigheid bereik is nie.  Al die lede van die liggaam het inderdaad ‘n bediening om uit te leef in Jesus in alles wat ons doen. Stellings soos “JY is Kerk en hoef nie meer kerk toe te gaan nie.” Is vanuit hierdie begrip van die liggaam geproklameer.  Dit is waar, maar ons het ook spesialiste nodig, wat hulleself toewy aan die Woord, om God se plan te preek, te verduidelik en te leef.  Natuurlik wil ons almal in die liggaam getuies en boodskappers van die waarheid maak, maar om dit te kan doen het jy spesialiste in die gebied van prediking, teologie en Godsbegrip nodig.  Almal het ‘n bediening, maar niemand sien kans om meer gemeente leiers te wees nie? 

Die paradoks van voltydse bediening

Die term voltyds beteken per definisie dat dit die enigste ding is wat jy doen. Voltydse fietsryer, voltydse ma, voltydse berader, voltydse kunstenaar. Om dus in voltydse diens te wees, moet jy ‘n lewe verdien uit jou werk, of geborg word om dit te doen. Om vir God te werk, het ‘n vae begrip geword, want alle Christene glo dat hulle vir God werk, wanneer hulle Hom deur hul beroep wil verheerlik. 

Soos deur die boek verduidelik is die uiteindelike doel van die vyfvoud bediening om almal in die gemeente op te lei, om vir die siekes te bid, in staat te stel om te evangeliseer en dissipels te maak, en ‘n lewe van gebed te lei en die Bybel bestudeer. Hier is egter ‘n paradoksale probleem.  Wat is dan die onderskeid tussen voltydse geestelike werkers, en deeltydse bedienaars wat bykomend sekulêre werk doen? 

Die gevaar van almal het ‘n bediening is, dat ons in die proses die rol van die spesialis reduseer. Ons moet dus die rol van gespesialiseerde geestelike posisies reformeer, herdefinieer en Bybels verduidelik. Die eerste apostels het hulleself verskoon van om die tafels te werk, om hulle daaraan toe te wy om die Woord te bestudeer en gebed. (Hand. 6:4). Aan die ander kant het Paulus hard gewerk, nie net in geestelike bedrywighede nie. 

ons roem nie buite perk in die arbeid van ander nie  (2 Kor. 6:5 – arbeid; 2 Kor. 10:15)

met veel groter arbeid (2 Kor. 11:23)

om met ons eie hande te werk (1 Kor. 15:10;  1 Kor. 4:12)

met moeite (2 Tess. 3:8)

As die kerk het ons met ‘n bediening dualiteit te make: Alle dinge is geestelik, en ons leef met ‘n God-binne- bewussyn in alles wat ons doen.  Die paradoks: daar is diegene wat tot ‘n hoë roeping geroep is, om alle werk te laat vaar en hulself toe te wy vir God se gebruik alleen. Dikwels raak hierdie uitgeroepenes elke dag so besig met administratiewe werk, vergaderings hou, fisiese werk soos baie pastore die loodgieter, opsigter, eiendomsagent, argitek, finansiële klerk, koper, van die bediening raak. 

Ek stel voor dat die eenvoudige toepassing van wat ek met my tyd doen, heroorweeg moet word.  Wat moet ‘n pastoor met sy tyd doen wanneer ‘n mens ‘ n Bybelse werksbeskrywing definieer? As hy geroep word om ‘n prediker te wees, vul dan jou dae om dit te doen, gebruik elke geleentheid om te preek, by skole, sakevergaderings, ouetehuise, begrafnisse, troues, radio, TV, hou seminare, oor die huwelik, finansies, ouerskap, kommunikasie, versoening, ens.  Skryf boeke, blogs, maak YouTube-video’s, neem deel aan die bou van sosiale platforms vir jou bediening.  Dan regverdig mens mos ‘n salaris uit die voltydse werk wat jy doen.  

As hy geroep word om berading te doen, vul jou dag met afsprake, het ‘n kantoor, hou kantoorure, en soos die prediker, gaan voort om opgelei te word en te verbeter wat jy doen. 

As jy as musikant na die kerk gelei word. Lei musikante op, bied klasse aan, lei groepe op, skryf liedjies, maak opnames, skryf musiekblyspele en voer dit uit.  Raak betrokke by musikante en gaan voort om opgelei te word, te oefen en jou geskenk te ontwikkel.  

Die meeste van hedendaagse jong pastore sien hulself met ‘n dubbele roeping, om steeds in besigheid te bly en mense deur hul besigheid te bereik, maar ook die lidmate te versorg.  Die gevaar is dat besigheid en gemeente elkeen kompleks van aard is, en een dus onvermydelik verwaarloos gaan word. Want ‘n mens het net soveel ure per dag.  Dit is problematies, as die plaaslike kerk nie groei nie, en nie ‘n pastor kan bekostig nie, en hy dus om sy gesin te kan versorg ‘n heeltydse beroep moet beoefen.  Die gemeente groei dus ook nie want daar word so min tyd aan die gemeente gespandeer.  Die meeste mense is ook te besig met lewenstake en hulle eie verpligtinge.  Gemeente aktiwiteite word dikwels verminder tot ‘n Sondag byeenkoms.  Hierdie kerke moet dit oorweeg om ‘n voltydse pastoor en herder oor die kudde aan te stel, teen voltydse vergoeding.  

Ek is bekommerd dat die meeste mense wat ‘n roeping op hul lewens voel vir voltydse geestelike bediening, voel nie geroep om ‘n pastoor van ‘n kerk te wees nie.  Die rol van die pastor en leier van ‘n kerk het ‘n baie komplekse en moeilike beroep geword omdat die persepsies en verwagtinge van pastore te wyd is. ‘n Leier wat poog om alles vir almal te wees, word dikwels niks vir niemand nie, omdat daar nie genoeg in die houer is om betekenisvol iets vir iemand te beteken nie.[1]

Watter van die Vyfvoudige funksies maak die beste leiers van ‘n plaaslike gemeente? Of ‘n span van al vyf? Nie baie kerke kan bekostig om 5 salarisse te betaal nie.  Pastore van groot mega-gemeentes sal sê hulle doen al vyf.  In my ervaring is die vyfvoud bedieninge meestal teenwoordig in selfs die kleingroep wat byeen kom. Vra gerus in jou volgende kleingroep byeenkoms, wat is elkeen se voorkeur bediening? My ondervinding is dat selfs in die kleingroep is die vyf bediening fokusse teenwoordig.  Soos die gemeente groei, glo ek kan al vyf bedieninge ‘n heeltydse salaris ontvang.  

‘n Koninkryk ekonomie van voorsiening

Ons glo dat die hedendaagse fokus van die Heilige Gees die heiligmaking van die Liggaam van Christus is en die herstel van Konings en Priesters. 

Konings en priesters. 

“Wat sien jy?” Daarop het ek gesê: Ek kyk, en daar is ‘n kandelaar van soliede goud met ‘n bak bo-op, en op die staanplek sewe lampe met sewe pype aan die sewe lampe. Twee olyfbome is daarby, een aan die regterkant van die bak en die ander aan sy linkerkant.” Sagaria 4:2

Sagaria hoofstuk 3 handel oor die visioen van die Hoëpriester, hoofstuk 4 is die visioen van Serubbabel, die goewerneur wat die tempel bou vandaar die verwysing na die priester en koninklike regeerders. 

H2216. זְרֻבָּבֶל serubbāḇel: ‘n Behoorlike selfstandige naamwoord wat Serubbabel aanwys, een van die leiers wat die ballinge uit Babiloniese gevangenskap gelei het (Esra 2:2; 12:1). Hy was die seun van Seáltiël (Esra 3:2). Hy het gehelp om die teruggekeerde groep as hulle burgerlike leier te organiseer, asook om die altaar te help herbou (Esra 3:8; 4:2, 3). Hy het profetiese boodskappe van die profeet Haggai ontvang (Hag. 1:1, 12) en van (Sag. 4:6-10). Hy was van die lyn van Dawid en kon klaarblyklik koning geword het as Israel die Here se instruksies gehoorsaam het (Hag. 2:21-23). 

Die Konings is getaak om die fisiese gebou te bou, die priester om die geestelike menslike gebou te bou. 

Die twee rolle en funksies (2 Olyfbome) is deur goue pype aan die Kandelaar gekoppel om olie aan die kandelaar, die kerk, op natuurlike wyse, te voorsien.  

“Wat is hierdie twee olyfbome aan elke kant van die kandelaar, en wat is die twee olyftakke wat goue olie deur twee goue buise uitstort?” Uiteindelik word die antwoord gegee: v14 “Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die hele aarde staan.”

Ons betree die finale fase van God wat Sy mense op aarde wil hervorm. Vandag is die moderne Konings mense wat geroep is om sake te doen en na die fisiese geboue en infrastruktuur omsien, en die Priester word steeds geroep om God se geestelike huis te bou, die mense.  Sakemanne soek wins, Priesters soek mense. Die twee fokusse vul mekaar aan, want die priester help mense om ‘n Christus-gesentreerde karakter, waardes, ingesteldheid en gewoontes te handhaaf ‘n broodnodige kommoditeit in die werksplek. Sakelui voorsien die fondse, ‘n broodnodige kommoditeit in die kerk om die werk van die bediening te doen.  Die priesters hou die sakeonderneming mensgerig, en die koning hou die onderneming winsgewend. Hierdie twee pole werk soos twee magnetiese kragte teen mekaar.  Hoe meer gefokus ‘n onderneming op wins raak, hoe minder word daar na die mense gekyk. Hoe meer mensgerig ‘n onderneming is, bestaan die gevaar dat hulle nie meer wins maak nie.  

Ons moes egter nooit hierdie twee pole van koning en priester vervreemd het nie, want Israel was altyd die meeste voorspoedig wanneer die twee rolle wedersyds mekaar gerespekteer het.  

Die armoede kwessie en die plaaslike gemeente.

Om vir die armes te sorg, is die kerk se mandaat, nie die politikus sin nie. Wanneer politici net veg vir die lot van die armes, sal dit altyd ten koste van die rykes wees. Die mandaat van politici is om goeie regerende bestuur van beperkte hulpbronne vir AL sy burgers te bied! Armoedeverligting is ‘n komplekse taak wat nie deur ‘n fabrieksbenadering soos SASSA aangespreek kan word nie, en een grootte oplossing vir almal soos met die ASLA behuisingsprojekte in SA nie. Die armes huil vir ware vriende, wat betrokke raak en betrokke bly. Om vir die armes te sorg, gaan jou kos. Jy kan dit nie benader soos sporthengel, vang en vrylating, waar die prys ‘n foto trofee is nie. Daarom moet ons almal as die kerk betrokke raak, niemand kan alleen die armes red nie.  Elke gemeente moet eintlik die boek “When helping hurts” lees oor hoe om armoede te verlig sonder om die armes en jouself seer te maak. Steve Corbett. [2]

Wat was die fokus van Jesus se bediening?

En Hy is die boek van die profeet Jesaja gegee. En toe Hy die boek oopmaak, vind Hy die plek waar dit geskrywe is:

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. (Luk. 4:17–21)

Toe Jesus se Bediening getoets en bevraagteken is deur Johannes die Doper:

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig(Luk. 7:22–23)

Jesus het op die armes gefokus en wil hê dat ons op die armes moet fokus:

Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. (Matt. 25:44–46)

Dit is die vervulling van die OT-plan wat God vir Israel gehad het:

leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.  (Jesaja 1:17)

Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die HERE sal jou ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;  (Deut. 15:4).

God het vir Moses talle opdragte gegee wat Israel beveel het om vir die armes te sorg. Die Sabbat het ‘n dag van rus vir die slaaf en meester gewaarborg (Eks.  23:10–12). Die Sabbatsjaar het skuld vir Israeliete gekanselleer, die armes toegelaat om van die landerye af te haal en slawe vry te laat en die slawe toe te rus om produktief te wees (Deut. 15:1-18). Die Jubileumjaar het vryheid beklemtoon; dit het slawe vrygelaat en grond aan sy oorspronklike eienaars terugbesorg (Lev. 25:8-55). Ander wette oor skuld, tiendes en oesoorblyfsels het verseker dat die armes elke dag van die jaar versorg sou word (Lev.  25:35–38; Deut. 14:28–29; Lev. 19:9–10). Die opdragte was so omvangryk dat hulle ontwerp is om die uiteindelike doel te bereik om armoede onder God se volk uit te wis: “Daar moet geen armes onder julle wees nie,” het God verklaar (Deut. 15:4).

God se vorm van regering, en produktiewe sake ondernemings, is altyd besorg oor die armes.  Ek wil dit waag, dat sakeondernemings met die langste oor generasies heen leeftyd, altyd ‘n beduidende deel aan armoede verligting gegee het.  

God oordeel ons aanbidding as vrugteloos en nutteloos as ons die armes verwaarloos: Lees Jes. 1:10-13, 16-17; Jes. 58:1-3, 5-10

Persoonlike vroomheid en formele aanbidding is noodsaaklik vir die Christelike lewe, maar dit moet lei tot lewens wat “regverdig optree en barmhartigheid liefhet” (Miga. 6:8).

Regdeur die Nuwe Testament is die versorging van die armes ‘n belangrike saak vir die kerk (Matt. 25:31–46; Hand. 6:1-7; Gal. 2:1–10; 6:10;  Jak. 1:27). Miskien sê geen gedeelte dit meer bondig as;  Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1 Joh. 3:16-18)

God se antwoord op die armoede vraagstuk van die mensdom

God se antwoord op die armoedevraagstuk is Sy koninkryk soos gedemonstreer deur die Kerk:

Namate mense onder Christus se heerskappy en gesag teruggebring word, word ons tot gesondheid, skoonheid en vryheid herstel. In Jesus se bediening het Hy die Koninkryk begin verkondig: (Matt. 4:17) en Sy dissipels beveel om dieselfde te doen: (Luk. 9:2; Luk. 10:9) asook die eerste kerk (Hand. 4:34; 10:45) Die manier waarop God sy Koninkryk aan die wêreld toon, is juis om deur die armes, die swakkes en eenvoudiges Sy heerlikheid te vertoon: Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie? (Jak. 2:5) Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1 Kor. 1:26-29)

Die filter waardeur finansieel arm mense die wêreld sien is gewoonlik skaamte, minderwaardigheid, magteloosheid, vernedering, vrees, hopeloosheid, depressie, sosiale isolasie en stemloosheid. God het vier fundamentele verhoudings vir elke persoon gevestig: ‘n verhouding met God, met homself, met familie en met gemeenskap. Hierdie verhoudings is die boustene vir die lewe. Wanneer al vier verhoudinge behoorlik funksioneer, ervaar mense die volheid van die lewe wat God bedoel het, want ons is dan wat God ons geskep het om te wees. 

Die koninkryk boodskap is inherent ‘n regte identiteit boodskap! Wanneer ek God reg begin sien[3], leer Hy my om myself reg te sien[4], sodat ek ander reg kan begin sien[5].  Reg sien help my om reg te begin doen! ‘n ander woord vir sonde is ‘verkeerd doen’, of om dit in die positief te stel, heiligheid is om reg te doen. Alle menslike ongeregtigheid en oortredings kan opgesom word, as iemand het nie met ‘n ander reg gemaak nie.  Daarom is die Koninkryk van God boodskap in wese die beginsel van REG-DOEN teenoor alle mense.  Die Fariseër en die Leviet het nie reg gedoen teenoor die man wat aangeval is deur rowers nie, hulle het sy nood geïgnoreer. Koninkryk gerigte sake eienaars maak hulle werknemers ryk. Koninkryk gerigte werknemers maak hulle eienaars ryk.  Koninkryk burgers meet nie net rykdom aan geld nie, ons is ryk aan hoe ons mekaar se lewens verryk deur ‘n mooi gesindheid en hoe ons mekaar help en ondersteun. 

Dit is so dat luiheid, oortredings, leuens,  ‘n reeks verkeerd doen dade, waar mense nie met mekaar reg maak nie, wat lei tot gebroke verhoudings.  Ons het veral hierdie verskynsel ondervind toe ons 28 huislose mense ingeneem het en versorg het tydens Covid 19.  Toe ons deur die maatskaplike werkers probeer om hierdie mense te verbind met hulle onderskeie families, het ons teen ‘n muur vasgeloop.  Die verskillende families het almal geweier om te help, a.g.v. ‘n geskiedenis van misdaad, geweld, alkohol en dwelm misbruik.   Tannie Sanna was een uitsondering: Sy het tydens hierdie tyd tot bekering gekom, sober geraak en gehelp met al ons programme. Gou het mense haar mooi gesindheid opgetel, en vir haar deure oopgemaak. Toe sy 2 jaar later skielik oorlede is, het ons as gemeenskap vir haar ‘n ere gedenkdiens gehou, waar verskeie hoog geplaasdes teenwoordig was. 

Jy word arm wanneer jy:

Nie luister na dissipline nie (Spr. 13:18; 21:5) doellose lewe (Spr. 28:19); praat sonder om te doen  (Spr. 14:23); boosheid liefhet (Eseg. 7:11); trots (Sag. 9:4); onwys inkomste spandeer (Mark 5:26); geld uitgee sonder weer te verdien (Luk 15:14); luiheid (Spr. 20:13; 10:4); verwaarlosing van hulpbronne (Spr. 10:4) verkeerde prioriteite (Prov. 21:17); verslawing (Spr. 23:21); uitstel (Spr. 6:10-11); vinnig rykdom bekom (Spr. 21:5); drome en fantasieë (Spr.  28:19) 

Daarom is die kerk se rol in armoede verligting so belangrik, ons preek die oplossing van lewens verandering! 

Materiële armoede is ook ‘n kwessie van sosiale isolasie. Of sommer reguit gestel, die enigste mense wat jy ken is ook arm. Armoede is die afwesigheid van Bybelse Shalom in al sy betekenisse.  (Hebrew word meaning peace, harmony, wholeness, completeness, prosperity, welfare and tranquility)

Die ware gesonde lokale gemeente behoort nie NET uit ryk mense of NET materieel arm mense te bestaan nie.  Die kerk is die oplossing tot die armoede vraagstuk, omdat ons die verhouding kloof tussen ryk en arm oorbrug.  Ryk mense ken nie arm mense nie, en sien hulle as vuil, lui en van lae karakter. Arm mense sien ryk mense as trots en selfsugtig. Wanneer mens genoeg tussen materieel arm mense kom, sal jy besef dat die meeste inwoners in informele nedersettings se huise, pragtig skoon en netjies is.  Die meeste welvaart geseënde mense wat ek ken, is die mees onbaatsugtige mense wat ek ken.  Die kwessie is weereens, as ons mekaar net sal begin ken, raaksien en respekteer.  Dan sal oplossings en antwoorde volg! 

God se orde van prioriteite

Die fokus van Jesus bediening vir 3 jaar was: Prediking en geestelike demonstrasie van die Koninkryk, in krag, en tekens en wonders wat volg.  (Hand. 10:38)

Jesus se bediening kan opgesom word met twee woorde: Prediking en demonstrasie van die koninkryk realiteit. (Mat 4:23-25; Mar 1:35-39; Luk 4:40-44)

Prediking, onderrig, leer, verkondig, gelyknisse: (Matt 4:17, 23; 9:35; 11:5; Mark 6:34; Luk 4:43; 8:1; 9:11) 

Genesing, dryf duiwels uit, teken en wonders: (Matt 4:23). Wonderwerke is deel van die evangelieverkondiging, wat toon dat die koninkryk van God gekom het. (Matt 9:35; Luk 9:6; 11:20)

Die inhoud van Sy prediking was die boodskap van die Koninkryk. (Luk 8:1; Mat 24:14; Mat 28:19; Markus 13:10; Markus 16:15; Lukas 24:47, 48) Baie keer sal jong predikers vir my vra waaroor om te preek, my antwoord is: Die koninkryk van God! 

Baie mense verwerp die idee van demone (onrein gees) as ‘n bygeloof van die antieke wêreld, en stel voor dat Jesus bloot hulle oortuigings akkommodeer sonder om die moeite te doen om dit te verander, wetende dat dit ‘n vrugtelose poging sou wees. Die Bybelse narratief laat nie hierdie siening toe nie, wat dit is duidelik dat beide die skrywers van NT en Jesus die werklikheid van demone aanvaar het. Trouens, Jesus het Sy gesag oor hulle gebruik as ‘n teken dat Hy die koninkryk van God naby gebring het (sien Matt. 12:28; Lukas 11:20). Verder het Hy aan Sy volgelinge gesag oor bose geeste gegee. Sien Lukas 10:19; 2 Kor. 10:3; Ef. 6:12.  Sy dissipel is gestuur om dieselfde te doen. (Mat 10:7-80) Wanneer mense die Here aanneem, moet sommige bevry word van die demoniese gevangenisskap waarin sommige hulleself bevind.  

Om vir die armes te sorg, is ‘n belangrike fokus, maar wanneer die kerk inskryf vir welwillendheidsaktiwiteite sonder die krag van God, sonder om die Koninkryk te onderrig en te demonstreer, verlaat ons die krag van die evangelieboodskap. Dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. (Rom 1:16)

Vul al die gapings.

Kan dit wees dat wanneer die institusionele kerk, versuim om ‘n Christus-gesentreerde standaard in onderrig, lewenstyl, en kultuur te wees, dit die mensdom in die steek laat? Die leuen kan slegs bestaan by die afwesigheid van die waarheid. Sou daar ooit ‘n populistiese struggle-beweging in Suid-Afrika gewees het as die valse kettery van apartheid Bybels veroordeel is? Sou daar ooit ekonomiese vryheidsvegters gewees het as die kerk soos die eerste volgelinge in Handelinge gefunksioneer het? Sou daar ooit sosiale onrus en betogings gewees het as die kerk nie kultureel etnies gegroepeer is nie? Sou daar ooit soveel korrupsie gewees het as ware heilige gelowiges hul funksies opgeneem het in elke faset van die lewe? Sou rassisme, klassisme en segregasie bestaan het as die hele kerk sy missionale mandaat nagekom het? 

As die kerk die groot opdrag en groot opdrag uitgevoer het om die ganse wêreld dissipels van Jesus te maak, sou daar nog soveel misdaad, dood, of oorloë wees?  Die oordeel begin altyd in die huis van God. 

Dank die Here dat daar wel akkurate gemeentes bestaan, wat Jesus opgerig het.  Binnekort sal die wêreld nie meer gronde hê om hul verskonings te regverdig om nie na Jesus te kom op grond van die fout en wanvoorstelling van die Kerk nie. God is besig om Sy kerk te vervolmaak en haar vlekkeloos en onberispelik te maak.  Hy bring ons al hoe nader tot die punt waar die vyand niks in ons het nie.  Die kerk wat Jesus bou, is God se antwoord op die wêreld se probleme.  Die kerk wat Hy bou, sal Sy Koninkryk, op elke terrein van die lewe, demonstreer.  Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. (Jes. 2:3)  Die volledige werk van Christus word in sy Kerk aangebied en voltooi.  Die kerk as Sy bruid, Sy liggaam, Sy nuwe Nasie, koninklike priesterdom en vakmanskap.  Die wêreld wag op die openbaring van die volwasse seuns van God, wat die veelvoudige wysheid van God in elke sfeer van die lewe bekend maak. (Rom. 8:19; Efe. 3:10)

Die herstel van die Vyfvoudige bediening was uitdruklik belangrik en noodsaaklik om die kerk toe te rus en tot volle volwassenheid in Christus te bring.  

EN hy het my getoon n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.  (Openbaring 22:1-4 NKJV) sien ook (Eseg 47:8-12)

‘n Kulturele Oorlog

Die goeienuus evangelie van die koninkryk staan nog altyd deur die eeue in skrille kontras met die gees van die wêreld.  Dink maar aan Kain, Nimrod, Ismael, Esau, Saul, Rehabeam, Saulus, die fariseërs, skrifgeleerdes, en Sadduseërs, die Antichris, die draak wat uit die See uitkom.  Daar is ‘n ewige kosmiese stryd in die geesteswêreld vir die hart van die mens!  

Ek is bevrees dat ‘n groot deel van die kerk haar oog verloor het oor wie haar regte vyand is!! 

DIE GEES VAN DIE WÊRELD! 

Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?” (Mark. 8:36). Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is.” (Matt. 6:30). 

“Moenie in my pad staan nie, satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.” (Matt. 16:23).

“Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie.” (Joh. 1:10).

“Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is.” (Joh. 7:7).

“Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.” (Joh. 12:25).

“Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.” (Joh. 14:27).

“Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het

geen mag oor My nie.” (Joh. 14:30).

“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.” (Joh. 15:18).

“In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh. 16:33).

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” (Rom. 12:2).

“Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.” (1 Kor. 1:20, 21).

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” (Ef. 6:12).

Daar is tans ‘n tsunami van dwaling en dwaasheid besig om oor die wêreld te spoel.  Die gees van die wêreld het deur die eeue verskillende gedaantes verwissel, maar in wese altyd teen die lewe en praktyk van Jesus Christus! 

Die gevaar van wêrelddenke en benadering, is hoe die vader van leuens dit aanbied. Mens vervals tog nie ‘n R20 noot met ‘n R21 noot nie.  In enige poging van vervalsing is die doel om tog so na as moontlik aan die ware Jakob te kom.  Die gees van die wêreld probeer om so na as moontlik te kom aan wat eg, lofwaardig, en goed is vir die mensdom sonder Christus, onwetend dat daar ‘n gees van self-en-mens-verwoesting in die meeste van hierdie mens-gesentreerde benaderings verskuil is.  Dink aan Saulus, wat opreg geglo het hy verdedig die waarheid van ortodokse joodsheid, deur eertydse christene van die weg oor te lewer aan die Jode vir vervolging en doodstraf! 

Die ideologie en wêreldbeskouing van die wêreld verdeel die mensdom tussen helde en skurke, vriend en vyand, die wat het en die wat nie het nie.  Die sogenaamde maar komplekse “WOKE”, kritiese ras teorie beweging bestaan om slagoffers van ras en seksuele oriëntasie ten alle koste te beskerm en te verdedig.  Vir hulle is die skurke “wit-monopolie-kapitaal” bevoordeeldes wat meestal onwetend sistemiese rasisme nog steeds toepas. Enigiemand wat nie met hulle saamstem nie word gesien as die skurke en sal deur die sosiale media polisie, gekanselleer word as ‘n weerwraak vir hulle sosiale misdaad. Die kerk word ook as die vyand gesien, veral wanneer die kerk waag om hulle lewenstyl as sondig te beoordeel.  Volgens hierdie beweging van denke is die Bybel nie meer relevant vir vandag nie, en mag nie meer voorskriftelik wees ten opsigte van my keuses nie.  Wanneer die kerk aborsie, voorhuwelikse seks en homoseksualiteit veroordeel is die kerk liefdeloos en outyds.  Die kerk word gesien as die vervolgers, en verdien dus om geëlimineer te word.  Hierdie beweging het ook aanspreeklikheid aanvaar vir verskillende gewelddadige protes aksies soos: “black lifes matter” en “fees must fall” maar is ook die dryfkrag agter die “ekonomiese vryheidsvegter” populistiese politieke drukgroepe! 

Om hierdie dreigende gevaar waarlik aan te spreek gaan ‘n reeks openlike Bybelse verantwoordelike debatte kos, maar ek wil tog ‘n paar riglyne deel teen die agtergrond van wat ons tot dusver in hierdie studie van Christus en Sy kerk geleer het. 

  1. Elke keer in die geskiedenis waar die kerk vir watter saak ook al geweld teen enige mens regverdig het, het die kerk haar skeppingsdoel gemis, en in die hand van die Antichris gespeel om eerder vervolger as redder te wees.  Jesus was ‘n pasifis ten opsigte van aardse politieke beheer, maar ‘n revolusionêr teenoor geveinsde godsdienspleging.  Jesus was neutraal onpartydig teenoor al die verskillende faksies, almal was welkom by Jesus se feesmaal. Maar Jesus was uitgesproke teenoor enige vorm van immorele dwaasheid!  In ‘n wêreld waar mense elkeen sy eie belang eerste beskerm, staan Jesus as die bewaarder of beskermheer van waarheid alleen! (Joh. 18:37) 
  2. In Jesus is daar nie meer helde en skurke nie, net ‘n mensdom wat of met God versoen is, of nie.  Jesus Christus leer ‘n algehele nuwe benadering tot die lewe: Maak jou vyande jou vriende, seën die wat jou vervolg, bid vir die wat jou misbruik. Ons aanvaar dat om Jesus te leef, met vervolging gepaard gaan, maar oorkom boosheid deur goed te doen.  Ons grootste aanval wapen is LIEFDE! Jesus veroordeel nie die rykes se rykdom nie, maar vermaan hoe hulle dit moet spandeer en om nie hulle vertroue in hulle rykdom te plaas nie.  Jesus bedien romeinse soldate belastinggaarders, melaatses en samaritane almal met dieselfde deernis en reguit waarheid.  
  3. Die koninkryk benadering bied ‘n praktiese, maak kontak, werk saam en bou verhouding benadering tot opponerende kulturele verskille.  Die politieke spektrum in Suid Afrika is gebou op die verdagmaking van die opposisie, ‘n teenstander benadering.  Dit bring mee dat raadslede meer besorg is om hulle eie posisies te verdedig en te verstewig as om daadwerklik probleme direk deur samewerking op te los.  Niemand vertrou niemand nie.  Jesus bied ‘n pragmatiese kom-almal-raak-betrokke benadering. Die fokus is die probleem en nie die persoon nie.  Die een met die beste oplossing vir almal wen die steun van almal.  
  4. Die koninkryk benadering respekteer mense se besluit om te verskil, en weg te draai van die waarheid.  Nêrens in Jesus se bediening het Jesus enige persoon verplig, of geboelie om in te gee nie.  Hy het ook nie diegene wat met hom verskil in die skande probeer bring nie.  Hy het voorwaar openlik enige vorm van valsheid, dwaasheid en uitbuiting direk en openlik veroordeel, maar dit is waar dit stop.  Jesus verduidelik die gevolge van ongehoorsaamheid, maar forseer niemand om in Hom te glo nie. 

Wat hierdie protesbewegings voorwaar uitlig is die ongelykhede waaraan so baie mense vasgevang is, ten spyte van al die moderne tegnologiese vordering en deurbrake.  Verder word die breër samelewing bewus gemaak van sistemiese armoede en die lyding van sommige identiteit groeperinge. Die koninkrykbedryfstelsel tipe kerk bied ‘n verhouding-maak-kontak oplossing tot al hierdie ingewikkelde komplekse probleme! 

So vertel Frans Pienaar ‘n swart man van die Paarl my, hoe hy vir jare as bemiddelaar opgetree het vir plaaswerkers wat volgens hom onregmatig hulle werk verloor het, en gevolglik huisvesting op die plaas. HY vertel smalend hoe baie sake hy gewen het, en geld beding het vir hierdie slagoffers, veral omdat hy vlot Afrikaans praat sonder ‘n aksent, en as gevolg van sy Afrikaanse naam maklike toegang tot plase verkry het. Eers wanneer hy in die vergadering instap kon die plaaseienaar en sy werknemer konsultante sien dat Frans Pienaar ‘n swart man is.  Frans se oë versag.  “Ek het geld gewen maar verhoudings verwoes!” Ek het inderdaad op die einde nie die plaaswerker werklik gehelp nie. Want gou is die geld opgebruik, en die waarde van ‘n langtermyn verhouding eers daarna besef.  As ek maar eerder behulpsaam was om die werkgewer en werknemer verhouding te herstel het almal gewen! 

‘n Mens bou nie vertroue, respek en geloofwaardigheid deur enige vorm van protesaksie nie! Inteendeel, enige basis van wedersydse gesonde verhouding word heeltemal uitgewis, om soms nooit te kan herstel nie.  Armoede verligting begin nie by ‘n ryk persoon wat vir ‘n arm man iets gee nie.  Armoede verligting begin wanneer beide ryk en arm besef dat hulle geestelik arm is sonder God, en ‘n verhoudingsreis onderneem om daar te wees vir mekaar! 

Ons verkry nie toegang tot finansiële markte deur ontwrigting en diefstal nie! Al die goedere wat tydens die “black-lifes-matter” en onlangse onluste in Durban geroof is, kan nooit opmaak vir die verhoudinge wat in die proses verwoes is nie!  Tydens ons grondberaad samekomste, is die een na die ander storie vertel van Boere wat met Jesus ontmoet het, en toe op grond van ‘n diep verandering in sy hart, eers met sy eie gesin en toe met sy plaaswerkers versoen het. Nie net is grond gratis beskikbaar gestel vir plaaswerkers nie, maar gesonde verhoudinge word gehandhaaf sodat die nuwe boer ‘n lewe kan maak met die hulp van die wit boer se netwerk en hulpbronne.  Dit is wesenlik onmoontlik om ‘n lewe as ‘n produsent te maak in Suid Afrika sonder jou buurmanne se ondersteuning.  Analise Crosby het ook tydens die Sandton grondberaad die waarheid uitgelig, wat dit boere kos om grond te gee, net in die hoë kostes nie, maar ook die moeite! As Jesus dit nie in die boere se harte gewerk het nie, sou hulle dit nooit gedoen het nie![6]

Ek wonder of mense wat worstel rondom hulle seksuele oriëntasie inderdaad so sou sukkel binne die konteks van openlike gesonde multi-vlak verhoudinge? Dit wil my voorkom dat baie van ons sielkundige probleme begin by iemand in ons familie, wat of afwesig, of hulle intieme gesinsvertroue misbruik het.  ‘n Helende volkome uitgebreide gesin behoort die nodige veiligheid, verantwoordbaarheid, en ondersteuning as die een lid tekort skiet aan elke kind te bied.  Dit is my ervaring dat die meeste seksuele distorsies soos pornografie onder kinders, ontrouheid in huwelike, en selfs geslag oriëntasie kwessies eintlik ‘n diep soeke is na betekenisvolle verhoudings van wedersydse respek, begrip en liefdevolle fyn aanvoeling.  Wonderlike vervullende verhoudings kan egter nie verwesenlik word sonder wederkerige erkenning en oorwinning van sondige, onheilige, selfsugtige, verwoestende praktyke en gesindheid nie.  Anders gestel, soos in hierdie studie verduidelik is die Koninkryk van God die verwesenliking van ‘n volkome volwasse uitgebreide gesonde gesin en familie! 

Die wêreld met al sy programme en probeerslae kan nie hierdie gesonde familie verwesenlik nie.  Veral nie ‘n familie saamgeflans vanuit verskillende nasies en tale nie! Dit is alleen moontlik deur die verlossingswerk van Christus Jesus, en die navolging van Sy lewe en norms! 

‘n Gesonde gemeente bied ‘n gesonde heilige gesin belewenis vir elke mense van baba tot bejaarde, van die een generasie tot die ander.  Niemand word uitgesonder of uit gelos nie.  Ons is ten volle in die nou, maar ook met ons oog op die toekoms, en met eerbied vir ons herkoms.  Die stelsels van die mens, probeer soms so hard die individu help, dat ons nie die netwerk van verhoudings rondom die individu in ag neem nie. Jesus red nie net die individu nie, HY wil die hele familie red! 

Wat is die doel van ‘n volwasse kerk?

“Gaan dan heen en leer al die nasies.” 

‘n Dieper studie van hierdie twee sleutelwoorde in die Groot Opdrag is: “Teach/Disciple” Mathēteúō wat beteken nie net om te leer nie, maar om geheg te raak aan ‘n onderwyser en om sy leerstellings en lewenswyse presies na te volg.  

Nasies: éthnos verwys meer intiem na ‘n spesifieke etos kultuur in die homogene groepering. Die meeste nasies is vandag nie meer ‘n homogene eenheid nie, eerder ‘n versameling van verskillende kulturele erfenisse onder een vlag konstitusie en nasionale vaandel.  Daarom is die groot opdrag aan die kerk meer spesifiek om elke plaaslike Etos te dissipel! As gevolg van globalisering het die afsonderlike grense van nasies en etniese groepe vaag geword, skole, die werksplek, winkelsentrums en openbare ruimtes behoort nie meer aan ‘n spesifieke nasionaliteit nie. Etos: Sosiologie. die fundamentele karakter of gees van ‘n kultuur; die onderliggende sentiment wat die gebruike, gebruike of praktyke van ‘n groep of samelewing inlig; dominante aannames van ‘n volk of tydperk.  

Die uiteindelike doel van die lokale gemeente is om ‘n Jesus-koninkryk-gerigte kultuur te skep.  Gewoonlik is elke gemeente gegroepeer vanuit ‘n bepaalde fisiese kulturele omliggende etos.  Soos mense deel raak van die gemeente, word Jesus se norme en standaarde gespreek en nagestreef.  Die probleem deur die eeue is dat die plaaslike kulturele norme, standaarde, en wereldbeskouing soms so sterk is dat die gemeente aanpas by die wêreld, eerder as die wêreld by die kerk.  Die meeste groeperinge haak iewers vas in hulle groei en ontwikkeling proses, veral as groepering uit net een demografiese sosio-ekonomiese groep bestaan.  Wanneer ons egter deur die kulturele en sosiale klas verskille werk, en almal saam opgroei in volwassenheid in Christus word ons aardse wêreld hemel op aarde.  Die probleme selfs in die gemeente wat al sterk op pad is in hierdie ontwikkelingproses, is wanneer enige persoon of leier nie meer sentreer om die Son (Jesus Christus) nie.  Sou ons as algehele geloof gemeenskap in verhouding gebly het met betrekking tot ons teologiese verskille, sou daar soveel radikale verskille gewees het? Die probleem is dat die meeste van ons verabsoluteer ons benadering as die enige waarheid, en sien nie ons eie blindekolle raak nie. Veral nie die blinde kolle tussen wat ons glo en wat ons in realiteit leef en toepas nie.  Dit is soms die grootste aanklag teen die kerk, julle leef nie wat julle preek nie!! 

Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word.  (2 Kor. 10:3-4) Lees weer hierdie vers aandagtig! As ons nie die KENNIS van GOD geleer is, en nie dus Sy Hart en Wil verstaan en ken nie, het ons geen weerstand teen hooghartige menslike redenasies en argumente nie! 

Dit is belangrik dat ons mense kos gee, kleuterskole en skole bou, dat ons vir mense probeer werk skep, dat ons ons gemeenskappe skoonmaak. Maar as ons nie mense die KENNIS van God leer nie, is die mensdom verlore! Van die oudste en mees gerespekteerde universiteite in die wêreld is deur die kerk begin, maar die kennis van God word nie meer ondersoek en geleer nie.  Gemeentes probeer deur vermaak en gerief toeskouers en skares trek, maar mense leef en doen soos die wêreld.  Jesus het dieselfde probleem gehad, Hy voed ‘n skare en mense hou van hom, en wil hom Koning maak, maar toe hy hulle leer hoe om hulle eie lewe op te gee, en Jesus te eet en te drink, Hom dus die objek en fokus van jou lewe te maak het die menigde verdwyn. Petrus antwoord toe: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.” (Joh 6:68) Ek dien die Here al vir 40 jaar, en het al ‘n 600 bladsy studie boek oor Jesus geskryf, en tog voel ek dat ek Hom nog steeds nuut elke dag leer ken.  Dit beteken dus prakties, dat soos ons met Jesus op reis is en voor moeilike besluite kom, ons kennis van Christus ons lei en rig.  Hoe meer gelowiges ‘n Jesus-benadering vind tot elke denkbare kwessie, word die aarde gevul met die Kennis van God en Sy heerlikheid! 

“Hervorm die kerk om die land te hervorm”

Dit lyk asof die wêreld wag vir die ware kerk om op te staan!  ‘n Kerk met ‘n Christus-gesentreerde benadering, en Bybelse gedefinieerde Koninkryk oplossings m.b.t. die SA konteks moet ons Land lei om saam te werk, saam te bou en saam te regeer.  Die Kerk is die enigste middelgrond, die regte fondament en uitgangspunt vir strukturele denke om welvarende nasies te bou.  

Byvoorbeeld: Die Bybelse wêreldbeskouing oplossing:

  • sien grondbesit nie as ‘n kwessie oor eienaarskap nie, maar rentmeesterskap en vrugbaarheidsgebruik. 
  • sien wins en vermenigvuldiging as ‘n manier om die mensdom te dien en goed doen. 
  • sien alle mense as individue wat na God se beeld gemaak is waardig om met billikheid en menswaardigheid gehanteer te word. 
  • impliseer inherente hoë standaarde van karakter, en etiese raamwerk van verdiende voorregte, en die hoogste verkose posisies is ‘n dienaar van die hele mensdom.  
  • is gebaseer op die hoop van ‘n voorspoedige toekoms vir elkeen, deur ware bekering, geregverdigde restitusie, en herstellende geregtigheid, wat die siklusse van nasionale-mag-oortredings genees.
  • is entrepreneuries en kreatief, ‘n praktiese geloof wat gedryf word deur verantwoordelike altruïstiese burgerskap teenoor alle mense.
  • erken die Christelike voordele wat inherent is aan verskillende rasse, en bevestig samehorigheid, vergifnis, empatie en wedersydse respek in plaas daarvan om ‘n kollektiewe skuld teen ‘n sekere ras of groep te bevorder.  Die grondslag van hierdie eenheid is nie uiterlike ooreenstemmigheid en eenvormigheid nie, maar ‘n Christus-gesentreerde bewese voorbeeldige karakter. 

Bestaande gemeenskapsleiers en individue wat hul Christus-gesentreerde karakter deur ‘n akkurate lewenstyl bewys het, is ideaal geposisioneer om die neutrale fasiliteerder te word om die regering, sakelui en die samelewing bymekaar te bring om ‘n Nuwe Sosiale Verbond te vorm.[7]  Openbare en sosiale aanspreeklikheid van maatskappye, instellings neem toe. Danksy webjoernale, podgooie, en ander sosiale netwerke in die kuberwêreld, het dit al hoe makliker geword om inligting oor omstrede of onetiese gedrag bloot te stel. Verbruikers verwag toenemende deursigtigheid en dat sosiale verantwoordelikheid ‘n kerndeel van ‘n maatskappy se missie sal wees. Mense oral eis ‘n meer deursigtige, samewerkende en inklusiewe waardestelsel in besigheid, kerk en regering.  Dis asof die wêreld eintlik smag na ‘n Jesus-gesentreerde oplossing! 

As ‘n pastoor wat die afgelope 26 jaar in Gemeenskapstransformasie betrokke is, moet ek verklaar dat Christus as ‘n lewenstyl nie net ‘n belydenis is nie, uiteindelik is Hy die enigste antwoord! Boere wat hul personeel op ‘n Christus manier behandel, sal hul mense liefhê en hul beste belange soek. Niemand sal omgee as Moeder Teresa in ‘n informele struktuur naby hul duur huise woon nie.  ‘n Christus houding en karakter sal informele nedersetters help om werk te verseker, hul omgewing netjies en skoon te hou en hulle die verdraagsaamheid te gee om die vrede in die gemeenskap te bewaar. Ryk huiseienaars wat ‘n Christus perspektief het, sal bereid wees om nie net te veg vir die verbetering van hul eie lewensomstandighede nie, maar ook die van minderbevoorregtes. Daar is baie maniere waarop die welvarendes kennis en hulpbronne kan deel om die armes uit die as op te hef.  As amptenare en politici ‘n Christus werksetiek het, sal dienslewering betyds en met uitnemendheid gedoen word. As verskillende etniese groepe ‘n Christus houding het, sal daar ‘n hoër verdraagsaamheid en wedersydse respek vir mekaar wees. 

Om Lig en Sout in ‘n gemeenskap te wees:

Hoe lyk ‘n akkurate kerk in die moderne tyd? 

die opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God kom, tot ‘n volmaakte mens, tot die mate van die gestalte van die volheid van Christus; dat ons nie meer kinders moet wees nie, geslinger en rondgeslinger en rondgeslinger word met elke wind van leerstellings, deur die bedrieër van mense, in die listigheid van bedrieglike planne, maar, spreek die waarheid in liefde, mag grootword in alle dinge in Hom wat die hoof is – Christus – van wie die hele liggaam, saamgevoeg en saamgevoeg is deur wat elke gesamentlike voorrade,  volgens die effektiewe werk waardeur elke deel sy deel doen, veroorsaak groei van die liggaam vir die opbou van homself in liefde. Ef 4:11-16  

Kerk moet al die vestings van duisternis in die gebied infiltreer en verplaas deur nuwe goddelike standaarde te bou.  Die vyfvoud bediening fokus areas kan ook in die samelewing gebruik word.  Soos enige besigheid afhang van goeie leierskap, administrasie, bemarking, menslike hulpbronne bestuur en opleiding so bestaan die gemeenskap ook uit vyf pilare.  

Om ‘n gemeenskap te sien genees en herstel moet die volgende vyf sektore in die gemeenskap effektiewe diens lewer. 

  • Ekonomie, entrepreneurskap, vakleerlingskap en werkskepping 
  • Gesondheid en welheid van die hele mens.
  • Onderwys – Beroep relevante waarde gedrewe onderrig.
  • Regering – Leierskap is goeie bestuur. 
  • Gemeenskap Veiligheid.

As brugbouers, ambassadeurs van versoening, vredemakers, bou ons gesonde en sterk verhoudings.  Piet Dreyer ‘n apostoliese leier in Amos Agrimin het altyd wanneer ons oor grondhervorming gepraat het uitgewys dat die eintlike probleem verhoudingshervorming is.  

Een van die vrugte van volwassenheid in Christus, is hoë vlakke van karakter, wysheid en volwassenheid om verhoudingsprobleme vreedsaam te onderhandel.  Ons is nie meer die slagoffer van swak verhoudings nie. Onkreukbaarheid en verbondenheid met mense is wat ware Christene die mees gesogte werknemers maak.

Elke gelowige funksioneer dus as ‘n lewende steen nie net om Sy kerk te bou nie, maar ook die lewende stene wat die vervalle mure van ons gemeenskappe herstel.  Ons lewens, en aksies herstel die samelewing.  

Slotsom:

Nie almal wat hierdie boek lees, sal noodwendig met alles saamstem nie.  Dit is reg so, en onvermydelik. Maar ek doen ‘n beroep, om nie iets af te skiet wat nog nooit beleef en ervaar is nie! Wanneer jy nog nooit in tale gepraat het nie, en dit nog nooit beleef het nie, is dit maklik om dit as niksseggend af te skryf, as iets wat met die sterwe van die apostels uitgesterf het.  Baie mense het al deur die eeue hulle teologie oor God en sy kerk geformeer rondom net hulle eie belewenis wêreld. Verder motiveer menige hulle teologie juis in weersin, teenoor ‘n aspek van kerk wat hulle negatief op ‘n bepaalde tyd beleef het.  

Paulus is 100 persent reg wanneer hy die kerk met ‘n mens se liggaam vergelyk. Dit het verskillende dele, maar almal bestaan vir die welheid van die hele liggaam.  Trouens die liggaam is so wonderlik geskape, dat honderde spesialiste baie jare moet studeer om ‘n aspek van die liggaam soos die oor of keel te verstaan.  Ons sal nooit die kerk in sy volheid verstaan en kan beheer nie. Dit is immers Jesus se liggaam! Hy is God! Daar is ‘n duidelike misterie rondom die Godheid wat die mens se verstand te bowe gaan. So ook Sy liggaam! Die oog meet dikwels die liggaam aan die standaarde van die oog, maar die oor funksioneer heel anders. Al die verskillende aspekte van kerk is nodig en belangrik! Die mens is immers ‘n komplekse wese!! 

Moet dus nie kerk reduseer tot jou paradigma en begripswêreld nie! Kerk is duisend keer meer!! 

Bou u kerk Here Jesus! 

Kom Here Jesus Kom! 

Maranatha! 


[1] The Essensialist – the discipline pursuit of less – Greg McKeown

[2] When Helping Hurts – Steve Corbett https://chalmers.org

[3] https://hrco.co.za/preke/hoe-sien-ek-god-reg/

[4] https://hrco.co.za/preke/van-waardeloos-tot-meesterstuk/

[5] https://hrco.co.za/preke/god-se-perfekte-liefde-ontmoet-my-imperfekte-liefde-vir-my-naaste/

[6] https://landsummit.co.za/the-heart-of-the-law-and-the-law-of-the-heart/

[7] https://www3.weforum.org/docs/WEF_GAC_NewSocialCovenant_Report_2014.pdf