Nuwe Sferiese Organiese Leierskap Struktuur

Soos enige gemeente het Harvester kerk leiers jare terug begin om ‘n organogram te teken van hoe ons die leierskap van ons kerk sien. Die piramiede struktuur van enige organogram het net nie aanklank gevind in ons harte nie.  Ons het gevoel dat die Here se leierskap struktuur nie in liniêre vlakke en beperkte kanale vasgevang kan word nie. Die meeste leiers van daardie era het leierskap strukture van die tyd beleef as rigied, een kanaal en een rigting, beperkende stelsels wat deur sommige gemanipuleer word tot net hulle eie voordeel. 

Ons het biddend die Here genader, om ons denke te reformeer, en ons Sy oorspronklike model te leer. 

Iemand het eendag na Dr. Pelser gekom en gesê dat hulle ‘n woord van die Here het.  Die woord was; “kyk na die planete en nie na die sterre nie.” Die woord mag dalk ‘n bietjie onduidelik gewees het vir die boodskapper maar Dr. Pelser het onmiddellik geweet wat dit beteken het.  Moenie meer na die sterre (groot bekende name) kyk nie, maar kyk na hoe diverse bedieninge soos planete in hulle bane bly.  

Die kerk en veral die charismatiese kerke het gegroei en wonderlike dinge gedoen in die naam van die Here maar meeste gemeentes is gebou rondom ‘n persoon of persoonlikheid.  Dit is ‘n natuurlike proses omdat mense beter met ‘n Vaderfiguur resoneer as ‘n stel dogmas in ‘n boek.  Die gevaar is, as hierdie persoonlikheid in sonde verval, lei die hele kerk skade.  Ons kan egter nie hierdie Vader-gesin model verwerp nie. Ons moet dit net reformeer, in die sin dat die vaders ook rondom die Son (Christus) moet sentreer. Planete verskil en is elkeen in sy baan om die son.  Die sentripetale en sentrifugale magte wat die planete in hulle bane hou is ook die geheim wat die kerk en elke gelowige in sy plek hou.  Vader leiers is deel van God se plan vir familie groeperings soos die verskillende stamme van Israel. Maar die kerk behoort nie om enige persoonlikheid te sentreer nie. Ware leiers bemagtig ander, en verdwyn dikwels in die proses. In die eertydse stamme van Israel, was ‘n stam geken aan die oorspronklike vader se naam. Byvoorbeeld, die stam van Ruben, Levi, en Naftali. Maar daar was tog ander vaders in hierdie stam, wat die stam gelei het oor generasies heen.  Die persoon met die grootste geestelike vaderlike gravitas, behoort oor te neem, en die stam by sy oorspronklike mandaat te hou. Vaders kompeteer nie vir posisies of met mekaar nie.  Hulle fokus is om die kinders groot te maak.  

Al die planete wentel om die son.  Dus elke gelowige en nuwe Christen moet dadelik en eerstens geleer word om God se stem te hoor en te interpreteer vir hom of haar self.  Daarna moet elkeen gehelp word om sy plek in die liggaam te verstaan en uit te leef.  Die inwaartse aantrekking krag na God is ons bron en fontein waaruit ons drink en lewe, die uitwaartse krag wat jou uitwerp in die wêreld is om jou spesifieke funksie te vervul.  

Dit moet wees soos asemhaling, jou inasem na God en jou uitasem na die wêreld.  Wanneer hierdie kragte in balans is dan kom elke mens in sy baan.  Soos die maan nie heerlikheid het in homself nie.  Dis bloot ‘n voorwerp in ons atmosfeer, netso het ons geen heerlikheid in onsself as dat ons die heerlikheid van die Son Jesus Christus op die aarde reflekteer nie.  Al wat die maan moet doen om daagliks hierdie heerlikheid te weerspieël is om in sy baan te bly.  Daar is dan tye van volmaan, halfmaan en soms selfs, donkermaan maar nooit is die maan uit sy baan uit nie.   

Die lokale gemeente roteer rondom Jesus Christus en Sy leringe. Die sentrale fokus van elke aktiwiteit in die plaaslike gemeente is om te sien hoe Christus in mense gevorm word en hoe ons saam ‘n impak maak op ons wêreld. Beide die sentripetale en sentrifugale pole bly in balans.  Die gravitasie-trek van die son en die planete is as gevolg van hierdie twee fokuspunte. In ‘n geestelike sin, ja, elke plaaslike Kerk het Jesus in die middel, maar daar is ‘n groter liggaam van Christus wat ook ‘n swaartekrag trek op alles wat ‘n plaaslike kerk doen. Newton se Wet van Universele swaartekrag kom weer hier in: “Elke liggaam lok elke ander liggaam in die heelal”.  Apostel André Pelser het altyd vir ons gesê om te onthou om onsself met die Christendom in lyn te bring, ongeag die vlak van vervolging wat ons dikwels moet hanteer terwyl ons vir die Ware Kerk veg. Die feit bly staan dat ons almal deel is van ‘n groter liggaam van Christus en ons het almal ‘n aandeel aan die groot prentjie wat die wêreld van buite af sien.[1]

Dink vir ‘n oomblik oor hoe God die heelal regeer en beheer.  Alles in die skeppings gaan oor balans, tussen die funksies van elke deel wat Hy met ‘n bepaalde doel geskape het.  

Wanneer ons verder kyk na die planetêre stelsel dan sien ons ook dat ons piramiede strukture en organigramme nie meer inpas nie.  Of jy die driehoek om en om draai, dit bly ‘n driehoek.  Of die een leier het al die mag, of die kerkraad het al die mag.  Die piramiede struktuur is rigied en nie vloeibaar nie.  Die idee dat een persoon bo of onder sit met die hele voortgesette struktuur in vlakke tot die laaste lid is argaïes en nie in pas met die tyd of God se plan vir Sy kerk nie.  

In die planetêre model is die leier ‘n funksie en moet die leier ook homself onderwerp wanneer dit tyd is vir die ander funksies van die liggaam om te lei in hulle bepaalde sfeer.  Sodoende is ons almal aan mekaar onderworpe.  Daar is verskillende funksies in die liggaam.  Sou die musiek leier dus op ‘n gegewe tyd die aanbidding lei, dan is die leier van die kerk aan die persoon onderworpe, maar die sangleier neem nie die kerk oor nie, sy of hy ken hulle plek en metron van outoriteit.  So bly elkeen in sy wentel baan om die son.  Sou die kerk iemand hê wat verantwoordelik is vir die administrasie dan in daardie opsig en binne daardie raamwerk is die gegewe persoon in beheer, selfs bo die leier.  Maar die persoon is weer in terme van die breër visie van die kerk aan die leier onderworpe.  

Niemand is dus bo die ander nie.  Die kerk is eerder ‘n netwerk van individue wat presies weet wat van hulle verwag word en saam in dieselfde rigting werk.  Lang vergaderings hou, waaraan jy geen belang het nie, is iets van die verlede want vergaderings word bloot gehou om relevante sake tot die persone betrokke te bespreek.  Verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid word aangespreek deur die noue verbintenis wat medewerkers met mekaar het, en dat die een nie sonder die ander een kan funksioneer nie.  Sou iemand nie sy werk doen nie, word die probleem outomaties deur die betrokke persone uitgesorteer en reggestel.  

Hierdie stelsel is ongelooflik dinamies omdat dit gebaseer is op ‘n organiese en lewendige stelsel en nie ‘n dooie klomp reëls en regulasies wat die meeste mense in elk geval nie volg nie.  

So voel elke lid deel van die proses en is daar nooit hierdie groot verwydering van die kleinste lid en die betrokke leier nie.  

Die NT kerk model is spanwerk.  Niks is nooit alleen gedoen nie.  Selfs wanneer die Apostels hulle briewe skryf praat hulle van ‘ons’ in die aanhef, en dan die lang groete van almal aan die einde van die brief.  Dink span! Take en verantwoordelikhede is binne spanverband volvoer.  Paulus en Barnabas is as ‘n span afgevaardig om die leiers in Jerusalem te gaan toespreek.  Wanneer een lid ly, ly die hele liggaam, wanneer een lid eer ontvang deel die hele liggaam aan die eer (1 Kor. 12:26).  Dis eerbaar om almal betrokke altyd ingelig te hou!! 

Grondbeginsels van die Sferiese Struktuur:

Alle planete sentreer rondom die Son (Jesus Christus).  Die Son se swaartekrag hou almal in hulle bane. Mens kan gou sien, hoor en beleef wanneer iemand hulle gebedstyd en tyd in die Woord verwaarloos.  Mense wat regtig intiem met die Here lewe, het ‘n gloeiende sagtheid en aantreklike lig omtrent hulle.  

Elke planeet het sy eie wentelbaan, en eiesoortige swaartekrag, en selfs mane, in verhouding met ander planete. (Soms wentel ons nader aan mekaar en dan weer verder van mekaar) Hierdie insig help ons ook baie om ons werk in die breër liggaam van Christus te verstaan.  Ons verhouding staan vas, of ons nou baie tyd saam spandeer of nie. Soms beweeg sekere bedienings nader aan mekaar vir ‘n tyd, en werk saam aan ‘n projek, dan skuif ons weer weg. Maar die verhouding bly respekvol en eerbaar. 

Elke planeet is uniek in grote, invloedsfeer, en identiteit. Is dit nie so dat elke gemeente, organisasie hulle eie bepaalde grote het nie? ‘n muis sal nooit so groot soos ‘n olifant kan word nie, want dit is nie in sy bepaalde DNA om so groot te word nie. SO het elke organisasie sy eie DNA, beperkings, voor en nadele.  Die muis vervul ‘n ander funksie, en sy grote maak hom perfek vir sy taak. So hoef ons nie met mekaar te kompeteer nie.  Soos gemeentes of organisasies in getalle groei, moet bepaalde moeilike keuses uitgeoefen word, om almal gelukkig en gesond te hou.  Soms moet die aanbiddingsleier vervang word, omdat hulle nie sanglesse geneem het nie, en nou dat die gemeente ‘n groter gehoor aanlyn bedien meer professionaliteit verg.  Vir sommige is hierdie sinnetjie ‘n boosheid!! Want die persoon was tog lojaal. Natuurlik is dit so, maar hierdie persoon moes die tyd gebruik het om saam met die groei in getalle te werk aan hulle akkurate oorlewering. Soos ‘n sakeonderneming groei, moet die regte aanstellings gemaak word, om die groter kapasiteit te kan hanteer.  Daarom is daar plek in die liggaam van Christus vir beide groot en kleiner getal groeperings! Elkeen het ‘n bepaalde funksie, met unieke voor en nadele! As ‘n gemeente nie meer groei nie, moet mens gaan kyk na die stelsels en programme… selfs onkruid groei! Die kerk se hoofrol is nie om mense heilig te hou nie, maar om elke mens ‘n volgeling van Jesus te maak. 

Groei gebeur spontaan en sonder moeite omdat die liggaam asemhaal. 

Die heelal haal asem deur die wisselwerking van sentripetale (na binne kern) en sentrifugale kragte (na buite uitwaarts).  Hierdie natuurlike ritmiese inwaartse en uitwaartse beweging is die lewe van die gemeente.  Kerk stagneer wanneer hulle byvoorbeeld nie meer uitwaarts beweeg nie.  

Die “master-mind” beginsel – Mens hoor van hierdie fenomeen in die sportwêreld wanneer ‘n span vir ‘n oomblik so in eenheid saamspeel dat dit lyk asof ‘n meesterbrein die span se bewegings beheer. Die Heilige Gees is die meester brein van die gemeente.  Moet nie alles so perfek probeer reël en organiseer, dat daar geen ruimte is vir die Heilige Gees om in mense te werk nie.  Daar is vir my niks meer wonderlik wanneer ons byvoorbeeld ‘n mannekamp hou en iemand het gelei gevoel om meer hout te bring sonder dat hulle gevra is, en op die gegewe oomblik is dit presies wat benodig word nie.  Daar moet gereeld sulke oomblike in die gemeente plaasvind.  

“Blue sea vs Red Sea” beginsel.  Handelskompetisie maak soms die see bloedige rooi. Vandaar die term ‘rooi’ oseane. Blou oseane dui op al die bedrywe wat nog nie bestaan nie – die onbekende markruimte, onontgin en onbesmet deur mededinging. Soos die ‘blou’ oseaan, is dit groot, diep en kragtig – in terme van geleentheid en winsgewende groei. So is die hart van Christus, en apostoliese leiers om mekaar ruimte te gun, en eerder nuwe gebiede te infiltreer waar die evangelie nog nie verkondig is nie, as om net nog ‘n kerk om die hoek te wees. 

Veelvoudige vlakke van wentelbane en verhoudings. Die sferiese model kan ook vergelyk word met die bekende sisteem teorie. Die basiese idee agter Sisteem Teorie is: “Die geheel is groter as die som van sy dele.” ‘n Maklike voorbeeld hiervan is om ‘n koek te bak. As jy al die bestanddele van ‘n koek sou uitlê, sou jy nie ‘n koek hê nie. In plaas daarvan sou u die bestanddele van koek hê.  Na die koek gebak is, kan jy nie meer die bestanddele uit die koek uit kry nie.  Die wêreld bestaan uit ingewikkelde sisteme, wat inherent ‘n invloed het op mekaar.  ‘n gesonde gemeente bestaan uit verskillende sfere wat soos energie velde beweging in die liggaam veroorsaak, geen enkele persoon beheer as die sfere nie, maar die sfere is van mekaar afhanklik, en begin voorts nog sisteme ontwikkel alles met die oog op genesing.  

Klem op funksies en nie posisionele status nie.  Geen mens behoort sy of haar identiteit en status op grond van ‘n titel of posbenaming te verkry nie. Want wat gebeur as ons nie meer in die posisie is nie, en aftree, of van werk verander? Ons weet wie ons is in Christus, eerstens Sy kinders, want ons het almal ons identiteit in Hom verkry. Poste, benamings en titels is bloot ‘n byproduk van ‘n bepaalde sending waarop ons is.  

Minimale las en lading op net een persoon – almal toon eienaarskap en verantwoordelikheid van die opbou en stigting van die gemeente.  “dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.”(1 Kor. 12:25) uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. (Efe. 4:15-16) 

Mense word natuurlik innerlik gemotiveerd.  Omdat mense nie voorgesê word nie, maar elkeen sy of haar opdragte self van die Here kry, en sodoende hulle bediening vir hulleself ruimte maak in die gemeente, hoef jy nie die heeltyd mense te motiveer en te smeek om vir die Here te werk nie.  

Projekte begin met ‘n persoon nie programme en geboue. Nêrens in die Bybel het God se werk in ‘n gebou of in ‘n ritueel begin nie. God werk altyd eerste in ‘n mens se hart, dan soos daar die persoon gehoorsaam is, vind groei plaas.  ‘n Gemeente kan derhalwe nog nie ‘n Jeugbediening hê nie, omdat die Here nog nie so ‘n persoon met ‘n hart en salwing vir die jeug bygevoeg het nie.  Bid daarvoor en roep die medewerkers in. 

Vergaderings is taak georiënteerd. In die piramiede model is die fokus van ‘n vergadering om ‘n oorsig, en polisiëring rol te vervul. Ons moet dus uitvind of almal hulle werk doen, en of die geld reg gespandeer is.  Hierdie is ‘n belangrike funksie, maar dit kan ‘n klein groep mense wees, wat presies vir hierdie doel aangestel is, om te monitor en fidusiêre funksies te verrig. Dit hoef mos nie ‘n kerkraad van 30 te wees nie? Elke gemeente moet eerder ‘n bedieningspan hê, waar alle bedieningsleiers van tyd tot tyd kom verslag gee, en saam dink en droom oor die toekoms.  

Verbondsverhoudings gee stabiliteit en volhoubaarheid.  Omdat ons ewig in verhouding staan, kan mense kom en gaan soos hulle dalk moet trek, maar die vriendskap bly in stand.  Alle werksaamhede is vanuit verhouding, en wanneer iemand uit lyn is, word die probleem binne verhouding aangespreek. 

Fokus op wat groep saam vermag nie op wat individu vermag nie.  Dink altyd span, hoe kan ons hierdie taak met meer mense saam verrig.  Hoe kan ons meer mense betrek en die werk verdeel? Sodoende neem meer mense eienaarskap en kan die meesterbrein beginsel werk! 

Mense word gelei deur beginsels, waar hulle die hoe self ontdek. Omdat ons nie vir mense voorskryf nie, gee elke mens aan ‘n bepaalde taak hulle eie kleur en persoonlikheid. Dit maak die gemeente veelsydig ‘n tapisserie van veelvoudige kleure en diversiteit. Soos ‘n vloot bote onder beheer van die admiraal, het elkeen sy eie operasionele bevoegdhede, maar almal rig in dieselfde rigting. 

Meet mikpunte nie mense nie.  Die uitkoms is wat ons saam verrig. In ‘n maatskappy word oor bepaalde mikpunte ooreengestem, verder gebeur alles van self. Die ratse “agile” beweging is ‘n voorbeeld van hierdie benadering.  Die belangrikheid van samewerkende pogings tussen kruisfunksionele spanne, die kliënt en die eindgebruikers van die produk van die begin tot die einde van ‘n ontwikkelingsprojek word bevorder.  Hierdie benadering tot projekbestuur is buigsaam met aanpasbare beplanning en voortdurende ontwikkeling van ‘n produk. Dit gebruik ‘n deurlopende terugvoerstelsel, wat uiteindelik lei tot groter kliëntetevredenheid en ‘n hoogs suksesvolle eindproduk.[2]

Die wonder van ons ontdekking 25 jaar gelede was toe ons agterkom hoe die wêreld stadig ook hierdie dinge begin ontdek het.  Die MorningStar tamatie fabriek gebruik geen bestuurders nie, en ‘n bewese self-bestuur program waar werkers met mekaar ‘n brief van onderneming skryf en saamwerk vir wederkerige sukses.[3]

Die verskille tussen die 2 stelsels

Die Piramide Struktuur:                                        Die spheriese Struktuur

  • Beheer en kontrole van bo na onder
  • Taakbeskrywing word gegee van bo af. 
  • Vergaderings om struktuur in stand te hou.
  • Aanstellings deur verkiesing.
  • Persone fokus om take af te handel. 
  • Outoriteit deur posisie.
  • Kompetisie vir posisies. 
  • Beheer en kontrole wedersyds in alle rigtings
  • Elkeen kry self my eie taakomskrywing van die Here, en van ander. 
  • Vergaderings rondom praktiese implementering van werk.
  • Aanstellings deur erkenning en aanvaarding van bedieningsgawes.
  • Persone fokus om roeping uit te leef.
  • Outoriteit kom deur verhouding en deur iemand in die gees te sien. 
  • Elkeen weet wat sy eie funksie is en leef roeping uit 

Die sukses van ‘n Sferiese struktuur hang af

  • Van mense wat elkeen die stem van die Here kan hoor en onderskei, en weet hoe om dit wat hulle gehoor het te toets aan die Woord.
  • Mense wat werklik Jesus se manier leef en handel.
  • Van elkeen se bereidheid om as medewerker sy/haar roeping en funksie in die liggaam van Christus uit te leef in gehoorsaamheid aan God.  
  • Van wedersydse respek en begrip vir gesag. (Almal word geken in ‘n saak.) 
  • Van wedersydse onderdanigheid. 
  • Van mekaar in die gees sien.
  • Van opgee van beheer.
  • Van die weerhouding om alles self te doen.
  • Van gawes in ander te identifiseer en dit kans te gee om te ontwikkel.
  • Van gesonde goeie verhoudings.
  • Van geloof in die Here en Sy Gees en nie in sisteme en wette nie. 
  • Mense wat bereid is om self te verloën as ‘n lewenswyse.  

Wat benadeel die sferiese struktuur?

  • Lede wat nie leef onder die hoofskap van Jesus Christus nie.
  • Eie agendas, ambisie, self-gesentreerdheid, individualisme, weeskind mentaliteit.
  • Lid hou op om natuurlik en spontaan in en uit te beweeg, saam te vloei.  (weerstand, opstand, onenigheid, rebellie).
  • Gebrek aan geestelike Vaders en dissipelskap.
  • Missie is onduidelik.
  • Gebrek aan inligting en hulpbronne.

Hoekom verkies sommige die piramiede struktuur?

  • Verantwoordelikheid lê opgesluit in besluitneming proses, die groep neem verantwoordelikheid, ek nie verantwoordelik.
  • Vrees die slegste (Calvinistiese – totale bederflikheid van die mens) in mense, en bou sekuriteit in sisteem.  
  • Mag van gewoonte… Ons doen dit nog altyd só!  Onder druk beweeg mense outomaties na ou sisteem. 
  • Huidige kerk strukture is meestal gebaseer op die piramide struktuur. 
  • Ons dink dit is wat van ons verwag word om goeie rentmeesters te wees.
  • Vrees vir foute maak.

Die Vyfvoud Bediening

Soos die Here spesifieke spesifikasies gehad het by die bou van die tabernakel, of tent van samekoms. Netso het die Here bepaalde voorskrifte oor hoe Sy liggaam, kerk moet funksioneer. (Eks. 25:40; 26:30; 2 Tim. 1:13; Heb. 8:5).  Natuurlik is die heel belangrikste spesifikasie dat Jesus-Christus die hoeksteen is. (Matt. 21:42)

En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees. (Efe. 2:17-22) 

Niemand kan Jesus in persoon ooit vervang nie. Om lief te hê soos Jesus is ook nie vir ons as mens moontlik nie. Ons haal net glad nie Sy standaard nie, maar gesamentlik as Sy liggaam, is dit wel moontlik om Sy liefde aan die wêreld te demonstreer.  Daarom het Jesus toe Hy opgevaar het, 5 verskillende dele van Homself as gawes gegee om die kerk in volwassenheid in Christus te bring. Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul. En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. (Efe. 4:10-12) 

Jesus vergestalt al die vyf gawes gegee aan die kerk. Vir die kerk om volkome in Christus te wees, moet dit blootgestel word en die genade ontvang wat in elkeen van hierdie vyf gawes opgesluit is. Elke gawe is uniek in hulle funksie, fokus, passie, persoonlikheid en benadering.

Volgens Rick Warren kry mens 5 verskillende tipe gemeentes. 

The Soul Winning church. The terms you’re most likely to hear in this church is; witnessing, evangelism, salvation and decisions for Christ. Everything else is secondary to the desire to see the lost being saved. (Evangelist)

The experiencing God church.  The focus of this church is experiencing the presence and power of God in worship. Key terms in this kind of church is: praise, prayer, worship, music, spiritual gifts, spirit, power and revival. (Prophet)

The family reunion church. This church focuses primarily on fellowship and relationships.  Key terms for this church is; love, belonging, fellowship, caring, relationships, small-groups and fun.  (Pastor) 

The classroom church – the emphasis is an preaching and teaching.  People come to church with notebooks and pens.  Key terms are; expository preaching, bible study, Greek and Hebrew, doctrine, knowledge, truth and discipleship. (Teacher)

The social conscience church. The focus in this church is to see the community changed. They are doers of the word, practical, no-nonsense approach.  Key terms are; needs, serve, share, minister, take a stand and do something, get involved. (Apostle) 

The point is that a healthy church should be all the above.  Because the abovementioned list of churches is basically presenting and divining the scope of the various five-fold anointings. It is interesting that the Purpose-driven model is based on five point purpose statement. 

Magnify – we celebrate god’s presence in worship. (Prophetic)

Mission – we communicate God’s word through evangelism. (Evangelistic)

Membership – we incorporate God’s family into our fellowship. (Pastoral) 

Maturity – We educate God’s people through discipleship (Teacher)

Ministry – We demonstrate God’s love through service. (Apostolic)[4]

Alhoewel die Vyfvoudig bediening nooit genoem en as sodanig genoem of erken word nie, vorm dit die basis van die hele model.  Dit is duidelik dat vir die kerk om ‘n gesonde en gebalanseerde plek van geestelike groei te wees, moet die lede aan al vyf hierdie gawes, bedieninge en fokus blootgestel word.  Lede wat deel is van sodanige kerke sal versnelde persoonlike geestelike groei ervaar binne ‘n atmosfeer van korporatiewe groei en verandering. Gewoonlik wanneer een van hierdie aspekte oor beklemtoon word ten koste van ‘n ander lei dit dat die kerk ‘n wanvoorstelling van Christus word. 

Daarom is dit belangrik dat die kerk hierdie 5 gawes eers in Christus se bediening sal herken, en dan in mekaar in Sy liggaam.  Deesdae bemark die gesondheid revolusie weekliks vir ons nuwe diëte, oefen programme, en wondermiddels tot ‘n meer gesonde lewe. Jesus het egter klaar bepaal wat die instrumente en katalisators is, vir optimale geestelike groei.  

die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus (Heb 3:1)

Wat is ‘n apostel? 

Die woord apostel is nie vreemd tot die kerk nie. Die ortodokse en katolieke kerk gebruik die term en titel al vir jare.  Dit was met die reformasie, dat daar wegbeweeg is, van titels, en die misbruik van mag.  Die term het onder protestante in vergetelheid verval, en net deur sekere sekte groepering gebruik. Die Griekse woord apostel kom 81 keer voor in die NT. Die woord kom nie in die OT voor nie, want die woord het nog nie bestaan nie. Die woord is deur die Grieke geskep om die begrip te verduidelik van waar hulle leiers uitstuur na die koninkryke wat hulle oorwin het, om die kultuur te vergrieks.  Jesus kan sy dissipels, priesters of rabbi’s genoem het, maar hy verkies die griekse begrip om die pilare van die kerk te wees.  Die woord word 1 keer elk in Matteus en Markus, en 6 keer in Lukas. 30 keer in die boek Handelinge van die Apostels, die orige 38 keer word die woord deur Paulus gebruik in sy briewe.  

Betekenis van die woord

‘n moderne vertaling van die woord sal wees – sendeling. Want in wese is dit wat die woord Apostel beteken. ‘apo’ van ‘stello’ stuur. 

1) Een gestuur (apo, van stello- tot stuur), ambassadeur, agent, gesant, boodskapper gestuur, op ‘n missie, diens, sake, opdrag of geregtelik, draer van ‘n kommissie.

2) Vloot, ‘n ekspedisie, seevaart en militêre ekspedisies.

Die eerste melding van ‘n apostel in die Nuwe Testament is in die lewe van Jesus self. In sy laaste gebed het Jesus verklaar dat die Vader Hom (Joh. 17:3,4) gestuur het. en Jesus Christus wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. Gedurende sy lewe het Hy die Vader se naam geopenbaar, (Joh. 17:6) Hom op aarde verheerlik (Joh. 17:4)  Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. (Joh. 14:9) Jesus is gestuur as ambassadeur en die Vader se afgevaardigde. Hy was waarlik die eerste apostel, nie net in tyd nie maar in voorrang. Trouens, Hebreërs maak dit duidelik wanneer dit hom beskryf as “die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.” (Heb. 3:1)  Jesus het nie Sy apostels gevra om iets te doen wat Hy self nog nie gedoen het nie. “Matt. 10:2 

Mission. God is a God of motion, of movement, of mission. Or, as it is popular nowadays to say, “two-thirds of the word God is go.”  Everyone is here on assignment. Everyone is on a mission. Everyone is a missionary. Every Christian has an apostolate to fulfill.

The first word of the “Great Commission” is “Go” (KJV). A little less than two hundred times does the Bible instruct us to “go.”45 Never once does the Bible instruct us to “hide.” Only about thirteen times does it tell us to “stay.” But the “staying” instructions keep us next to Jesus. And the only times we’re told to “stay” are to wait for instructions from Jesus so that we can best “go.”

(The only true voyage of discovery, the only fountain of Eternal Youth, would be not to visit strange lands but to possess other eyes.) —Marcel Proust

This is one reason why the Gospels are filled with travel metaphors. Len Hjalmarson brilliantly elaborates the difference between a temple spirituality and a tabernacle spirituality; the former being priest-centric, the latter being road-centric.[5]  

Die 12 apostels en ander apostels.

Daar is net twaalf gekose apostels wat deur Jesus self gekies is vir ’n spesifieke taak naamlik om Sy getuies te wees in lewe, dood en opstanding.  Hy het hulle ook in die besonder bekragtig om juis hierdie opdrag te kon uitvoer.  Daar sal nooit enige ander apostels opstaan wat met hulle posisie en plek in die kerk kan meeding nie, want hulle was almal ooggetuies van Jesus se lewe.  Dit beteken egter nie dat apostoliese bediening by hulle opgehou het nie.  Net soos wat God hulle gestuur het (Die woord apostel beteken gestuurde) met ’n spesifieke taak het God ander persone opgerig en gestuur met ’n spesifieke taak.   Die eerste voor die hand liggende voorbeeld is natuurlik Paulus.  Hy is nooit ingesluit in die oorspronklike twaalf nie.  Hy het Jesus nooit fisies gesien nie en kan dus nie aanspraak daarop maak dat Hy ’n ooggetuie is nie.  Tog vergelyk hy homself dikwels met die ander twaalf (1 Kor. 9:5).  In die vroeër kerk was daar meer as net die twaalf apostels.  Paulus verwys na die apostels en sluit Jakobus een van die broers van Jesus, wat nie een van die eerste gekose twaalf was nie.  (Gal. 1:19; 1 Kor. 15:7)  Net soos Paulus het Jesus persoonlik aan Jakobus verskyn, en hom geroep tot die bediening.  Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het  (Open. 2:2) Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. (2 Kor. 11:13)  Hoe kan daar sprake wees van valse apostels as daar net 12 gekose apostels was en dit is dit.  Diegene wat hulleself dus sou probeer aanstel as apostels sou mos verdoem wees nog voor dat hulle begin het.  Barnabas was ook beskou as ’n apostel (Hand. 14:14) Per afleiding kan die volgende persone ook apostels gewees het, maar die skrif is nie eksplisiet nie en dus oop vir interpretasie.  Andronícus en Júnias (Rom. 16:7) Silas (1 Tess. 2:6) Epaphroditus (Fil. 2:25)

(1 Kor. 12:29) “almal is tog nie apostels nie” Paulus lys apostelskap onder die algemene bedieninge in die kerk, as die 12 ’n gekose en geslote groep was sou hy nie in hierdie gedeelte enigsins na apostelskap verwys het nie.  Dieselfde argument geld in (Efe. 4:11) 

Indien ons glo dat daar nog evangeliste, herders en leraars in die kerk is vandag hoekom kan ons nie glo dat daar ook nog apostels en profete is nie?  Anders moet ons al vyf hierdie bedieninge skraap en net Ouderlinge en Diakens in die kerk hê.  

Geen mens kan vir hierdie bedieninge kan gaan leer nie.  Hierdie is gawes en bedieninge wat God deur Sy Gees in mense werk.  Soos wat hierdie mense se bediening in die kerk geaanvaar word, word dit duidelik watter funksie hulle vervul, want soos alreeds verduidelik verteenwoordig elke bediening sekere spesifieke eienskappe en vaardighede.  Soos die profete van ouds net op ’n dag begin het met hulle bediening, en hoe meer die Here hulle begin gebruik het, het hulle gawe aanneemlik geword onder die mense.  Nie almal is geroep tot die amp van die vyfvoud bedieninge nie, maar kan binne die raamwerk en eienskappe van een of meer van die vyf opereer.  Inteendeel hoe meer hierdie gawes in die gemeente geaanvaar en gebruik word, word die eienskappe van hierdie bedieninge meer en meer sigbaar onder al die lidmate.  Wanneer ’n gemeente blootgestel word aan byvoorbeeld ’n apostel sal al hoe meer apostoliese eienskappe sigbaar word in elke lidmaat.  Dieselfde geld ook vir die ander bedieninge.  Dis hoekom dit so belangrik is dat evangeliste nie net uitgaan en siele wen buite die kerk nie, maar sy of haar gawe in die gemeente kom deponeer sodat almal sielewenners sal word.  Want hierdie bedieninge is gegee vir die toerusting en opbouing van die liggaam.  

Ons is almal gestuurdes 

Prakties: Iets gebeur in jou, wanneer jy op ‘n sending gaan. Daarom bied baie gemeentes sending uitreike aan, en almal wat al so ‘n reis meegemaak het, sal erken dat die omstandighede, die bediening aan ‘n vreemde kultuur groep, iets binne jou losmaak. Jy voel belangrik, jy voel bemagtig, jy voel jy maak ‘n verskil! Die reisende aspek van die evangelie, staan sentraal tot Jesus se tempel afbreek en in 3 dae herbou narratief. Die vroeër kerk het eksponensieel dramaties gegroei, en die hele klein Asië, in minder as 30 jr gekersten. Omdat elkeen hulleself as ‘n gestuurde gesien het. Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ’n sekere Tiránnus samesprekinge gehou. En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke. (Hand. 19:9-10) 

Jesus is gestuur deur die Vader. (Luk. 7:3)

Om ‘n gestuurde te wees impliseer dat jy namens iemand praat en optree.  Soos Jesus gestuur is, stuur Hy ons ook: (Joh. 20:21) Soos skape tussen die wolwe in. (Mat. 10:3) Ons moet ook bid dat die Here arbeiders sal stuur. (Mat. 10:2)

Om ‘n gestuurde te wees gee jou ‘n sekere mandaad en gesag om namens die een wat jou gestuur het op te tree.  (Joh. 13:20)

“Laat u koninkryk kom” staan in teenstelling met elke keer wat Jesus verklaar het: “die Koninkryk HET naby gekom”(Matt. 4:12) Jesus leer ook Sy dissipels om te verklaar wanneer hulle in ‘n plek kom sê: “Vir julle is die koninkryk van God baie naby” (Matt. 10:9) en selfs as die mense die boodskapper nie ontvang nie. “Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby” (Luk. 10:11). Ons bid soms te lank dat die koninkryk nog moet kom, terwyl as Jesus in die plek is, het die koninkryk gekom.  

Ons wil die heeltyd Jesus, aantrek, bysit, soos Hy wees, probeer geestelik wees, probeer christen wees. Toe jy tot bekering gekom het, het Jesus in jou kom woon deur Sy Heilige Gees, en jou ‘n nuwe skepsel gemaak. Hy is dus alreeds in jou! Jesus sê vir Sy disspels: Gee julle vir hulle iets om te eet (Mar. 6:37); maak die mense gesond (Matt. 10:9); Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. (Matt. 10:8) Die Koninkryk is in ons. (Luk. 17:21)

Die Here woon tussen die lofprysing van Sy kinders, en met Hom as ons Vader, een geloof, doop en hoop, spreek van Sy Koninkryk in ons midde. (Kol. 1:27)

Daarom die instruksie om nie voorsiening te maak of te veel bagasie saam te neem nie. (Luk 10:9). God sal voorsien, Hy sal sorg, Hy sal ons beveilig. Dis ‘n wonderlike voorreg om in diens van God, Sy ambassadeur te wees. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. (2 Kor. 5:18)

Die boodskap gaan nie maklik ontvang word nie. Daar wag vervolging. (Matt 10:16-18) Want as hulle dit met die Seun van God kan doen, dan sal ons nie vrykom nie. (Matt 10:24-25) Ons kan nie die boodskap aanpas en afwater om vervolging vry te spring nie. Ons verteenwoordig nie onsself nie, maar ‘n lewende God, wat eersdaags almal gaan oordeel volgens hulle werke.  

“The devil’s greatest mission is to prevent you from finishing your commission”

Alles wat bedek is sal openbaar gemaak word.  Een van die vyand se belangrikste tegnieke van vervolging is om ons in diskrediet te bring. (Matt 10:26-27) Maar God sal uiteindelik die rekords regstel, ons hoef nie onsself te verdedig nie.  

Die vyand kan nie ons siel doodmaak nie.  Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan (Mat 10:28). Elke haar op ons hoof is getel, en dus weet die Here van elke detail van ons lewe. (Matt 10:30)

As gestuurdes leef ons nie meer vir onsself nie, maar vir Hom wat ons gestuur het. (Mat 10:38-39)

Ons as gestuurdes word die deur, ingang, “entrypoint” vir mense om God te kan ontvang. (Mat 10:40-41)

dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa. (Matt. 21:11)

Jesus het telkemale na homself verwys, dat ‘n profeet word nie tussen sy eie mense erken nie. (Matt. 13:57; Luk. 4:24-27; Joh. 4:44). Hy self spreek ‘n profetiese oordeel, en waarskuwing, wat in 70nC woord vir woord vervul is. (Luk. 21:20–24).  

Verskillende gebruike vir Profesie: 

Profesie as waarskuwing – Josef (Matt. 2:13) die Wyse manne (Matt. 2:12) 

Profetiese boodskap oor die toekoms – Agabus (Hand. 11:27-28)

Profetiese bemoediging – (1 Kor. 14:3-4)

Profetiese oordeel – Jesus (Jerusalem – Luk. 13:34-35 en 19:41-44) (Gorasin, Betsaida, Kapernaum Matt. 11:20-24) 

Profeteer lewe – die dooie bene (Ese. 37:9-10)

Profeteer met die oog op Christus – (2 Pet. 1:19 en Open. 19:10)

Profeteer iemand se roeping.  Simeon (Luk. 2:29-31) en Anna die profetes (Luk. 2:36-38).  Johannes die doper se toekoms deur sy Pa. (Luk. 1:67-79)

Verskillende Profete in die NT. 

Anna (Luk. 2:36) 

Agabus (Hand. 11:28; 21:10-11) 

Individue (Hand. 13:1) 

Judas en Silas (Hand. 15:32) 

Die dissipels by Troë (Hand. 21:4) 

Filippus se vier dogters (Hand. 21:9) 

en Ananias (Hand. 9:10-18)

Hoekom is profesie belangrik?

“waarop julle tog moet ag gee” (2 Pet. 1:19)

“julle moet die woorde onthou van die profete”  (2 Pet. 3:2)

“moenie profesieë__ geringskat nie” (1 Tess. 5:20)

“sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry” (1 Tim. 1:18)

“Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7)

die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was (Luk 19:10)

Die woord evangelis beteken bloot: die draer van goeie nuus.  Die werk van die evangelis is mees belangrik: as niemand tot inkeer kom nie, is daar niemand om te leer, te versorg, of te stuur nie. Daarom sien ons Jesus se gedetermineerde fokus gerig op die pad, om na nog dorpe te gaan. Ek moet ander gaan vertel. Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur. (Luk 4:40-43)

Die woord Evangelis kom net 3 keer in die Bybel voor: 

Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was. (Hand. 21:8-9)

Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening. (2 Tim. 4:1-5)

Valse Evangeliste: Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees! (Gal. 1:8-9) Paulus beklemtoon hierdie stelling deur dit te herhaal! 

Die beste voorbeeld van hoe Jesus evangeliseer is die storie van die Samaritaanse vrou by die put, en hoe ‘n hele gemeenskap tot inkeer kom. (Joh 4) 

Getuies 

Ons is geroep om sy getuienis te wees. 

Jy getuig van iets van regtig gebeur het. 

Jou getuienis bring hoop! 

Jou getuienis is nie ‘n lering nie. Jy bring getuienis vir Jesus aan mense wat nog twyfel. Ons moet ons stories vertel! Jongmense moet ons storie hoor.  Ons moet tydig en ontydig ons storie vertel.  

Ons getuig nie meer nie.  Ons het ons krag verloor?  Is daar plek in ons dienste vir getuienis. 

Jou getuienis moet ‘n soet reuk versprei.  Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die Woord verkondig en getuig van sy werking in hulle lewe. (Isa 53:7) Jou storie is uniek! Daarom moet ons, ons storie vertel.

Wag jou kans jou af.  Jy dra verantwoordelikheid, wees respekvol. Dink aan die plegtigheid van die hof, waar jy as getuie moet optree.  Ons moet respekvol, eerbiedig, nie bakleierig, soek nie sy eie belang nie.  Ons getuienis word nie gebruik vir selfsugtig voordeel nie. Ons getuig van Jesus! 

Wanneer ons getrou is om te getuig van Jesus sal Hy saamwerk en verdere bewyse deur jou werk om jou woord en getuienis te bevestig.  

Hoe toets jy ‘n evangelis? Jy toets aan sy konsekwentheid tot die woord van sy getuienis, en die wonderwerke wat hom volg.  As die Here vir jou genees het, gaan bid vir siekes na jy getuig het.  As die Here jou verlos het van slawerny, bid vir die slawe om vry te word, en jy sal bevryding sien.  

Die kerk gaan nie vir jou ‘n geleentheid skep vir jou getuienis nie, jy moet jou eie platform skep! Niemand ken die Vader, behalwe die seun nie, en die wat die seun kies om homself bekend te maak.  Jesus het nie sommer net lukraak met almal gepraat nie, Jesus het homself bekend gaan maak aan die wat die Vader wil hê hy moes doen. Ons is gestuurdes. Vra die Here na wie hy jou toe stuur.  Wie kies die Here, aan wie hy wil hê jy hom moet bekend maak. 

Die kern van die evangelie is “die opstanding van Jesus Christus, Hy leef! (1 Kor 15:2) Ons bediening is daarop gerig dat mense Jesus se opstanding in ons lewe sal kan sien.   Dit is Jesus wat lewe gee en lewe bring!  Jy is ‘n verteenwoordiger van die waarheid wat vrymaak! Moenie mense veroordeel nie, maak mense vry!  Daar is nie oordeel in die evangelie nie, net vir die wat dit nie aanvaar nie.  Jy roep die onmoontlike as moontlik. Ons is dood vir die wêreld! 

want een is julle leermeester: Christus. (Matt. 23:8-10)

Jesus was ‘n gans anderse tipe leraar. 

die skare was verslae oor sy leer (Matt. 7:28)

groot menigte het graag na Hom geluister (Mar. 12:37)  

Hulle was verstom oor sy leer (Mark. 1:22)

“Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” (Joh. 7:46)

Jesus het tog nie mense se ore gestreel nie, en net gesê wat hulle wou hoor nie. en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.(Luk. 4:29)

Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. (Joh. 6:66)

Sê ons nie met reg dat U ’n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? (Joh. 8:48) 

Jesus het seënspreuke Matt. 5:3–12 uitgespreek maar ander kere het hy ernstige waarskuwings van komende oordeel gespreek. (Matt 23:13-39) Jesus se leer was altyd in paradoksale balans.[6]

Hy het geleer en gedemonstreer. 

“elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak…” (Matt. 4:23 Matt. 9:35; Luk. 9:6; 11:20)

“Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.(Matt. 12:28)

met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. (Hand. 10:38)

en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. (1 Kor. 2:4-5) 

want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. (1 Kor. 4:20) 

EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees. (Luk. 5:17)

Jesus het met geestelike gesag geleer. 

Die die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan en vra oor Sy gesag. (Luk. 20:1-8)  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie (Matt. 7:29) 

Jesus het op verskillende plekke, op verskillende manier mense geleer. 

Sinagoge (Matt 4:23), Verlate plek (Matt 15:38), op reis (Luk. 13:22); vanaf ‘n boot (Matt 5:3); Tempel (Matt 7:14), huise, markplein, ens. 

Jesus het met ware deernis geleer. 

En toe Jesus uitklim, sien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer. (Mar. 6:34)

Jesus was toeganklik, selfs sondaars wou na hom luister 

En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle. (Luk. 15:2) En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg. (Mar. 2:15)

Jesus het mense se nood eerste gestel. 

Genesing van ’n lam vrou op die sabbat. (Luk. 13:10-17) Dr. Brian Adam se bediening aan siekes neem soms lang tyd, omdat daar gewoonlik so baie mense uitkom vir gebed. Hy is gereeld ontstem, dat dit gewoonlik die pastore is wat ongeduldig raak. Dit is eintlik ondenkbaar dat die Fariseërs hoegenaamd ontsteld moes raak dat iemand op ‘n sabbat gesond gemaak word. Is die Sabbat tog nie ook vir genesing en restourasie van die mens nie? 

Jesus het mense uitgedaag tot aksie. 

Die verhaal van Petrus, wat op die water loop, die vermeerdering van die brood, en die toe Hy die storm stilmaak was met die oog op die dissipels se aktivering om ook bonatuurlike dade te verrig.  

Jesus het mense geleer hoe om dit self te gaan doen. 

Na net 3 maande stuur Jesus Sy dissipels uit om te gaan doen wat Hy doen. (Matt. 10) 

Jesus leer ons hoe om in die openbaar te bid. (Luk. 11:1)

Hy het moeilike konsepte maklik gemaak deur sy gelykenisse. 

En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse… en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie (Mar. 4:2, 34) Ons onthou vandag nog hierdie gelykenisse en stories.  Jesus het primêr van gelykenisse en vrae gebruik gemaak om mense te leer. Sien hierdie lys van 100 vrae wat Jesus gevra het tydens sy prediking. Jesus wou dus hê, mense moes dink, hulle moes dit vir hulleself uitwerk.  [7]

Ek is die goeie herder (Joh. 10:11)      

Buiten die profetiese rol, is die herdelike rol bekend vir die OT gehoor. Ons onthou vir Jeremia wat die herders van Israel uitdaag oor hulle valsheid en dubbel standaarde. (Jer. 34:1-5) Jesus kom dus as die goeie Herder, en is vir ons ‘n voorbeeld hoe om die mense te sorg oor wie Hy ons aangestel het.  Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele (1 Pet. 2:25)

En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur. (Matt. 9:36) Die oproep vir arbeiders in hierdie konteks is dus nie vir evangeliste nie, maar wel vir herders wat bereid is om die skape/kudde pastoraal te versorg. 

Die rol van die pastor is aan die uitsterf. Dit is soms eenvoudig te moeilik. Mense het nie meer maklike moeilikheid nie. Na baie self-help en rond-hardloop kom mense meestal te laat by die pastor. Die pastor herder is nie ‘n reisende bediening wat net kom en gaan nie.  Jy leef, en loop saam deur mense se leed en pyn.  Om te preek, en ‘n offerhande te kry is maklik. Dis meestal positief, en mense hou van die andersheid, en nuutheid van ‘n besoekende prediker. Maar die herder wat al vir 20 jaar tussen sy mense woon, en hulle versorg, verdien die hoogste eer.  Hulle moet meestal met die agterblyfsel deel van wat die besoekende prediker nie tyd gehad het om te verduidelik nie. 

Herderlike versorging vereis geduld, en konstante dieselfde wees. Sy gesin en leefwyse is ook meer in die openbare oog. Die besoekende prediker kan sy beste voet voorsit, maar die pastor, moet elke dag sy beste voet voorsit, en voorhou. 

Ons word spesifiek opdrag gegee om die skape te versorg: 

Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. (1 Pet. 5:2–4) 

Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. (Hand. 20:28-29)

Petrus die leier van die Kerk, kry ‘n herderlike opdrag: (Joh. 21: 15-17) 

Laat my lammers wei – Pas my skape op – Laat my skape wei. 

Dit is ‘n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy ‘n voortreflike werk. ‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland. Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie. (1 Tim. 3:1–16)

in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het. ‘n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie. ‘n Ouderling is immers ‘n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ‘n dronkaard of ‘n rusiemaker of ‘n soeker na oneerlike wins nie. Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê. (Tit. 1:5–9)

Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: “Jy mag nie ‘n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.” ‘n Beskuldiging teen ‘n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word. Dié wat verkeerde dinge doen, moet jy openlik bestraf sodat die ander ook afgeskrik kan word. (1 Tim. 5:17)

Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het. (Heb. 13:7)

Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie. (Heb. 13:17)

Wêreldwye Leierskap Vakuum

In die moderne tyd word die plaaslike pastoor ‘n uitsonderlike superheld. Hy moet vir die siekes bid en gesond maak, maar die individu bystaan om hulle geloof te behou wanneer die siekte terugkeer. Hy moet leerstellige foute, morele en etiese mislukking korrigeer sonder om mense weg te vervreem. Daarenteen moet hy mense in die bediening probeer mobiliseer wat skaars tyd het om die Bybel te lees en daagliks te bid. Hy moet ‘n finansiële, huweliks-, ouerskap- en verhoudingskonsultant en kenner wees. Hy moet elke Sondag ‘n TED-praatjie kaliber van briljantheid preek en met die beste kommunikeerders op die planeet se podgooi, YouTube video’s en TBN-uitsendings meeding. Hy moet maatskaplike geregtigheid kwessies aanspreek en die Kerk verteenwoordig by die plaaslike gemeenskap polisiëring forum, SAPD-traumakamer, predikante forum.  Hy moet op die ouetehuis, kliniek en lokale maatskaplike dienste se beheerrade dien. Hy moet ‘n gesoute, gerespekteerde bemiddelaar, sielkundige berader en uitvoerende afrigter wees. Hy moet verseker dat die Kerk relevant is vir elke ouderdomsgroep, belangegroep, etnisiteit en plaaslike behoeftes en begeertes. Hy moet al die bogenoemde bestuur terwyl hy byderwets, fisies en geestelik fiks is. Maar hy moet bowenal ‘n liefdevolle man vir sy vrou wees en ‘n teenwoordige ouer vir elkeen van sy kinders bly. Hy moet ten minste 12 mense dissipel en 24/7 beskikbaar wees! Die moeilikste van alles, hy moet bo dit alles ook getrou wees aan die tradisies en voorskrifte van sy werkgewer. Het ek troues en begrafnisse vergeet? 

Dit lyk asof almal onderwysers wil wees, sonder om te besef dat daar op hulle ‘n strenger oordeel wag! My broers, laat nie baie van julle leraars word nie, omdat julle weet dat ons ‘n strenger oordeel sal ontvang. (Jak. 3:1). 

Die huidige tendens is dat al hoe meer mense plaaslike kerke verlaat en beter geestelike voedsel aanlyn vind. Mense wil nie in morsige verhoudings wat toewyding kos betrokke raak nie. 

Mense wil oor die algemeen nie reggestel word of op hul foute gewys word nie. Spiritualiteit word gesien as ‘n private saak; iets wat ‘n mens alleen doen.  Wêreldbeskouings, politieke oortuigings, verskillende waardes en gewoontes, persoonlike finansies is buite perke vir die pastoor, maar wanneer sakeondernemings, huwelike en ouerskap faal, moet hy ‘n gebed kom bid en ‘n uitweg bied. Die pastoor se enigma is: Om almal gelukkig te hou, is ‘n onmoontlike taak, maar die numeriese groei van die Kerk meet uiteindelik ‘n mens se sukses in die oë van mense.  

As gevolg van hierdie agtergrond kan ‘n mens die pyn en trauma van die Pastoor en sy vrou en kinders verstaan, wat onwillekeurig in verhoudings ongemaklikheid val, wanneer ‘n hegte familievriend, betroubare kerklidmaat bedank sonder om die werklike rede te verbaliseer. Kerklidmaatskap is vrywillig, en daar kan geen ondersoek of verhoor voor ontslag wees nie. Daar is geen formele aanklag wat ontleed moet word tydens ‘n verhoor nie. Lidmate behoort nie aan die leiers nie, en soos ou klere, is dit lidmaat se reg om aan te beweeg en ‘n meer geskikte kledingstuk te probeer. As gevolg van mense se besige lewens, is dit ook al hoe moeiliker om vrywilligers te kry vir gemeente werk. Om nie eers te praat oor hoe moeilik dit is om mense te kry om waaragtig God se stem te hoor, dissipels te maak, vir mekaar te sorg en in die gawes van die Gees te funksioneer nie. 

Daar is baie verskillende kerke en bedieninge: verskillende groottes, ouderdom demografie, doel en doeltreffendheid.  Mense groei en ontwikkel en ontgroei soms ‘n spesifieke kerk.  Mense verander van werk en rigting en het ‘n magdom verskillende behoeftes, wat beteken dat die Kerk voortdurend moet aanpas sonder om sy oorspronklike mandaat te verloor. Die probleem is op die ou end nie dat mense soms ‘n gemeente bedank nie. ‘n Mens kan inderdaad bedank en vra om ‘n kerk te verlaat om na ‘n ander oor te gaan. Die vraag is hoe! Mense wat bedank, word nie ongelowiges of verlaat Christus as hulle Here nie.  Ons bly een liggaam, kerk, familie met een Vader van ons almal. (Ef 4:1-4) Ons moet dus genade hê en almal ons vrede en geregtigheid regdeur die proses behou. Soms is dit regtig beter vir sommige mense wat sukkel om in te pas, om eerder by ‘n ander deel van die liggaam van Christus gevoeg te word waar hulle makliker inpas.  

Een van die moeilikste take van enige plaaslike pastoor is om in ‘n plaaslike gemeenskap waar almal mekaar se geite ken, ‘n goddelike, heilige, Christosentriese lewe te lei.  ‘n Mens sou verwag dat mense die bonatuurlike tekens en wonders, ingesteldheid, waardes, gewoontes en persoon van Jesus Christus aanneemlik sal vind en groot skares trek. Jesus het wel skares getrek om te kom vir genesing en kos, maar toe Hy die mense in reg lewe onderrig het, het die getalle afgeneem.  

Meer as ooit moet ons vir ons gemeente leiers bid en intree, hulle ondersteun, en saam met hulle werk.  

Ons almal se werk sal uiteindelik getoets word: Volgens Paulus sal al ons werk en bediening met vuur getoets word. (1 Kor 3:9-16) Op die ou end sal alles geskud word, en net dit wat uit die Koninkryk is, sal bly. (Heb 12:27-28)


[1] Into Orbit – Orbital Systems for every Organization. Aje Pelser Bl 30. 

[2] https://opensourcedworkplace.com/news/why-the-agile-movement-is-taking-over-project-management Sien veral die werk van Jeff Sutherland – Scrum – the art of doing twice the work in half the time.  

[3] https://professional.dce.harvard.edu/faculty/paul-green-jr/

[4] The purpose Driven Church by Rick Warren

[5] Beautiful – divine design for life and church. Leonard Sweet

[6] https://hrco.co.za/sermons/the-paradoxical-beauty-of-our-saviour/

[7] http://blog.adw.org/wp-content/uploads/2015/08/100-Questions-that-Jesus-asked-and-YOU-must-answer.pdf