Harvester Gemeente Bybelskool

Waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek ’n mens op die sabbat HEELTEMAL GESOND gemaak het? (Joh 7:23) Die Lewende Bybel.

"die volkome genesing van die totale mens"

BYBEL STUDIE wat jou LEWE VERANDER

Praktiese en Relevante Bybel-gefundeerde, Christusentriese deurleefde metodes en lesse om Geestelik te groei en fiks te raak! 

Net soos met jou liggaam, moet jy jou besig hou met spirituele praktyke, oefeninge, en dade om geestelik optimaal te funksioneer. Jesus se dissipels moes nie net onder Jesus se lering sit en luister nie, hulle moes ook meedoen, om in net 2 ½ jaar gereed te wees om die leiers van ‘n nuwe geestelike beweging te word! 

Beskikbare Kursusse

Kan ter enige tyd kursus op eie tyd deurwerk, Notas en Videos besikbaar.

  • Leer om jouself beter uit te druk, en nadelige gevolge uit te wys sonder om die persoon te verloor.
  • Leer om argumente te ontlont en twispunte groeimomente te maak.
  • Leer, oefen en bemeester kommunikasie wat genees en verandering bring. 
  • Leer hoe om die Woord te bid. 
  • Verskillende vorme van gebed. 
  • Bid met gesag as medeerfgenaam.
  • Gebede wat beantwoord word.
  • Profetiese verklarings.
  • Meditasie. 
  • Wat is Kerk? 
  • Wie is Kerk? 
  • Wat doen kerk? 
  • Waarom Kerk? 
  • Hoekom moet ons aanhou Reformeer? 
  • Wat is werklik God se Hart vir Sy kerk? 
Wat sê vorige kursusgangers en deelnemers?

Die praktiese en relevante aard van die kursusse laat my dieper dink oor die lewe, om my lewe beter in te rig volgens Jesus Christus se voorbeeld en maatstaf vir die lewe.

Louw Cilliers
Hoof IT Tegnikus TRONOX
AANBIEDERS

Aanbieders

Jan Oosthuizen geestelike leier van Harvester Gemeente Olifantsriviervallei (Citrusdal & Clanwilliam), skrywer van “Die Persoon en Werk vd Heilige Gees” en ook “Jesus, die beste lewe ooit geleef”. Gemeenskap brugbouer en sosiale entrepreneur, en weeklikse spreker vir “Brugbou” en “dagbreek” op Radio Namakwaland. 

Jan oosthuizen

Chantál bied graag vroue dae en kampe aan wat inspireer! Sy is lief vir mense en is ‘n aanmoediger en bemoediger van menige moeë en bedroefte hart.  Haar borrelende lewensvreugde is aansteeklik, veral as sy haar spesiale hartsgedigte deel.  

Chantal oosthuizen

Jan-Hendrik & Monica Kleynhans is geestelike leiers van die Harvester Vredendal Gemeente, werksaam ook by Joblaw en aanbieder van “TeachWithUrLife” Jeugprogramme. 

Jan-hendrik kleynhans