‘n Oproep tot Reformasie

Die kerk van die Reformasie moet voortdurend reformeer.  Die leuse van die Reformasie was immers “Ekklesia Reformans semper Reformata”.  Verandering is konstant.  Alles in die wêreld bly voortdurend verander en aanpas by die omgewing en natuur.  Ons modes bly konstant verander, ons huise, ons motors, ons beroep en werksplek ons lewenstyl; behalwe die kerk. Die kerk moet in sekere opsigte nie verander nie, want in ’n sekere sin is dit presies wat die kerk die wêreld aanbied, stabiliteit en sekerheid in ’n onstabiele en onsekere wêreld.  Daarom wil sommige mense nie eintlik hê die kerk moet verander nie, want die feit dat dit altyd dieselfde is bied sekuriteit.  Langenhoven het altyd gesê in terme van leerstellings moet die kerk soos ’n rots wees, maar in terme van gebruike en handeling moet die kerk soos ’n rivier wees.  In sommige gevalle kan mens egter nie die Leerstelling van Gebruike skei nie want die twee hou verband.  

Bo alles moet die kerk relevant bly. 

 Die mense wat die kerk bedien verander, het nuwe perspektiewe en waardes, staan voor moeilike en ingewikkelde besluite en het antwoorde en leiding nodig.  Die mense se musiek smaak is anders, hulle smake van dekor en wat mooi is het verander.  Die kerk moet hierdie dinge aanspreek om relevant te bly.  Maar die kerk moet nie net verander te wille van verandering nie, die uiteinde is ’n kerk wat op speel na mense se smake en voorkeure en nie meer die spreekbuis van die Wil en Stem van God is nie.  Verandering in die kerk moet dus nie deur mense geïnisieer word nie, maar deur God!  So baie van die dinge wat ons doen in die kerk is geïnspireer deur ’n mens en het oor tyd oorleweringe en tradisies geword.  Maar hoekom doen ons dit so?  En wie sê ons moet dit so doen?  Reformasie is om te verander en aan te pas na die voorskrifte van die Woord en wil van God.  Die hart en dryfveer agter die reformasie is die Heilige Gees wat ons deur die Woord bly herinner aan die rede en motief van God se hart.  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.  (Mat.16:18) Jesus is die hoeksteen en bouer van die Kerk, as ons Hom net wil toelaat om dit te doen!  Hy het sekere voorskrifte vir hoe die kerk moet lyk, Hy is die bloudruk vir die Kerk, so dikwels sit ons vensters en mure op plekke in die gebou, wat nie volgens die bloudruk is nie, en later weer afgebreek moet word.  Oor tyd sien ons dat God dan individue roep en in hulle harte werk om dinge te doen volgens Sy bloudruk.  Hy laat hulle iets sien van die ware plan van God vir kerk en in hulle soeke bring hulle verandering en reformasie in die kerk.  Onder hulle leiding het daar verskillende bewegings en oplewings in die kerk gekom wat ons nader gebring het aan God se bepaalde bloudruk.  Die probleem is dat in vele gevalle die tweede en derde generasie nie die sentimente van hulle stigters en voorlopers verstaan en voortsit nie.  Hulle raak te besig met die dinge van God en val uit verhouding met die Kern en Bron; God self.  As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou… (Ps. 127:1) 

Terug na die Kern

Bruce Wilkerson van ‘Walk through the Bible’ faam het ‘n reeks wat hy noem “the three chairs principle”.  Hy begin deur te verduidelik dat daar drie stoele is waarop drie persone vanuit verskillende generasies sit.  1ste, 2de, en die 3de generasie.  In die 1ste stoel sit Dawid, hy het ‘n hart vir God gehad, en word God se vriend genoem, hy het ‘n persoonlike ervaring en eerstehandse belewenis van God.  Op die 2de stoel sit Salomo, hy het ‘n halwe hart vir God gehad, hy sien die werke van God, en wil die Here dien, maar komprimeer en het nie dieselfde toewyding en lojaliteit van sy vader nie.  Op die 3de stoel sit Rehabeam, hy het geen hart vir God nie, hy rebelleer teen die voorskrifte van sy vaders en volg sy eie kop.  Nog ‘n goeie voorbeeld is Josua, die oudstes en die verlore generasie Israeliete na hulle.   

Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. (Josua 24:15) Josua is nie bang om ‘n openbare standpunt in te neem en op te staan vir wat hy glo nie.  

En Israel het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die Here bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.(Josua 24:31) Selfs die 2de generasie het die Here nog gedien want hulle was nog bekend met die dinge van die Here.  

En die volk het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.(Rigters 2:7)En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. (Rigters 2:10) Die derde generasie het egter heeltemal afvallig geword en wegbeweeg van die eerste sentimente van hulle Vaders.  

Dit hoef nie die reël te wees nie, want daar is vandag vele bewyse van 3de en selfs 4de generasie predikers wat nog die werk van hulle voorouers voortsit met dieselfde toewyding en oortuigings.  Sekerlik kan daar nou in diepte gekyk word na hoekom dit vir die een werk en die ander nie.  Kortom, die 2de generasie het dikwels nie meer ‘n eerstehandse ervaring en waarheidsoomblik met die Bron nie.  Hulle sien net en hoor die werke van God sonder om met God self gekonfronteer te word.  Ons weet mos dat dit nie moeilik is, om met die dinge van God besig te raak, en God self heeltemal uit die prentjie te verloor nie.  So ‘n persoon was Paulus. ‘n Toegewyde Fariseër wat met geesdrif en oortuiging die wat van die weg was laat veroordeel het.  Hy het immers gedink hy doen dit vir die Here!  Totdat hy ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus het op die pad na Damaskus. (Handelinge 9:1-9) 

Paulus moet egter dikwels sy eie dissipels en volgelinge ook vermaan… “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. (2 Korintiërs 11:3) o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? (Galasiërs 3:1) omdat hulle van die oorspronklike weg begin afdwaal het.  

So vermaan hy vir Timoteus “Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.” (2 Timoteus 1:13) Ons moet dus bly reformeer om op die weg van waarheid te bly.  Waarheid weet ons is nie ‘n leer of dogma nie, maar ‘n persoon, Sy naam is Jesus, die Christus, Seun van die Lewende God.  

Paulus vermaan die gemeente in Korinte; “want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.” (1 Korintiërs 2:2) Dit blyk my dat die oomblik as ons hierdie fokus verloor ons ook die pad byster raak en verval in allerhande gebruike van godsdienstigheid en die krag van die evangelie misken. (2 Tim 3:5) Ons is die enigste Godsdiens te wêreld wat glo dat jy niks kan doen as mens om God te behaag of te vrede te stel nie.  Nog minder kan jy deur jou goeie werke gered word.  Christus het namens ons aan al die voorskrifte voldoen sodat ons deur Sy genade gered kan word, ons moet dit net aanvaar en vir onsself toe-eien.  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6) Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. (Johannes 8:24) Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Timoteus 2:5)  Ons kan nie onsself verander nie kan ons?  Dis tog net die Skepper wat die skepsel kan verander.  As ons onsself kon verander, hoekom het ons dan ‘n verlosser of redder nodig?  Nee, Hy verander ons deur die werk wat Jesus aan die kruis vir ons gedoen het.  Hy is die krag van die evangelie. (Rom 1:16) 

Reformasie is nodig om seker te maak dat ons by dié Waarheid bly.  Die Griekse woord vir reformasie is “diorthosis” wat beteken om, reguit te maak, te herstel of ʼn regstelling te maak.  Die woord kom egter net in Heb 9:10 voor waar na Jesus verwys word as die een wat die verordeninge en regulasies van die ou verbond kom regstel het.  Dis immers een van Sy primêre temas.  Die volgende frase word telkens in Sy prediking herhaal.  “julle het gehoor dat daar gesê word … maar vandag sê Ek vir julle …” Jesus is dus ons voorbeeld van hoe iemand reformeer en Hy self is ook die maatstaf waaraan alles getoets word en in lyn mee gebring word.  Wanneer jy tog ʼn reguit lyn probeer trek het jy ʼn liniaal nodig.  Jesus is ons liniaal!  Die kerk moet dus aanhoudend reformeer om in lyn met Christus se lewe te kom.  Maar dit is nie so maklik om die kerk en haar strukture en mensgemaakte maatstawe te verander en te korrigeer nie.  

Migrasie binne die kerk weg van die oorspronklike sentimente van die kerkvaders.

Soos wat kerke ouer word, leer die geskiedenis onomwonde dat hulle algaande van hulle oorspronklike sentiment af wegbeweeg. Selfs die naam van kerke is ‘n openbare aanklag van hoe ver hulle wegbeweeg het van die sentimente van die eerste kerkvaders.

Hoe ver verwyder is die Gereformeerde kerk van die sentimente van sy kerkvaders?  Luther verklaar byvoorbeeld in 1715 “dat waar Christus is Hy altyd teen die stroom gaan.” Hoeveel gereformeerde kerke is nog spreekwoordelik teen die stroom?  Op ‘n onlangse debat op TV met Freek Robinson op Fokus, ondervra hy verskeie teoloë oor die homoseksuele kwessie en die kerk.  Drie van die teoloë verklaar egter onomwonde “dat ons nie die kerk van vandag met die kerk van die Bybel moet vergelyk nie.” Watse getuienis dra die kerk dan vandag?  Watse stories word van dié lokale gemeente oorvertel?  Dank God dat daar wel gemeentes en kerke is wat ‘n getuienis dra van lewe en goddelike karakter.  Waar mense se stukkende lewens herstel word en mense gevoed word met die Ewige brood.  Maar die teendeel is ook waar.  In baie gevalle is die kerk bloot ‘n institusie waar nostalgies vasgeklou word aan gister, maar die realiteite van die eerste ervaring met God lankal nie meer beoefen word nie.  Willie Jonker skryf in sy boek “selfs die kerk kan verander” oor hoe hy besef het dat die NGK ʼn volkskerk geword het.  Die term ‘volkskerk’ is die eerste keer deur die teoloog Abraham Kuiper in die vorige eeu in Nederland gebruik toe hy die stryd aangesê het teen ʼn tuglose massa-kerk, ʼn organisasie waartoe mense kragtens tradisie behoort, sonder dat hulle werklik verstaan waaroor dit in die kerk gaan.  Jonker het dikwels saam met ʼn aantal teoloë en vriende bymekaar gekom om hierdie kwessies in die NGK geledere aan te spreek.  Van die kwessies in die begin was die lewende gemeenskap van gelowiges, funksionering van die ampte, en die noodsaaklikheid van kerklike tug. [1] Willie se soeke, soos ander, is dat die kerk sal terugkeer na die waarheid en oorsprong van die Gereformeerde kerk.

Ongeveer 100 jaar na die Reformasie van Luther in Duitsland, het die Lutherse Kerke begin om geestelik te verkoel. ʼn Lutherse pastoor, Philip Jakob Spener, het met nuwe ywer en geesdrif begin om mense tot heiligmaking op te roep, hieruit het die Piëtisme beweging ontstaan. Die Piëtiste het groter klem gelê op die gewone geestelike nood van mense as op teologie en kennis. Hulle het geglo dat godsdiens iets is wat diep binne in ʼn persoon gevoel moet word. Hierdie vernuwing het goeie gevolge gehad soos die sendingwerk onder die armes en die Sondagskoolbeweging en die gebruik van huiskerke binne die groter kerk. Verder het hulle ook prysenswaardige hoë morele waardes voorgestaan.[2] Tog vandag het hierdie beweging ʼn dooie institusie geword, wettisisme, en metodiese gebruike het grootliks die werk van die Heilige Gees in die hart vervang.  

Nog ‘n goeie voorbeeld is Wesley. In sy later lewe het Wesley sy kommer uitgespreek teen die Metodiste se verlore passie vir siele, dat hulle nie meer die 5 uur biduur in die oggend bywoon nie, en dat hulle nie meer dieselfde opofferings maak vir die evangelie soos voorheen nie.  Die rede volgens hom was die feit dat baie van die eertydse boemelaars, alkoholiste en armes tot bekering gekom het en intussen verander het en ryk mense geword het.  Deur die Christelike leer en gewoontes het almal werk gekry en gou opgang gemaak vir hulleself.  Hy het meer oor finansies en die skade van rykdom gepreek in die laaste drie jaar van sy bediening as in die 50 jaar voor dit.[3]   Volgens hom het die Metodiste hulle eerste liefde verloor!  Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n kerk wat oor tyd stadig wegbeweeg het van die oorspronklike mandaat wat God aan die leiers gegee het.  

Daarom moet die kerk voortdurend hervorm en reformeer.  

Volgens Joseph Coetzee beteken Reformasie nie om nuwe dinge te ontdek nie, maar om ou dinge te herontdek.  Die beginsel van Sola Scriptura (die woord alleen) is die manier waarop die kerk gereinig en hervorm word.  Ons moet egter nie die verlede idealiseer nie. Die reiniging en die hervorming was onvolledig! Wanneer ons getrou aan die skrif wil bly moet ons bereid wees om voortdurend te verander.[4]  

Die Kerk verander moeilik

Luther het soos menigte geestelike leier voor of na hom die frustrasie beleef van die kerk van sy tyd wat so ver verwyderd was van die kerk van die Nuwe Testament. Daarom die klem op voortdurende reformasie.  Luther se 95 stellings was ‘n openbare aanklag teen godsdienstige gebruike beoefen deur kerkleiers van sy tyd.  Al wat hy wou weet is; “Hoe Bybels verantwoordbaar is hierdie gebruike, en as dit nie is nie hoekom doen die breë kerk en dan veral die Pous dan niks omtrent dit nie?” Hy wou nie teen die kerk rebelleer nie, maar bloot die kerk uitdaag tot openbare debat, en die validiteit van sekere gebruike bespreek. [5]  

Luther het nie die impak besef wat daardie 95 stellings op die kerk sou hê nie, verskeie oorloë en bloedvergieting is sedertdien verduur want die Kerk verander moeilik en stadig.  Maar uiteindelik op 31 Oktober 1999 het die Katolieke en Lutherane kerkleiers ʼn Katolieke/Lutherane verdrag onderteken te Ausberg 482 jaar later. In hierdie verdrag word daar ooreengekom dat albei kante basies dieselfde sê naamlik dat redding alleenlik deur Christus moontlik is en geensins deur die pogings van ʼn mens nie.  Nogtans is werke belangrik ten opsigte van die uitvoering van ons geloof.  Dus is beide geloof en werke belangrik! [6]  

Maar die kerk het blykbaar te vinnig verander selfs vir die hervormers want in 1525, sewe jaar na Luther se stellings te Wittenberg word die eerste volwasse persoon gedoop deur onderdompeling in Zürich.  In die gees van reformasie, begin sommige die kinderdoop te bevraagteken, en weier dat hulle kinders gedoop word.  Die begin van die Anabaptiste of wederdopers beweging.  Luther en sy volgelinge het die wederdopers sterk teengestaan en selfs fisiese geweld en publieke teregstelling onderskryf. [7]

 ʼn Derde en baie diep skeuring in die kerk het gevolg weereens omdat die kerk sukkel om te verander, asook sukkel om God se agente van verandering te aanvaar.  In 2004, 500 jaar na die geboorte van Heinrich Bullinger, een van die Anabaptiste se martelare wat verdrink is in Zurich se Limnat Rivier in 1527, vra die Lutherane en Katolieke Kerkleiers vergifnis vir die misdrywe teen hierdie gelowiges wat vir jare as ʼn sekte beskou is. [8]  

So kan ek voorbeeld op voorbeeld noem, van hoe die kerk moeilik verander en hoe lank dit die kerk vat om te verander.  God is die agent van verandering en reformasie.  Dis immers God se werk om ons blaamloos te stel vir die koms van Sy Seun.  (1 Tes. 5:23-24) God self is die inisieerder van reformasie en verandering.  So het Christus immers sy aardse bediening begin met “Bekeer julle (verander) want die koninkryk van God het naby julle gekom!” (Mat. 4:17) Jesus self is ons groot reformeerder en voorbeeld.  Was sy lewe en woorde nie juis in stryd met die Fariseërs, Skrifgeleerdes en die Sadduseërs die godsdiensleiers van Sy tyd nie?  Dis immers hulle wat gesorg het dat Jesus gekruisig is! (Mat. 27:20) 

Deur die eeue kan vele kerkleiers getuig van die vervolging en openbare teistering wat hulle al moes verduur om die kerk te probeer verander.  Die feit is dat mense ervaar reëls en regulasies wat onveranderd bly as veilig en gemaklik, hulle weet presies wat van hulle verwag word, hulle kan ook nie onverhoeds uitgevang word nie want hulle weet ook presies wat om te verwag.  Maar die realiteit is verandering is absoluut en konstant.  Dis die een ding waarvan ons kan seker wees, is dat alles altyd verander.  Ons liggame verander, ons werk en lewe verander, ons huise en karre verander.  Verandering is lewe!  Net dooie goed kan nie meer verander nie.  

Die Groot Skeiding in die Kerkewêreld

In veral gereformeerde kerke in Suid Afrika blyk daar ‘n oproep van vele oorde te wees vir die kerk om terug te keer na die gees van reformasie en as sulks ‘n terugkeer na die Woord.  ‘n Artikel met die opskrif  ‘n oproep vir reformasie’ is deur die kerkraad van die NG gemeente in Eendekuil aan die sinode deurgegee.  Voorbeelde van humanisme en sekularisme in die kerk word aangespreek, asook die tekort aan kerklike tug, veral aan teoloë wat dan sogenaamde onwaarhede verkondig.  Wat egter interessant is, is die volgende stelling aan die einde van die berig.  

“Die wyse waarop Pentakostalisme as “vernuwings-truuk” in die kerk ingespan word is problematies.  Die kerkraad oordeel dat die Gereformeerde spiritualiteit onversoenbaar is met ‘n Pentakostalistiese spiritualiteit.” [9]

Hierdie frase kom verskeie kere voor in gereformeerde kringe en skrywes.  Op die vraag; “Nou wat ís “gereformeerdheid” nou eintlik?” in die kerkbode, het Willie Jonker die vraag as volg beantwoord: “Dit is ‘n inkeer tot die Woord van God en aanbidding in die lig van die Woord. Dis ‘n lees van die Woord met die insig van die Reformasie, ‘n tradisie van spiritualiteit wat uit die tyd van die Reformasie dateer.” In die volgende sin verklaar hy egter hoe bekommerd hy is oor die Charismatiese invloed wat in die Gereformeerde tradisie begin insypel.[10]

Alhoewel daar al ‘n baie groter begrip en samewerking bestaan veral tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Apostoliese Geloof Sending blyk daar tog ‘n wesenlike verskil te wees in die teologiese sienings van hierdie twee bewegings en dat daar moeilik versoen gaan word.  Maar Smith Wiggelsworth het aan die einde van sy lewe ‘n profesie gebring oor die toekoms van die kerk wat veral ten opsigte van hierdie punt insiggewend is.  Hy het gesê dat daar na sy dood ‘n wêreldwye herlewing gaan uitbreek waarin groter wondertekens gesien sal word as self in sy tyd, (hy het 14 mense uit die dood uit opgewek!) Hierdie herlewing sal gekenmerk word deur gewone mense wat kragtige dade doen en getuig en leer van die grootheid van God.  Die mees belangrikste kenmerk egter sal wees dat daar ‘n perfekte balans gehandhaaf sal word tussen die klem op die Gees en die klem op die Woord.  

Nou die dag weer was ons in gesprek met ‘n predikant wat homself sterk uitdruk dat dit onmoontlik is om hierdie twee tradisies ooit te verenig.  Die twee staan absolute teenoor mekaar omdat die skrifhantering en skrifbeskouing soveel verskil.  

Die Apostoliese Reformasie Bied die Derde Opsie (Middelweg) aan.

Die apostoliese reformerende beweging bied egter ‘n derde opsie deurdat hierdie twee waarhede saam die nuwe skrifbeskouing en kerkbeskouing van dié nuwe beweging is.  Pawson het al in 1992 gesê dat die brug tussen die charismatiese en gereformeerde tesisse nie in ʼn middeweg of perfekte balans gevind gaan word nie maar eerder ʼn hele nuwe perspektief bo hulle. [11]

Dit is die crux van die apostoliese reformasie. ʼn Heeltemal nuwe uitkyk op die lewe, ʼn geheel en ander wêreld beskouing vanuit ʼn koninkryk en goddelike perspektief wat uiteindelik ‘n perfekte balans tussen die klem op die Woord en die werking van die Gees vorm.  Die klem op die Woord is veral deur die gereformeerde tradisie gehandhaaf maar verabsoluteer waar emosie en meelewing soms heeltemal geïgnoreer word. In Pinkster kringe en later die Charismatiese beweging val die klem weer te dikwels op ‘n gevoel en ervaar godsdiens.  

‘n Oordrewe konsentrasie op die skrif kan lei tot goed gedefinieerde teologiese idees en leerstellige waarhede maar daar is ‘n gebrek aan dinamiek en toepassing wat alleenlik kom van ‘n direkte inspraak en ervaring met God.  ‘n Oorbeklemtoning van die ervaring met die Heilige Gees kan ‘n lewende en sterk geloof daar stel, maar ‘n tekort aan akkuraatheid en rigting, ‘n geloof gegrond op emosie en temperamente wat skielik kan verander. [12]  

Beide die klem op die Woord en die Gees is nodig vir ‘n gebalanseerde lewe.  

Too much Word and you’ll dry out, to much spirit and you’ll blow up, put them together and you will grow up!  Anoniem. 

Die Pinkster gelowiges moet leer dat tale nie alles is nie en die Gereformeerde gelowiges moet leer dat tale nie niks is nie.  Die Heilige Gees bewonderaars klub moet leer dat hoe meer spontaan en onbepland ‘n diens is dit nie wat die diens noodwendig meer spiritueel maak nie.  Die Skrif gebondenes moet leer dat ‘n diens ordelik kan wees en Gees geïnspireerd sonder om elke ding neer te skryf en vooraf te beplan.[13]

In een van die Maksiman tydskrifte maak Hennie Stander, die redakteur, ‘n paar omstrede opmerkings oor sy persoonlike gevoel teenoor die kerk, hoe hy lanklaas ware voedsel vir sy siel gekry het in ‘n erediens, en dat as daar enige iets goed uit al die gesprekke met die nuwe reformatiste moes kom is dit dat dit dalk tyd is vir ware reformasie.  Sy redaksionele brief is weer ‘n maand later netso in die Pinksterboodskapper, die A.G.S kerk se amptelike kerkblad aangehaal.  Hy het dus verseker ‘n noot raakgeslaan en nie net in die gereformeerde tradisie nie.  

Gemeentes in die NGK geledere wat wel vernuwe, beleef geweldige groei nie net in getalle nie maar in meelewing en goddelike karakter.  Vernuwing is egter nie maklik nie en vra ‘n prys, en almal is nie altyd bereid om die prys te betaal nie.  

Die Antinomie in teologiese denke.  Geheimenisse/verborgenhede/Misterie

J. I. Packer gebruik die volgende illustrasie om die antinomie van die soewereiniteit van God en die verantwoordelikheid van die mens te verduidelik.  In die studie van lig, het wetenskaplikes ook met ‘n antinomie te make.  There is cogent evidence to show that light consists of waves, and equally cogent evidence to show that it consists of particles. It is not apparent how light can be both waves and particles, but the evidence is there, and so neither view can be ruled out in favor of the other. Neither, however, can be reduced to the other or explained in terms of the other; the two seemingly incompatible positions must be held together, and both must be treated as true. Such a necessity scandalizes our tidy minds, no doubt, but there is no help for it if we are to be loyal to the facts” [14]

Die meeste verantwoordelike teoloë meen dat die leer van die uitverkiesing teenoor die verantwoordelikheid van mens in die lig van ‘n Bybelse antinomie gesien moet word.  Inteendeel die Woord doen dit ook.  So ‘n sprekende voorbeeld vind ons in (Hand 2:38-39) En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. Die Pinkster teoloë beklemtoon graag vers 38 terwyl gereformeerde teoloë aan vers 39 vasklou.  Tog is die twee teksgedeeltes nie in kontras met mekaar nie.  Die apostels was versigtig om ooit iets weg te neem van God se soewereine genade en plan van verlossing.  Sonder Hom sal ons nooit salig word nie, maar aan die ander kant word daar dikwels ‘n appèl op die mens geplaas om gehoorsaam te wees aan hierdie oproep.  Waarom word hierdie appèl dan ooit gemaak as die mens niks moet doen nie?  Vers 38 is in die imperatiewe vorm geskryf en vra gehoorsaamheid van die mens, terwyl vers 29 die wyse en belofte uitspel; met ander woorde die indikatief van God se hart en plan beskryf.  Ons is gered wetende dat ons dit nie kon doen as Hy dit nie bewerk het deur Sy Gees en deur die werk van Sy Seun nie, maar ek moet op hierdie woord reageer in gehoorsaamheid.  

In Paulus se briewe aan die Gemeentes in Kolosse en Efese word twee wisseltermes gebruik in die een brief sê hy ‘word met die Gees vervul’ (Efe. 5:18) en in die ander sê hy ‘laat die woord ryklik in julle woon’ (Kol. 3:16).  Sommige teoloë gebruik hierdie verskynsel om te sê dat wanneer jy die Woord hoor dan word jy vervul met die Gees.  Iemand wat egter al die realiteit van die werkinge van die Gees ervaar het sal vir jou baie duidelik uitwys dat hierdie ervaringe nie Bybelstudie was nie en ook nie tydens prediking nie!  Dit wys weer op die apostoliese balans wat aan die twee begrippe gegee moet word naamlik om vol te wees aan die eenkant van die Gees maar ook om vol te wees van die Woord.  Wanneer Gees en Woord een word kom daar iets voort, so het die mens immers ‘n nuwe skepsel in Christus geword. (Joh 3:5; 1 Pet 1:23; 2 Kor 5:17) 

Volgens Watcman Nee is daar twee fundamentele beginsels in die Woord. Naamlik die Heilige Gees en Jesus Christus.   Die Heilige Gees bring die subjektiewe perspektief en help ons om dit wat ons glo te ervaar en te beleef.  Die Jesus Christus perspektief is objektief en leer ons wat ons moet glo en hoe. [15]

Aan die begin van Thomas Aquinas se “Summa Theologiae” verklaar hy dat vanuit die perspektief van teologie alles vanuit God se standpunt gesien word.  Daar is egter volgens hom ‘n verskil tussen Filosofie en Teologie, die een gebaseer op rede en die ander op openbaring.  Hy benadruk dat hierdie twee nie lynreg teenoor mekaar staan nie, beide is fonteine van kennis en van God afkomstig.  Thomas wat ‘n groot aanhanger van Aristoteles was, verklaar dat rede gebaseer is op sintuiglike informasie terwyl openbaring verder gaan.  Terwyl die rede ons kan oortuig om in God te glo het jy openbaring nodig om God werklik te ken.[16]

Linker Brein Regter Brein  
LogieseEmosie
OpvolgendeIntuïtief
RasioneelHolisties
AnalitiesSamevoeging
ObjektiefSubjektief
Sien dele of aspekteSien Geheelbeeld

Ons brein is dan geskep met hierdie twee belangrike sfere.  Die linker en die regte brein.  Wetenskaplikes is dit nou eens dat die Regter brein verantwoordelik is vir die mistieke, onderbewussyn, kunssinnige kreatiewe kant van die mens, terwyl die Linker kant verantwoordelik is vir rasionele, wiskundige funksies.  Vir lank in die Westerse wêreld is die klem net op die rede en die rasionele gelê terwyl daar ‘n groot tekort bestaan in die begrip van die ander kant van ons menswees.  

Sielkundiges en opvoeders is dit eens dat sekere mense ‘n voorkeur of na die Linker brein of die Regter brein het.  Dit beteken dat eensydige onderrig sterk onder die soeklig kom om ook ruimte te maak vir andersdenkendes.  Die Gereformeerde Kerke en Evangeliese Kerke lê veral klem op die Linkerbrein funksies terwyl die Pinkster en Charismatiese Kerke weer veral klem lê op die Regter brein funksies.  Ons moet nou egter by die punt kom dat ons besef dat die ander is nie verkeerd nie, God het ons met beide hierdie fakulteite geskape!  

C.S. Lewis gee ook hierdie perspektief, wanneer hy in die hoofstuk oor “The light in the shed” verduidelik dat daar ‘n houthut in die veld was.  Wanneer jy in die hut staan, skyn die son deur ‘n gleuf in die dak die hut binne.  Daar is twee perspektiewe op hierdie lig.  Die een wanneer jy bloot na die lig kyk en sien hoe die stofdeeltjies liggies beweeg in die sonstraal wat in die hut inskyn.  Of jy kan in die straal se pad gaan staan en reguit na die son kyk, en die hitte van die son op jou liggaam voel, en verblind word deur die krag van die Son.  Hierdie twee sienings is al twee legitiem en die een behoort nie bo die ander verhef te word nie.  ‘n Pediater kan tog nie meer belangrik wees as die Ma en haar ervaring van die geboorte nie.  Die een kan egter nie sonder die ander nie.  Die pediater leer van die vrou en maak studies en analises om die vrou en baba uiteindelik in die geboorte proses te help.  

Die Christendom se worsteling met hierdie goeie en slegte eienskappe van die mens het gelei tot ‘n dualistiese godsdiens van goeie werke en ‘n verwerping van alle boosheid.  In ons stryd teen boosheid en die werke van die vlees het ons egter verstrengel geraak met self en sodoende ‘n groot deel van ons menswees probeer onderdruk en selfs probeer doodmaak!  

Ek glo met my hele hart dat die apostoliese reformasie juis hierdie nuwe sintese en uitkyk versinnebeeld en sal ons deur die gang van hierdie boek hierdie punt bewys deur te kyk na wat die apostoliese reformasie is en wat hulle glo.  

 ‘n Definisie van Reformasie

Ons moet egter Reformasie omskryf en definieer omdat dit vir soveel mense verskillende betekenisse en sentimente het.  

In sy boek “The Reformation” skryf Patrick Collinson dat die Reformasie van die 16de eeu gesien moet word as een van die mees belangrikste insidente van die geskiedenis.  Geen ander kultuur het al ooit so ‘n radikale transformasie beleef wat nie net ‘n impak op die kerk gehad het nie maar politiek, industrie, ekonomie en feitlik elke sektor in die samelewing.  [17]

‘n Sentrale gedagte rondom reformasie is egter dat dit by ‘n individu begin, wie se persoonlike wêreld so geskud en aangeraak word deur ‘n Hoër hand dat die persoon nooit weer dieselfde kan wees nie.  Abram, Moses, Paulus Augustinus, Loyola, Aquinas, Luther en Wesley almal getuig van ‘n moment in hulle lewe waar hulle lewe ingrypend verander en aangeraak is nadat hulle ‘n unieke persoonlike eerstehandse ervaring met die Here gehad het.  Volgens Collinson is dit die werklike begin van reformasie, soos wanneer ‘n klippie in die water gegooi word en die rimpeling effek wyer en wyer uitkring. 

Reformasie het egter nie by Luther begin nie en hy was immers ook nie die eerste hervormer nie.  Daar was verskeie individue wat voor Hom alreeds die verkeerd in die kerk begin aanspreek het.  So ook in die Bybel lees ons van die hervormings van vele leiers wat op soortgelyke wyse deur die Here aangeraak is en bemagtig is om verandering aan te kondig.  So ‘n voorbeeld is Koning Josiah, wat as jong seun van agt jaar nie die weë van sy eie Pa gevolg het nie, maar eerder homself vereenselwig het met Dawid en hom sy Vader noem.  (2 Kron. 34) Hy vernietig die altare van die valse gode en rig mense weer om God te dien soos hulle voorvaders.  Hy ontdek die skrif en die wet, wat voorgelees word aan die mense, waarop onder ander die pasga en lofprysing herstel word.  

Reformasie is dus ‘n terug keer na die Woord van God as die maatstaf en bron van alle beweegrede en aktiwiteit vir ons as gelowiges.  Volgens Dr. Andre Pelser is reformasie; om te reformeer na die beeld van die Seun van God, Jesus Christus.[18] Om tot die volle kennis en gestalte van Christus te kom en te verander na Sy beeld is die doel wat God het vir elke mens.  (Rom. 8:28b-29)

Dit is ook die kern en doel van apostoliese aktiwiteite en bediening.  “My kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry.” (Gal. 4:19) Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel. (Kol. 1:28) Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.(2 Kor. 11:2) want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.(1 Kor. 2:2) Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig, (Efe. 3:8) Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie. (2 Pet. 1:8) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus (Efe. 4:13)

Die Wese van Reformasie

Luther en ander wat die reformasie begin het, het nie net bloot idees op die tafel gesit nie, die reformasie van die 16de eeu het nie sy ontstaan gehad in die lesingkamer of op Wittenberg se deur nie.  Dit was eers nadat Luther ‘n persoonlike verdieping of ontmoetings ervaring met God gehad het dat hy die oortuiging gehad het om die 95 tesisse te skryf en teen Wittenberg se deur te gaan vasspyker.   

Ware reformasie begin dus by Hom.  Hy is die een maatstaf vir ons lewe.  Ons is geskape tot hierdie doel en dit is om soos Hy te wees.  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders (Romeine 8:29) Hy is die presiese beeld en openbaring van God.  Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, (Heb. 1:3)

Ons kan God nie sien nie, maar Sy Woord het vlees geword en onder ons kom woon om vir ons die pad aan te dui na God se hart.  Dit is dan ook die Vader se begeerte dat ons netso een sal wees met Hom as wat hulle Vader Seun en Heilige Gees een is. dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. (Joh. 17:21) Ons moet uiteindelik ook so een wees met mekaar.  Dit beteken dat ons nie langer teen mekaar sal werk nie, maar een van gedagte, hart en optrede sal wees.  Soos die kerk in handelinge, word daar telkens verwys na die merkwaardige eenheid wat tussen die vroeër gelowiges geheers het.  Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die openbaarmaking van God deur Sy Gees aan individue regoor die wêreld, wat met God ‘n ontmoeting gehad het.  As dieselfde Gees dan in ons woon hoe kan daar dan verskille wees? En as ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie (Mar. 3:24)

Onlangs by ‘n predikante byeenkoms toe die vraag gevra word hoekom daar so min eenheid en samewerking tussen kerke is, het een pastoor die volgende geantwoord; “dis omdat daar so baie ongelowiges in kerke en in leierskap strukture van kerke sit.”  Iemand wat met God ‘n ontmoeting gehad het, vir wie die Here ‘n werklikheid geword het doen dinge net anders.  Ons vind dat gelowiges wat ‘n ware verhouding met die Here het en wie se geestelike oë geopen is, alreeds een is, en sommer gou aanklank met mekaar vind oor kerkgrense heen.  Dieselfde Gees woon dan in ons almal en ons behoort dus as ons van dieselfde gees deurdrenk is een van harte te wees.  Die sakralistiese kerkbeskouing wat veral deur die gereformeerde kerke uitgevoer word het tot ‘n groot mate bygedra tot die groot hoeveelhede mense op kerkregisters wat nie belydende gelowiges is nie.  Maar Pinkster leiers het hulleself ook al skuldig gemaak deur mense net te doop, om die getalle te kan opskryf en daaroor te pronk.  Hierdie mense het nie noodwendig die getuienis gehad van goddelike transformasie nie. 

Die vyandskap tussen die natuurlike mens en die gees mens. 

Dit is belangrik om op hierdie punt uit te wys dat die grootste agent van verdeeldheid in die kerk die ‘natuurlike’ “vleesgerigte’ mens is.  Daarom het Jesus, Petrus bestraf dat hy die gedagtes van ‘n mens handhaaf en nie die van God nie.  (Mat 16:23) Hierdie vyandskap was nog altyd in die kerk, tussen die wat veg vir die regte van die mens en die wat self gekruisig het en in gehoorsaamheid van Sy Gees lewe.  “Want hulle wat hulle laat lei deur die Gees is kinders van God.” (Rom 8:14)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. (Mat 7:21)

Ek het in my bediening oor die laaste 30 jaar al honderde kere gehoor hoe persone wat in die kerk groot geword het, gereeld kerk toe gegaan het, selfs op kerkrade gedien het vertel hoe die Here op ‘n spesifieke dag net ‘n werklikheid vir hulle persoonlik geword het.  Hoe is dit dan, dat daar mense in ons geledere is wat God nie ken nie?  Hulle het al van Hom gehoor hulle praat selfs van Hom, maar hulle het Hom nog nooit eerstehands beleef en ervaar nie.  Hierdie godsdienstige mens doen die regte goed, praat die regte goed maar is nie in Sy Gees gekonnekteer met God nie.  Dis wat Jesus vir Nikodemus wou verduidelik wie tog uit die aard van sy beroep, ‘n godvresende en toegewyde persoon was.  EN daar was ’n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ’n owerste van die Jode. (Joh. 3:1) Tog sê Jesus duidelik “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” (Joh. 3:5) Wat beteken dit om in water en gees gebore te wees? Kom ons laat die woord die woord verklaar.  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees. (Tit. 3:5) Water dui duidelik op wedergeboorte waarvan doop ‘n fisiese teken is en die vervulling of doop van die Heilige Gees. (Mat. 3:11) Die meeste Bybel verklaarders maak ook die afleiding.  Wedergeboorte vind plaas deur die saad van die woord wat ontkiem en Sy lewe en karakter in ons openbaar. (1 Pet. 1:23) Hierdie is nie noodwendig twee gebeurtenisse nie.  Maar verduidelik bloot die komponente van die proses van wedergeboorte.  

Die punt is egter dat hierdie twee persone lynreg teenoor mekaar staan, en dat die een in vyandskap staan met die ander.  Paulus verduidelik dit mooi in (Gal 4:21-29) Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar – dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ’n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte. maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 

Weereens in 1 Kor. 2:1-16 gee Paulus ‘n lang verduidelik oor die onderskeid tussen die gees mens en die natuurlike mens.  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. (1 Kor. 2:14) Die grondbeginsel is dat die vrug van wedergeboorte die dade van geregtigheid is wat Hy in ons werk.  Jesus maak dit tog mos ook duidelik dat ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie en andersom.  Die boom se natuur bepaal die vrug.  So bepaal ons nuwe natuur in Christus die ware vrug in ons lewe.  Jy kan dit probeer naboots maar dit hou nie lank nie. Wanneer dit dus oor eenheid gaan, vind ek dat gelowiges oor die hele kerkspektrum nie ‘n probleem het met eenheid en eenwees nie indien ons vanuit hierdie selfde vertrekpunt kyk.  

Een van die leraars in ons gemeente merk nou die dag op.  “As jy God aanbid en nie Sy stem hoor nie, is dit so goed jy aanbid Baal of een of ander dooie god.”  Dank God Hy leef en wil graag met ons praat, nie net deur die predikant op Sondae nie maar elke dag!  Dis immers waarom Hy Sy Seun gestuur het, om die voorhangsel van die wet te verwyder, en die afsondering veroorsaak deur sonde of te hef sodat ons Hom van aangesig ot aangesig mag ken.  

Dit is die doel van die reformasie, nie bloot kennis en nuwe perspektiewe op dinge nie, maar om Hom te ken en een met Hom te wees.  En om vanuit hierdie eenwording te lewe.

Wedergeboorte die vertrekpunt van Reformasie

Dis interessant dat soveel mense wat in die kerk groot geword hulle vorige lewe in die kerk veroordeel nadat hulle ‘n bekerings ervaring en verdieping in hulle verhouding met God beleef het.  

Sekularisme en sakralisme in die kerk het die kerk verarm na ‘n organisasie en struktuur op boeke, die siel van dié kerk is dood, die kandelaar is verwyder, alhoewel die geskiedenis boeke vol getuienisse is van ‘n eertydse passie en soeke na God, is baie kerke vasgevang deur die tradisie en oorlewering van mense.  Sakralisme beteken; Wanneer alle inwoners van ‘n land of streek saamgebind is deur ‘n  Godsdiens wat deur almal aanvaar word.   In Joseph Coetzee se boek “Is jy ‘n stiefkind van die Moderne kerk?” verduidelik hy in detail hoe hierdie konsep in die kerk ingesluip het.  Dis immers mos die kerk so groot opdrag, om die wêreld te kersten en te oortuig van die evangelie. Maar wanneer hierdie kersten proses gepaard gaan met bloot die nakom van reëls en formalisme sonder ware wedergeboorte beland die kerk in die moeilikheid!  Christus het aan ons ‘n hemelse koninkryk verkondig, waaraan elke mens kan behoort maar jy kan alleenlik deel word van hierdie koninkryk deur in Jesus te glo en Hy jou wederbaar.  (Joh 3) Bogenoemde punt is ‘n geskil punt wat al menigte verdeeldheid en selfs oorloë as gevolg gehad het.  

Konstantyn het gesien hoe hy die groeiende Christendom kan gebruik om sy eie politieke ambisie te bevoordeel.  Die kerk het ‘n instituut en handewerk van ‘n mens geword.  “Ek sal My kerk bou en die hekke van die hel sal nie daarvoor stuit nie.” (Mat 16:18) In Jesaja 66 verklaar God dat Hy nie belangstel in die geboue wat ons vir Hom oprig nie, want Hy het dit self gemaak.  Maar Hy stel belang in die mens wat Hom vrees en met ootmoed dien.  Telkens word daar in die NT verwys na ons as die tempel van die Heilige Gees.  

Die term katoliek wat “algemeen” beteken is in teenstelling met dié Woord.  Die Bybel praat van die uitverkore kerk, heilige priesterdom, gemeente van die eersgeborenes. Die idee dat iemand hom of haarself as lid van hierdie liggaam kan toe-eien sonder wedergeboorte is verregaande! Dis nie almal wat aan die kerk kan behoort nie.  Hierdie koninkryk is bedoel vir die wat die voorwaardes van die skrif nagekom het.  Sonder geloof kan niemand God behaag nie. (Heb 11:6)  Telkens is by die kerk gevoeg die wat tot geloof gekom het.  Geloof egter wat se werke en vrug getuig van die openbaarmaking van Christus in jou lewe.  Baie mense in die kerk glo in God, en glo dat die Here hulle red en salig maak, maar hulle het nog nie die belofte in besit geneem nie.  Dis een ding om te glo en ‘n ander om op te tree in die geloof. Geloof is ‘n aksie.

Ek kan elke dag my sonde bely, maar nie verander nie.  Ek moet dus glo, my geloof uitspreek soos die geloofshelde van Hebreërs 11 en in gehoorsaamheid dit doen wat ek glo.  Gehoorsaamheid is die werkwoord van my geloof.  Petrus het geglo hy sal ook op die water kan loop, toe hy vra en Jesus antwoord kom, moes hy volgens sy geloof opstaan en oor die rand van die skuit klim en op die water trap.  Soveel mense glo maar het nog nooit oor die rand geklim nie!  

Wanneer ek glo en die Woord doen, word die Woord vlees in my lewe.  Ons wil met teologiese redenasies onsself regverdig om nie te doen nie.  Ons soek eintlik na verskonings vir die geheime vrees in ons binnekant om te waag om Hom te gehoorsaam.  Om in gehoorsaamheid aan God se stem te lewe is nie maklik vir die vlees nie, Hy vra soms dat jy op de grond spoeg en modder met jou spoeg maak en dit op die oë van ‘n blinde man sit.  Dit mag beteken dat Hy jou vra om al jou besittings te verkoop en die opbrengs vir die armes te gee en Hom te volg.  Dit is waarom selfverloëning ‘n voorvereiste is om sy dissipel te word, anders gaan jy gedurig aanstoot neem oor dit wat Hy van jou vra. (Mat. 16:24-15)

God het alreeds die opdragte gegee, Hy het klaar beweeg, Hy het alreeds die prys betaal en die belofte en gawes van redding vir ons beskikbaar gestel ons moet net opstaan en dit deur die geloof in besit neem.  

Die nuwe Testamentiese model van kerkwees.

Ons probleem rondom die Bybel is ons perspektief.  Jy moet dit vir jouself finaal uitmaak om die Bybel of vanuit ‘n nuwe of ‘n ou Testamentiese beskouing te lees en te verstaan.  Voor Christus se soendood en opstanding, staan die mens as gevolg van hulle sondetoestand altyd buite die heerlikheid van God se genade, vergifnis, voorsiening en nabyheid.  Deur spesifieke Joodse voorskrifte en rituele kan die mens wel vir ‘n oomblik God se heerlikheid beleef.  Die geskenk van geregtigheid wat ons bo alle dinge moet soek, maak dit moontlik om IN Christus te begin.  

Die NT gelowige begin alles wat hy of sy doen IN Christus.  
Die OT benadering begin altyd buite en moet iets doen om binne te kom.  

Hierdie is na my mening die mees belangrikste aspek van ons geloof wat ons reg moet verstaan. Begin ons in gebed, belydenis, sekere wette, of lofprysing, of begin ons IN Christus, In Sy geregtigheid! Wanneer ons Sy geregtigheid ontvang, sal alles vir ons bygevoeg word. (Mat 6:33) Een van die eerste bewyse dat ons wel Sy geregtigheid ontvang het is – vrede en vreugde in die Heilige Gees. (Rom 14:17) 

Deur Sy geregtigheid ontvang ons Sy vermoë, geloof, genade om nie meer te sondig nie en REG volgens Sy wil te leef.  Ons bid, gee, vas, en getuig vanuit Sy geregtigheid. 

‘n Nuwe toegangsrite – Christus Alleen. 

Lees Luk 4:14-32 

Een van die sterkste drange en behoeftes van ‘n mens is aanvaarding.  Van jongs af worstel ons almal met deel wees.  Daar is altyd ‘n binnekring groepie van die mooiste, rykste en mees populêre kinders iewers daar ver, en die res van ons wat maar net ‘n bestaan voer, of ‘n opposisie groep begin.  Ons is groepmense, en ons groepeer gewoonlik rondom mense wat soos ons is, dieselfde taal praat en dieselfde waardes, geloofsoortuiging en lewenstyl handhaaf.  ‘n Baie dieper kwessie is – toegang en deelname.  Oorloë is al geveg oor toegang tot hulpbronne soos water, handelsroetes en algehele beheer.  Ook op geestelike gebied, gaan alles oor toegang tot ‘n godheid.  Dis immers wat ‘n bepaalde godsdiens oortuiging ‘n bestaansreg gee – toegangsrites tot God.  As kinders word ons van jongs af gekonfronteer met insluiting, toegang en dan verwerping; “ek is nie gekies vir die 1ste span nie, ek is nie in die top tien nie… ens” Soos ons ouer raak maak dit nie meer saak wie my aanvaar of nie, maar daar is wel sommige wat sukkel met aanvaarding.  Kinders leef vir die aanvaarding van hulle ouers.  Ons trou gewoonlik die persoon wat ons onvoorwaardelik aanvaar. 

Die wese van die goeie nuus boodskap is dat Jesus ‘n algehele nuwe toegangsroete verkondig! Hy is die deur! Hy is die Tempel! Hy is die Hoë-priester! Hy is die offer! Hy is die toegang! Hy is God! Hy maak ons aanvaarbaar voor die Vader!  Wil jy God behaag? Jesus is die perfekte wil en wet van God.  Hy is die perfekte maatstaf van geregtigheid.  

Jesus verpersoonlik al die wette, rituele, en metodiek om by God uit te kom, deur na ons toe te kom. Wanneer ons voor God staan, verval al die distansie, verwydering, skaamte, veroordeling en skuldgevoelens.  In Sy teenwoordigheid word ons verenig met ons skeppingsdoel. Ons vind ons inpasplek van behoort in Sy hart! Omdat hy LIEFDE is, word alle soeke na liefde versadig. Omdat hy ware VREDE is, vind ons rus en kalmte in ons gemoed. 

Geen wonder die fariseërs, skrifgeleerdes en priesters het Jesus as ‘n bedreiging gesien nie!

Jesus transendeer alle godsdiens deurdat in Hom het God na ons toe gekom.  Dit is nie ons wat Hom soek nie, Hy soek ons, Hy kies ons!  

Jesus se hele goeie nuus boodskap is gegrond op insluiting! Hy verwelkoming almal om deel van God se direkte familie te word! Jesus se luisteraars het net toegang deur bloedverwante oorlewering geken!  Geboorte reg het jou lewe bepaal, punt! Jesus kuier en eet saam met almal! Hy hou fees, en almal word uit genooi! 

Die aanspreekvorm Vader, verwys per definisie na ‘n gesin.  God se koninkryk is in wese ‘n familie koninkryk.  Die Vader se hart is ‘n familiehart.  Die onse Vader gebed leer ons om die woord ‘ons’ te gebruik in stede van ‘my’ vader.  Die hart van die evangelie is ‘n ons boodskap en lewe teenoor ‘n ek en myself fokus.   

‘n Geestelike Toegangsrite 

Insluiting in ‘n ryk familie is die grootste voorreg ooit.  ‘n Ryk invloedryke familie bepaal jou status en invloed.  Daar is beskerming en magtige alliansies vir die dag as jy in die moeilikheid is. Jou kinders en selfs kleinkinders is versorg, en het ‘n kans tot ‘n beter lewe! As Jesus dus verkondig dat net deur in Hom te glo, Hy ons deelmaak van God se direkte familie, is ‘n sprong so groot dat die meeste mense dit nie eens kan insien nie! 

Nie een van die Patriarge se eerste seuns het ooit die seën en belofte ontvang nie.  Abraham se eerste seun Ismael, Isak se Essau en Jakob se Ruben was eerstelinge deur bloed maar nie deur die belofte nie.  Dit is interessant om op te merk dat nie een van die aartsvaders se oudste seuns ooit hulle eersgebore reg verkry het nie.  Maar die tweede seun.  

Abraham se eersgeborene Ismael teenoor Isak (Lag)

Isak se eersgeborene Esau teenoor Jakob later Israel (Stry teen God)  

Jakob se eersgeborene Reuben teenoor Josef (Die Here het my skande weggevat) 

Josef se eersgeborene Manasse teenoor Efraim (Dubbel porsie van voorspoed)

Elkeen van hierdie geboortes met uitsondering van Efraim was deur bonatuurlike ingryping want al hierdie moeders was onvrugbaar.  Hulle was dus almal wel biologiese erfgename maar het die eersgeboorte reg verkry deur bonatuurlike aanneming en verkiesing. 

Ons is nou mede-erfgename saam met Christus.  (Rom. 8:17) Christus se erfporsie is die feit dat Hy die posisie bo alles en bo almal verkry het.  As ons Sy mede-erfgename is, dan regeer ons mos saam met Hom in hemelse plekke.  (Efe. 2:6) Hierdie kindskap in God is al voorspel deur die profete!  Aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure ’n teken gee, ’n erenaam wat beter is as seuns en dogters. Ek sal aan sulke mense ’n naam gee wat nie uitgewis sal word nie. (Isa. 56:5)

Daar is veelvoudige groeperinge en tipes families, wat maak die Geloofgemeenskap en Liggaam van Christus uniek? 

Geesverwantskap.

Daar is een voorwaarde om die seën en posisie van kindskap te behou.  Ons wat deur die Gees van God gelei word is die seuns van God. (Rom 8:14) 

Die NT Liggaam van Jesus is GEESVERWANT – Teenoor OT Bloedverwant. 

Wanneer mens in die verkeerde gees optree, verloor ons hierdie posisie. Bitterheid, onvergenoegdheid, op eie regte staan, selfregverdiging, hardekwas wees, rebellie, ongehoorsaamheid, trots, arrogansie, onvergewensgesindheid bring mee dat ons weer in verwydering van God staan. 

Uiteindelik wil God ons nie net verenig deur bloed nie, maar dat ons een van harte en gees sal wees. Die familie word uiteindelik gevorm uit Jood en nie-Jood deur die geloof in Jesus Christus.  

Saggéüs ‘n sondige hoof van die belastinggaarders word onmiddellik familie omdat hy bely en regdoen. 

Die owerspelige vrou – gaan en sondig nie meer nie. 

Die NT insluiting is nie gegrond om uitwendige kleur, taal, voorkoms of ekonomiese status nie, maar ‘n sekere bedryfstelsel – ‘n manier van glo!  

Die sap wat die boom lewe gee – Joh 15 – is ‘n koninklike, hemelse bedryfstelsel van die Gees. 

‘n Jesus Lewe waarde sisteem. 

Uiteindelik is die Jesus lewe, ons insluiting en eenwording met God en met ons medemens.  Hierdie eenwording met God, en deelwees van Sy familie, kindwees soos Jesus gee ons ‘n nuwe rede vir bestaan.  

IN die liggaam van Christus, het ek ‘n vorm van deelwees, en behoort begin beleef wat my eie weeskind hart kom genees het.  Hoe meer ons soos Jesus praat, dink, en leef hoe meer raak ons een, hoe nader groei ons aan mekaar.  Hoe verder ons van die gees van Christus wegbeweeg hoe verder beweeg ons van mekaar.  

Die Jesus lewe is die gom, die aantrekkingskrag wat ons in God en in mekaar verenig.  

Dis die enigste manier hoe mense, van verskillende kulturele agtergronde, sosiale stand kan een familie word.  Hy wat Jesus volg, in leefstyl, in waardes, denke en karakter is die kern energie van die liggaam van Christus.  Ons is almal besig met dieselfde stryd. Ons stories van selfverloëning en opoffering is dieselfde en word die simbole, monumente en kentekens van die hemelse familie.  

Hierdie misterie van gemeenskap en deelwees in Sy Liggaam is een van die mees vervullende ervarings wat ‘n mens kan beleef! 

In a Christian community, everything depends upon whether each individual is an indispensable link in a chain. Only when even the smallest link is securely interlocked is the chain unbreakable. … Every Christian community must realize that not only do the weak need the strong, but also that the strong cannot exist without the weak. The elimination of the weak is the death of the fellowship.[19] Hierdie paradoksale eenwording hou ons almal nederig, en ons oë gerig op Hom, want net Hy kan hierdie bonatuurlike eenheid in ons verwesenlik! 

What community offers is the gift of discovery about the self, about others and about God. If you can’t be with yourself, being with others isn’t going to help you. There’s no getting away from the dimension of faith that has to be faced alone: ‘Alone you stood before God when he called you; alone you had to answer that call; alone you had to struggle and pray; and alone you will die and give an account to God’ (p. 57) Die antinomie van ALLEEN met God, teenoor SAAM voor God is albei nodig om ‘n volwasse geloofsgemeenskap te ontwikkel. 

Martin Luther insisted that the kingdom of God meant being in the midst of your enemies; so the opportunity to be in community with other Christians, occasionally or permanently, is ‘grace upon grace’ – the ‘roses and lilies of the Christian life’ (p. 10). Die laaste paradoks is die heiligheid van die kerk, wat gevolglik apart en verwyder moet staan van die Wêreld maar tog IN die wêreld moet funksioneer as Sout en Lig.  Meer hieroor in die laaste hoofstuk.  

‘n Messiaanse profesie en heenwysing na die ware Kerk.

In Jesaja 33, profeteer die profeet oor die komende koninkryk en die kerk.  Onthou wanneer ons die woord Jerusalem lees in die OT messiaanse profesie dan moet ons die woord verstaan nie in konteks met die fisiese stad Jerusalem nie maar die kerk in die geheel wat die bekeerde Jode insluit.  

IN hierdie lig gaan hierdie fantastiese profesie oop met ‘n ryke betekenis vir ons as kerk.  

In vs 20 se hy” sien die kerk, ‘n veilige en rustige tuiste. ‘n Tabernakel wat nie afgebreek kan word nie. Dit verwys dus nie na ‘n gebou nie, want dit kan tog verwoes word, maar die geestelike gebou.  Dit lyn op met die skrif in Heb 12:25-29 

In hierdie kerk/tempel/koninkryk sal die Here self vir ons ‘n breë stroom wees.  Die fisiese stad Jerusalem het glad nie so ‘n stroom nie buiten die spruit Kedron.  Weereens wys hierdie punt na die kerk.  In hierdie stroom sal geen selfaangedrewe vaartuig kan vaar nie.  Dit beteken dat aktiwiteite en persone gedryf deur ambisie of hulle ego nie in hierdie stroom sal kan beweeg nie. Daarom dat Jesus sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (Mat 16:24)

Die ware kerk sal die heerlikheid van God beleef maar nie gesentreer om ‘n mens nie. In die ware kerk sal daar gebid word vir genesing en jy sal nie kan onthou wie vir jou gebid het nie.  Wonderwerke en magtige tekens sal deur die liggaam plaasvind.  Die kerk moet immers as geheel opgroei tot ‘n volwasse mens om waardig die titel te wees “bruid van Christus” 

Dit is tans besig om te gebeur.  Daar is meer Bybelskole as ooit in die geskiedenis, feitlik elke gemeente het sy eie bybelskool, mense is honger nie net om te weet wat moet gebeur nie maar hoe?  Hulle wil deelneem, wil siele wen, preek, bedien en beraad.  Bediening is lankal nie meer gesentreer rondom die predikant nie.  Soos wat mense groei en volwasse word, word hulle ook nie meer versadig deur die melk wat deur so baie predikers en kerke voorgehou word nie.  Ons lewe in die era van inligting, nog nooit was daar so baie informasie beskikbaar tot die massas nie. Ons is in die tyd en seisoen van reformasie.

So baie mense bid nog en vra na herlewing, terwyl herlewing iets van korte duur is.  Herlewing is bloot om die voertuig aan die gang te kry.  Maar daar is ‘n baie dieper werk van God se Gees nodig en dit is dat hy ons karakter en menswees sal reformeer om gelykvormig te word aan sy Seun.  Herlewing werk net die emosies op vir ‘n tyd.  Reformasie breek die ou bene van die gestaltes van jou denke om soos Jesus te begin dink en handel.  Reformasie doen ‘n diep werk want dit affekteer uiteindelik ons hele bewussyn en menswees in die geheel. 

Mag die Here ons reformeer as kerk om in lyn te kom met sy Woord, sodat die woord weer vlees kan word in die vorm van Sy kerk.  

Wanneer ons die fondasie reg het volg die res natuurlik en sal al die dinge waarvan ons in handelinge lees ook van ons gemeentes gesê word.  Niemand sal iets kortkom nie.  Nie net fisies nie maar emosioneel en geestelik ook sal daar na elke behoefte omgesien word nie deur ‘n struktuur nie, maar ‘n liggaam.  Jou geestelike familie word op die einde van die dag jou ware familie.  Hier ontdek jy oupas en oumas wat jy dalk nooit self gehad het nie.  Die derduisende gebroke families sal binne die kerk weer heel word wanneer die liggaam die leemtes vul.  So sal ‘n seun sonder ‘n pa, in die kerk ‘n pa vind wat homself oor die seun ontferm en die kind leer en help om volwasse te word in Christus.  Want die kerk is ‘n familie, en nie ‘n organisasie waaraan ek behoort nie.

Ons almal wil graag bogenoemde effek in ons gemeentes hê, maar dan moet ons die ou wynsak weggooi en ‘n nuwe ontvang om die nuwe wyn te akkommodeer.  Hierdie proses hou ook nooit op nie, elke keer as ons byeenkom behoort ons die nuwe wyn te ontvang! 


[1] “Selfs die kerk kan verander” Willie Jonker Hoofstuk 2, volkskerk. 1998, Tafelberg.  

[2]Christian History : Pietism. 1986; Publsished in electronic form by Logos Research Systems, 1996 (electronic ed.). Carol Stream IL: Christianity Today.

[3]Christian History : Russian Christianity. 1988; Published in electronic form by Logos Research Systems, 1996 (electronic ed.). Carol Stream IL: Christianity Today.

[4] Is jy ‘n stiefkind van die moderne kerk? Josef Coetzee, 1990, Uitgegee deur Woordverspreiding, Posbus 28028, Sonlandpark, 1944. 

[5]Christian History : Martin Luther, early years. 1992; Published in electronic form by Logos Research Systems, 1996. Carol Stream IL: Christianity Today.

[6] http://www.wcr.ab.ca/news/2000/0131/catholiclutheran013100.shtml

[7]Christian History : Martin Luther, later years. 1993; Published in electronic form by Logos Research Systems, 1996 (electronic ed.). Carol Stream IL: Christianity Today.

[8] http://www.baptiststandard.com/postnuke/index.php?module=htmlpages&func=display&pid=1902

[9] http://www.kerkpad.co.za/argief/nov2000/art2.html

[10] www.kerkbode.co.za

[11] Fourth wave, D. Pawson, 1992, Hodder. 

[12] Bl 231 aangehaal uit John Pawson se boek “The Fourth wave” “A breath of fresh air” Mike Fearon, 1994, Eagle, Inter Publishing Services , Ltd, 59 Woodbridge Road Guildford, Surrey.

[13] Pg 232 “A breath of fresh air” Mike Fearon, 1994, Eagle, Inter Publishing Services , Ltd, 59 Woodbridge Road Guildford, Surrey. 

[14] (J. I. Packer, Evangelism and the Sovereignty of God [Downers Grove, Ill.: Inter-Varsity, 1961] p. 19).[14]

[15] “The orthodoxy of the church” Watchman Nee 

[16]Christian History : 100 Most important events in church history. 1990; Publsihed in electronic form by Logos Research Systems, 1996 (electronic ed.). Carol Stream IL: Christianity Today.

[17] “The Reformation”Patrick Collinson, 2003, Weidenfeld & Nicolson, London. 

[18] “God’s Genius” Dr. André Pelser, 2003, Pelsermedia, P.O.Box 276, Milnerton, 7435. 

[19] Dietrich Boenhoeffer. Life together.